Profile photo of izakdv

by

Google doen dit weer vir Eric Carle

Maart 20, 2009 in Sonder kategorie

Google het vandag hierdie pragtige voorblad gehad ter viering van die begin van die Herfs. Die tekening is deur Eric Carle.

Maar is dit al rede? O, nee, moenie glo nie!

Ken julle The very hungry caterpillar? Dit is ’n boekie wat ek as kind al verslind het – verskoon die woordspeling as julle wel die boekie ken. En hoekom nie? Ons, dis nou ek en die ruspe, is albei in 1969 gebore. Die ruspe volg twee maande na die uwe: Op 20 Maart 1969 verskyn dié titel die eerste keer.

Dus: Gelukkige veertigste verjaarsdag, ruspe!

Koop dit sommer nou as julle dit nog nie het nie. Dié boeke is al in 47 tale vertaal.

En, Google gerus vir Eric Carle.

Net iets kleins: Ek was beïndruk daarmee dat Google SA besef het ons is in die Suidelike halfrond, toe gaan krap ek in Noorde rond. Dís hoe die Noorde se prentjie lyk. Die Duits sê: Frühlingsanfang, of te wel die begin van die lente.

Dankie, Google. En: lank lewe kinderboekskrywers!

6 antwoorde op Google doen dit weer vir Eric Carle

  1. Ek stem. Dit was ‘n pragtige voorblad. Ek is nogsteeds mal oor daardie boekie!

  2. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    Plesier, Doekvoet. Ek genoet nogal om Google se speletjies te ontrafel.

  3. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    Dit maak twee van ons, Creme Soda!

  4. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    Annemari, dis ‘n lekker speletjie!

  5. kookpunt het gesê op Maart 23, 2009

    Google weet hoe om dinge te doen. Kan nie ounthou wanneer laas het ek ‘n ander soekenjin gebruik nie. Klomp diep mense daardie

  6. Izakdv het gesê op Maart 23, 2009

    Ek stem saam, Oom F.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.