Profile photo of izakdv

by

Dalai Lama of Pastoor Showerhead? Jy stem!

Maart 28, 2009 in Sonder kategorie

Toe die ANC die dag weier om die Dalai Lama se visum goed te keur, het hulle finaal gewys dat hulle nie meer belangstel in menseregte nie.

O nee.

Die ANC het nou gewys hulle stel slegs belang in hulle Bling-Bling-Motorkades, in geld en in nog geld.

Ek het in die verlede dikwels my stem gedeel: Provinsiaal en Nasionaal het ek by verskillende geleenthede verskillend gestem, maar van te vore was een van my kruisies altyd agter die ANC. Hierdie keer baie beslis nie. Ek gaan weer my stem deel, maar hierdie keer kry die ANC nie een stem van my nie.

Hierdie verkiesing gaan nie die ANC uit die kussings lig nie, maar dit kan dalk net die een wees waarin die mag begin draai.

Ons hét ’n opposisie nodig.

Ek weet Cope cope nie, ek weet Helen is Zilly as dink sy praat namens die mense en ek weet Patricia dellilliver nie werklik nie, maar ons móét die opposisie versterk. Selfs ’n stem vir die Vryheidsfront (wat ek nooit sal doen nie) of vir die IFP (wat ek ook nooit sal doen nie), is beter as om vir die ANC te stem.

Oor vyf jaar gaan die ANC weer wen, maar in 2019 kan dinge dalk net verander as die opposisie sterk genoeg sal staan. Maar dan moet ons nou begin.

Phansi Showerhead Zuma! Phansi Marionet Motlanthe! Viva die opposisie teen hulle wat geen morele kompas meer het nie.

Terloops: Hier is ’n interessante blog van iemand wat vanuit ’n effens ander, en vars, perspektief na die sage oor die Dalai Lama kyk.

En heel onder aan hierdie bladsy is drie verskillende petisies wat jy kan teken oor die sage, as jy so voel.

16 antwoorde op Dalai Lama of Pastoor Showerhead? Jy stem!

  1. DallaSePa het gesê op Maart 28, 2009

    Jy reken … “Viva die opposisie … “
    ASK reken … “Hoera vir die minderheid … Hoera!”
    Ek sal maar soos jy moet maak in die verlede Izak … my stem deel!

  2. hutton het gesê op Maart 28, 2009

    I agree on providing opposition

  3. katrina het gesê op Maart 28, 2009

    Praat van hulleself in die voet skiet… Mens kan jou kop maar net in verdwasing skud oor die sg rede hoekom hulle die Dalai Lama nie toelaat nie. Heel waarskynlik gaan al 2010 se vuvuzelas “Made in China” wees…

  4. pasella het gesê op Maart 28, 2009

    ontnugtering met die ANC is aan die toeneem.

  5. Izakdv het gesê op Maart 28, 2009

    Dalla-se-pa. Ja. Ek dink ons almal moet mooi dink voor ons stem. Maar stem moet ons stem!

  6. Izakdv het gesê op Maart 28, 2009

    Indeed, Hutton! Thanks.

  7. Izakdv het gesê op Maart 28, 2009

    Ek daardie laaste sin is die presiese rede, Katrina!

  8. Izakdv het gesê op Maart 28, 2009

    Lewies, ja. ‘n Mens moet net hoop daar is genoeg mense wat wel vir die opposisie gaan stem. Want vir die deursnee Suid-Afrikanr is Zuma ‘n verlosser.

  9. dit maak nie saak vir wie jy stem nie. Elke stem vir iemand anders is een stem minder vir die ANC!

  10. DallaSePa het gesê op Maart 29, 2009

    Ek mag mos nie meer help spyker nie Izak … nie eers vir geld nie!
    ;-))

  11. Izakdv het gesê op Maart 29, 2009

    Jy is reg, André!

  12. Izakdv het gesê op Maart 29, 2009

    Dalla-se-Pa, so gesien, ja!

  13. wild1 het gesê op Maart 30, 2009

    Viva inderdaad!:)

  14. Izakdv het gesê op Maart 30, 2009

    Is so, Willemien!

  15. sprokie het gesê op Maart 31, 2009

    Dis ‘n baie goeie blog inskrywing, dankie vir die link. Ek kan ook net grinnik vir Katrina, en ai ek raak die bliksem in vir hierdie klomp dom mense wat met my en jou lewe slangetjies en leertjies speel.

  16. Izakdv het gesê op April 1, 2009

    Goed gestel, prinses!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.