Jy blaai in die argief vir 2009 April.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Zapiro oor die verkiesing

April 22, 2009 in Sonder kategorie

 


Deur Zapiro

Ek kan dit nie beter sê nie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Cecil Skotnes: ’n Man met ’n visie

April 19, 2009 in Sonder kategorie

 
“Three figures”, deur Cecil Skotnes (1973), beskikbaar gestel deur ZA-CH-ART-KUNST

Sakkie is nie baie slim wanneer dit kom by die beeldende kuns nie. Ek lees egter graag daaroor en ons besit ’n aantal baie mooi stukke deur verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars.

As ander egter goed skryf wat ek kan verstaan, deel ek dit graag. Ek wil vir julle verwys na twee totaal verskillende berigte oor Cecil Skotnes wat die ander dag oorlede is.

Die eerste, en moenie te gou kwaad word nie, is van Sandile Memela wat ’n taamlike negatiewe stuk skryf oor die manier waarop Skotnes se groot bydrae rakende interkulturele kommunikasie misken is tydens sy (Skotnes) se gedenkdiens.

Memela is ’n angry young man, as hý dus die volgende sê, dan luister ek:

Something in me dies, a piece of me dies every time I attend the memorial service of a greatly misunderstood artist. It would seem that the event, which should place the life of the dearly departed into perspective, is an excuse to deny the role he played as an agent of change in this country. (…)

For God’s sake, the man was a pioneer who played a pivotal role in awakening the self-consciousness of African artists and opened opportunities for them. But his memorial descended into a cold, calculated and self-serving forum that upheld and promoted whiteness.

One is not denying that he was born, lived and died in a white world. That, in itself, is not a sin. But this was a creative artist who ventured beyond this cocoon to broaden the network of blacks and whites to dream, work and live together.

As iemand eendag so iets oor mý sou sê, sou ek baie dankbaar wees – veral as dit kom van iemand wat geensins probeer om die whiteys te beïndruk nie. Lees gerus verder, maar moenie van Matthew Krouse se stuk vergeet nie.

Krouse skryf oor hierdie einste visie van Skotnes:

He [Skotne – IdV] and fellow artist Eduardo Villa (89) were the last survivors of the Amadlozi group, established in 1963 with Sydney Khumalo, Cecily Sash and Guisseppo Cattaneo. In 1952 Skotnes became cultural recreation officer for the city of Johannesburg, based at the Polly Street Art Centre where he would tutor and influence a generation of black artists from Lucky Sibiya to Ezrom Legae.

Krouse sê ook:

In 2003 Skotnes was awarded the Order of Ikhamanga in Gold for “exceptional achievement in the deracialisation of the arts and for outstanding contribution to the development of black artists”.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Slaan jou oë op na die pale

April 19, 2009 in Sonder kategorie

… waar sal jou hulp vandaan kom?

Met die verkiesing om die draai, is hier ‘n sober gedig van my ou pel. Dalk is dit meer teologies as suiwer polities, maar goeie teoloë, nie geldmaakpredikers nie, was nog altyd bewus van die aardse, eerders as bloot die hemel.

die hemel
Madlala Makhaza

met klik-klak-klanke
knik en lok
die boepbensmaan
’n san bekruiper
agter jagvelde drilboudelande aan

nirvana vir die uitgelesenes

eksklusief en baie leeg
vir die happy clappy charismate
wat – slegs letterlik –
gods woord oor eksklusie
letterlik pleeg

maagde vir die moslemstryder

maagdelik vir die oujongnooichristenheidenbevryder

en hope hope lik-
sense, passe of plastiek toegangskaarte
vir haar wat honger ’n laaste druppel
melk sonder heuning of brood
uit haar seer pramme
in haar sinkkaia
in haar snotneuskind
se voëltjiedunbeentjiebek
druk

Jare terug het iemand ‘n slag vir Desmond Tutu gesê dat hy te veel politiek praat, en, voeg die persoon toe by, die goed wat Tutu sê, kom nie uit die Bybel nie. Waarop Tutu toe kalm antwoord: “En watter Bybel lees jy?”

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die storie van Tannie Evita en die Showerhead

April 10, 2009 in Sonder kategorie

Gisteraand het ek gevra dat ek julle Rams Mabote se storie oor Phunyukabemphethe lees. Vanoggend wil ek vir julle verwys na Tony Jackman se stuk oor Pieter-Dirk Uys, Zuma en Zapiro.

