Profile photo of izakdv

by

Jackie en Reinet Nagtegaal in gesprek

Maart 21, 2009 in Sonder kategorie

Julle. Maankind het nou ’n skakel daar op haar blog geplak en kan nie anders nie as om ook te sê: LEES DIT!

Dit gesprek handel oor Jackie en Reinet Nagtegaal se nuwe boek In Limbo (wat Maankind met Byna Liefde vergelyk), maar eintlik gaan dit oor meer as dit. Dit gaan oor ma’s wat lief is vir hulle kinders.

En weet julle, dis nie phoney nie. Ek het die voorreg gehad om die Nagtegaals al by verskeie geleenthede raak te loop. En een klein staaltjie wil ek met julle deel.

Toe Genugtig! (Nou Joho!) destyds A see-through suitcase (deur Deborah Steinmair) bekendgestel het, was ek daar met Jabu. Jabu was nog so ’n piepklein babatjie en spekvet. En weet julle wat? Jackie het hom kom optel en amper die hele aand vertroetel. Op ’n stadium het sy vir Dirk gaan sê: “Pappa, ek wil ook so een hê.”

Nou het sy vir Dirkie. Lees gerus.

7 antwoorde op Jackie en Reinet Nagtegaal in gesprek

  1. Baie mooi, Izak!

  2. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    Dankie, Loki.

  3. sprokie het gesê op Maart 21, 2009

    lees ook wat lou geskryf het. dit gaan nou weer oor iemand wat nie ‘n mamma het nie….

  4. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    ek sal, dankie, hoogheid

  5. Izakdv het gesê op Maart 22, 2009

    Lo-Ammi, ek sou ook!

  6. wild1 het gesê op Maart 23, 2009

    Oe lekker! En een boek deur twee van my gunsteling skrywers. Ek leer darm altyd so baie hier by jou:)

  7. Izakdv het gesê op Maart 23, 2009

    Myne is op pad, Willemien. Sien baie uit daarna.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.