by

Boeke-Insig nie meer nie

April 3, 2009 in Sonder kategorie

Ai mense. Ek kry vandag hierdie e-pos:

Beste gewaardeerde Boeke-Insig lid

Baie dankie vir jou ondersteuning van Boeke-Insig, die tydskrif en die Boektafels, die afgelope paar kwartale. Ongelukkig gaan die tydskrif nie voortbestaan in sy huidige formaat nie, maar word dit voortaan geïnkorporeer in die uitgebreide boekeblaaie van ons koerant- en tydskrif-kollegas, onderskeidelik Rapport en Huisgenoot.

Ongelukkig was die Herfs 2009 uitgawe van Boeke-Insig ons laaste. Daar sal dus nie ’n volgende uitgawe van Boeke-Insig in sy huidige formaat verskyn nie.

Die Boeke-Insig kantoor sal binnekort per pos met jou in verbinding wees met amptelike kennisgewings, en om te reël vir die terugbetaling van alle verskuldigde geld óf dat jou intekening vir ’n ander Media24 tydskrif verruil word.

Ons glo dat boekenuus en stories om boeke en skrywers eersdaags net soveel en nog meer aandag sal geniet.

Sterkte en beste wense en lekker lees!

Irna van Zyl
Redakteur

Ek is bly die Pers gaan nog steeds moeite doen in hulle ander tydskrifte, maar hoekom doen boeke so sleg in Suid-Afrika?

18 antwoorde op Boeke-Insig nie meer nie

  1. Berwick het gesê op April 3, 2009

    Ek moet sê daar’s nie juis baie spasie vir boeke in Rapport nie.

  2. DroomKind het gesê op April 3, 2009

    Dis so hartseer. Maar, ongelukkig, weereens bewys van die feit dat ons land se leeskultuur in ‘n beroerde toestand is. 🙁

  3. loudavisi het gesê op April 3, 2009

    Ek is ‘n ywerige bibber, koop nie altyd wat ek wil nie. Gelukkig het ek die geduld en wete dat dit eersdaags in die bib sal wees.
    Is mos ook nie ‘n koper nie..

  4. Izakdv het gesê op April 3, 2009

    Ons hoop maar hulle bry dit uit, Berwick.

  5. Izakdv het gesê op April 3, 2009

    Inderdaad, Droomkind.

  6. Izakdv het gesê op April 3, 2009

    Leon. Jy het ‘n punt beet, maar weet jy wat kos dit om ‘n boek te maak? Dis vrek duur.

  7. Izakdv het gesê op April 3, 2009

    Lou. Ek koop en ek bib. My begroting kan ook nie alles koop wat ek wil nie!

  8. Izakdv het gesê op April 3, 2009

    Annemari, soos ek vir Berwick sê, kom ons hoop. En, meer nog, kom ons dring aan op gehalte in daardie publikasies.

  9. Sara.Marais het gesê op April 3, 2009

    Is dit nie op haar watch wat De Kat ook gevou het nie? Maybe is die vrou gejinx.

  10. Izakdv het gesê op April 4, 2009

    Arme vrou, Sara. Nee, ek dink sy is weg by De Kat voor dit gevou het, maar dan weet ek ook nie meer mooi nie.

  11. Ja, ek wonder hoe lank dit gaan hou as “supplement” in Rapport en Huisgenoot? Ek wil nou nie dat iemand my voor die hof daag vir haatspraak nie, maar nóg Rapport nóg Huisgenoot is deesdae bekend vir hulle literêre ‘hoogstandjes’… artikels oor hoge literatuur gaan niks vir hulle verkope doen nie. Wat my pla is waarom die Boeke-Insig nie maar ‘n kruissubsidie van die die groter Naspers-monopolie af kry nie al maak dit permanent ‘n verlies. Een Saterdag se Supersport advertensie-inkomste behoort tog vir 4 tydskrifte ‘n jaar te kan betaal…? Of is ek nou erg naief?

  12. palamino het gesê op April 5, 2009

    For the life of me kan ek dit ook nie verstaan nie. ek was mal oor die Boeke-Insig.

    Mooiloop!

  13. Izakdv het gesê op April 5, 2009

    Eish, Boekevat. Jy spreek ware woorde.
    Dankie.

  14. Izakdv het gesê op April 5, 2009

    Ek stem, Palomino, ek stem saam!

  15. Ag nee, dit is omdat mense doodeenvoudig nie belangstelling toon nie.

  16. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Ai, Tweeling, ja.

  17. jjanajj het gesê op April 8, 2009

    ek is MOERSE upset nou hier. VERSKRIKLIK. dis vroegoggend en ek het ‘n hele paar lelike vloekwoorde wat ek nou hier kan besig. ek twyfeld of dit gaan help, though.

    nee fokkit jir ek is upset!

  18. Izakdv het gesê op April 9, 2009

    Dit IS erg, Jana

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.