Jackman se blog is baie mooi voorbeeld van die ou gesegde: ’n 100 woorde spreek ’n 100 prentjies.

Kyk net hier:

In ons eie new version of the famous work by artist Nina van der Westhuizen, Evita is as near as naked as her modesty would allow as the seventh Mrs Zuma, leading, in Uys’s words, “the total onslaught against Constitutional Freedom on the barricades of our young democracy”. In “Tannie leads the People”, Uys’s satirical alter ego has a reluctant entourage including a gun-toting Julius Malema, Tutu looking worried, Carl Niehaus looking jobless and even lifeless, Winnie Madikizela-Mandela at Evita’s feet, Mbeki looking vanquished, Malema looking out of control, and Motlanthe merely looking on.

Jackman sê ons moet mense soos Uys en Zapiro koester. Ons moet dankie sê vir mense soos Tutu. Hoekom? Want ons vergeet maklik van die dae toe dinge regtig erg was in hierdie land.

A man who had the courage to savage successive apartheid governments through humour now found himself facing what he perceived as the possibility of the media and arts having to face off new threats to hard-won freedoms. He averred that, in those dark days of the 80s, it was only his white skin that saved him: “I had the advantage of being white. If I had been black I would not be alive today.”

Lees gerus verder. Jackman is ’n storieverteller van formaat. En hy vertel oor ander storievertellers soos net ’n storieverteller kan.

Ek sê ons moet die storievertellers koester. Sonder stories het ons nie ’n kollektiewe bewussyn nie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die storie van Phunyukabemphethe

April 9, 2009 in Sonder kategorie

Ek gaan netnou vir julle iets vertel oor Afrika se eie Superhero, maar eers ’n inleiding: Jare terug, toe Kom slag ’n bees verskyn het, wou Daniel Hugo by my weet wat dink ek van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Dit was na aanleiding van die titelverhaal in die bundel. Ons was lewendig op die lug, so ek moes vinnig dink. Uiteindelik was die antwoord dat dit goed is dat mense se stories vertel en gehoor word. Ek staan steeds daarby.

Ek het die ander dag met ’n sangoma gesels (wat LitNet se blogs lees!) en sy het bevestig dat ’n groot deel van haar werk daarop gerig is om mense te help om hulle eie probleme op te los.

Op ’n heel ander noot laat stories ons toe om die wêreld te verstaan. Waarom hou my seun so baie van Ben 10? Want Ben 10 laat hom glo dis moontlik om alle onreg reg te maak. Ek laat hom vir eers toe om te dink dis waar.

Ek kan vele woorde spoeg oor Zuma se verbluffende manier om die reg ontduik, maar ek gaan julle vra om liewer ’n storie te lees. Dit is die storie van Phunyukabemphethe. Hy was iets tussen Houdini en Spiderman. Wat meer is, Phunyukabemphethe is ’n Afrika-held.

Rams Mabote vertel hoe hy na die storie geluister het as ’n klein seuntjie:

In those days when the life of a black man was cheap and always in danger, Phunyukabemphethe was the envy of most because he seemed to get the better of our rulers. When shebeens and other illegal watering holes were raided and busloads of men arrested for imbibing the white man’s drink, our Phunyukabemphethe in cuffs and all, would mysteriously uncuff himself, alight a fast-moving pick-up truck and disappear. He would even leave the cuffs behind, though whether as a boast or as a courtesy to the police, I’m not sure.

Lees gerus verder. Mabote vertel hierdie storie juis na aanleiding van Zuma:

He has been in and out of court, once even on a rape charge, but nothing has stuck. True to form Phunyukabemphethe has continued to escape, leaving mouths agape again and again.

Die hartseer ding, sê Mabote, is dat sý kinders waarskynlik nie van Phunyukabemphethe se storie gaan hou nie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Rwanda in foto’s

April 7, 2009 in Sonder kategorie

Dis vyftien jaar gelede.

Kan jy glo? Vyftien jaar sedert daardie verskrikking in Rwanda begin het.

As jy kans sien, kyk na hierdie reeks van 20 foto’s.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Byna liefde op twee kortlyste

April 6, 2009 in Sonder kategorie

My uitgewer, Riana Barnard van Tafelberg, het pas gebel (kyk hoe laat dit is^^) en vir my ’n persverklaring gestuur. Byna liefde verskyn op twee kortlyste vir literêre pryse wat hierdie jaar toegeken gaan word.

