by

Move over, Britney

Maart 19, 2009 in Sonder kategorie

Julle het nooit gedink ek sou nooit oor Britney blog nie?

Wel. Hier is dit is.

“Futloos, breinloos en broekieloos” is ’n liedjie wat ek sal skryf vir een of ander Karoo-cowboy om te sing tot haar eer – so op ’n techno-remix van Beaufort-Wes se Beautiful Woorde.

Wel. As julle gedink het Broeknie, ek bedoel Britney, is die enige loslappie in die vermaaklikheidswêreld, dink weer. Hier is ’n besondere artikel oor James Joyce geskrifte, sonder die broekie, en, glo dit as julle wil, ook Willie Wikkelspies s’n.

Lees dit gerus, maar wees gewaarsku:
– dit het my twéé keer se lees gekos om al die verwysings te snap (spell it out, dude!); en
– dit gaan alles oor dít wat Britney vir ons gewys het wanneer sy uitklim.

En, ja, Shakespeare het dit eerste gesê.

9 antwoorde op Move over, Britney

  1. tronkie het gesê op Maart 19, 2009

    5-jarige som die betrokke girlkie perfek op: Britmy Smears.

  2. DroomKind het gesê op Maart 19, 2009

    *Sug* Het WS nie ALLES eerste gesê nie? En die wêreld vir die res van ons wat graag kreatief en oorspronklik wil wees BAIE moeilik gemaak nie?

  3. Izakdv het gesê op Maart 19, 2009

    Mooi woorspeling, Tronkie.

  4. Izakdv het gesê op Maart 19, 2009

    Ek stem, Droomkind. Wat kan ons nou sê?

  5. Izakdv het gesê op Maart 19, 2009

    En so slim, nie waar nie, Suz?

  6. kookpunt het gesê op Maart 20, 2009

    Was nog nooit juis mal oor haar nie. Baie interessante artikel

  7. Shame, he,he,he!

  8. Izakdv het gesê op Maart 20, 2009

    Oom F, dit was die artikel wat my oor haar laat blog het.

  9. Izakdv het gesê op Maart 20, 2009

    Sê jy, Tweeling.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.