Die teks is gekortlys vir die beide die W.A. Hofmeyer-prys en die Jan Rabie-prys. Wow. Kyk egter wie is die opposisie! Dis baie wow:

W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde oor alle genres heen
Hierdie prys word toegeken aan hoëgehalte Afrikaanse letterkundige werk waarvan die skrywers die vermoë het om deur hul uitstekende skryfwerk die grense van die Afrikaanse letterkunde uit te brei:

  • 30 nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
  • Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
  • Staan in die algemeen nader aan vensters deur Loftus Marais (Tafelberg)

Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde
Die Jan Rabie/Rapport-prys word jaarliks toegeken aan ’n debuut- of vroeë werk gekenmerk deur vars en innoverende Afrikaanse prosa:

  • Alles mooi weer deur Karin Cronjé (genugtig!)
  • Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
  • Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien Brümmer (Human & Rousseau)

Om saam met Etienne van Heerden op ’n kortlys te verskyn is baie wow. En Loftus se bundel moet nog baie keer geprys word, dis ’n pragwerk.

Willemien Brümmer se bundel is ’n besondere sterk werk. Tot my skande ken ek Karin Cronjé se nuutste nie, maar dit gaan nou reggestel word!

Die ander pryse sien soos volg daar uit.

Recht Malan-prys vir Engelse of Afrikaanse nie-fiksie of nie-literêre werke

  • A Millimetre of Dust deur Julia Martin (Kwela Boeke)
  • On the Contrary deur Tony Leon (Jonathan Ball Publishers)
  • Three-Letter Plague deur Jonny Steinberg (Jonathan Ball Publishers)

Die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke

  • Brolloks en Bittergal deur C.J. Langenhoven, teksverwerking deur Leon Rousseau, illustrasies deur Nelda Vermaak (Human & Rousseau)
  • Siyolo se trui/Siyolo’s Jersey deur Mari Grobler, illustrasies deur Elizabeth Pulles (Tafelberg)
  • Die Muisboot/The Mouseboat deur Paddy Bouma (Tafelberg)

Die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur

  • Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt (Tafelberg)
  • Onderwêreld deur Fanie Viljoen (Tafelberg)
  • Sharkey’s Son deur Gillian D’achada (Tafelberg)

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse letterkundige skryfwerk en outobiografie

  • A veil of footsteps deur Breyten Breytenbach (Human & Rousseau)
  • Bodies Politic deur Michiel Heyns (Jonathan Ball Publishers)
  • Notes from the Dementia Ward deur Finuala Dowling (Kwela Boeke & Snailpress)

Profile photo of izakdv

by izakdv

Boeke-Insig nie meer nie

April 3, 2009 in Sonder kategorie

Ai mense. Ek kry vandag hierdie e-pos:

Beste gewaardeerde Boeke-Insig lid

Baie dankie vir jou ondersteuning van Boeke-Insig, die tydskrif en die Boektafels, die afgelope paar kwartale. Ongelukkig gaan die tydskrif nie voortbestaan in sy huidige formaat nie, maar word dit voortaan geïnkorporeer in die uitgebreide boekeblaaie van ons koerant- en tydskrif-kollegas, onderskeidelik Rapport en Huisgenoot.

Ongelukkig was die Herfs 2009 uitgawe van Boeke-Insig ons laaste. Daar sal dus nie ’n volgende uitgawe van Boeke-Insig in sy huidige formaat verskyn nie.

Die Boeke-Insig kantoor sal binnekort per pos met jou in verbinding wees met amptelike kennisgewings, en om te reël vir die terugbetaling van alle verskuldigde geld óf dat jou intekening vir ’n ander Media24 tydskrif verruil word.

Ons glo dat boekenuus en stories om boeke en skrywers eersdaags net soveel en nog meer aandag sal geniet.

Sterkte en beste wense en lekker lees!

Irna van Zyl
Redakteur

Ek is bly die Pers gaan nog steeds moeite doen in hulle ander tydskrifte, maar hoekom doen boeke so sleg in Suid-Afrika?

Profile photo of izakdv

by izakdv

1 April

April 1, 2009 in Sonder kategorie

Julius het dus kop uitgetrek!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Julius Malema gaan oorneem

April 1, 2009 in Sonder kategorie

Net vir ‘n tydjie. Ek belowe. Ek is tans vrek besig, en na Julius se besoek aan Orania, is hy vuur en vlam vir Afrikaans.

My login en password gaan vir die volgende drie weke na hom toe.

Wees lief met hom, Afrikaans is nie sy moedertaal nie.