Profile photo of izakdv

by

Ha!man

Maart 16, 2009 in Sonder kategorie

Hier is nou ’n lekker geleentheid om pret te hê én goed te doen. Ha!man doen ’n konsert ten bate van Helping Hands. Elke sent wat die aand geïn word, gaan na Helping Hands.

Kaartjies kos slegs R50 per persoon, en is by die deur te koop.

Wie is Ha!man? Hy is ’n tjellis wat klassieke opleiding ontvang het en nou musiek maak, komponeer en werkswinkels fasiliteer. Hy doen enige iets van techno, Afro tot barok, alles soms in ’n werk. Ha!man se musiek is spontaan en geweldig verbeeldingryk. Die knaap het al op vier kontinente opgetree.

Julle kan hom sien en beleef.

Waar? Woodstock Stadsaal (Motorwagte word gereël)

Wanneer? 25 Maart om 19h00.

Hoeveel? Regtig net R50!

Wie is Helping Hands? Ek het verlede jaar oor die projek geblog. Mable Solani het in 2003 ’n sopkombuis begin. Vandag is sy ’n dagsorgmoeder vir meer as 50 kinders. Sy doen ook Vigsberading. Hier is nog ’n skakel.

Melt, en alle ander wat graag vir Dominic wil bel (oor die konsert), sy nommer is: 082 725 9963

As julle meer wil weet oor Ha!man, kliek hier. http://www.hamanworld.com/

14 antwoorde op Ha!man

  1. sprokie het gesê op Maart 17, 2009

    Het die videos op sy website gekyk, hy lyk baie interessant. Hoop hulle samel sommer baie geld in. Lekker aand Izak!

  2. kookpunt het gesê op Maart 17, 2009

    Jammer ek is so ver

  3. Izakdv het gesê op Maart 17, 2009

    Ek dink ook dit kan interessant wees, Prinses.

  4. Izakdv het gesê op Maart 17, 2009

    And I might see you there, Cindy!

  5. Izakdv het gesê op Maart 17, 2009

    Ek stem, Leon

  6. Izakdv het gesê op Maart 17, 2009

    Kyk maar uit of hy daar na julle toe kom, oom F.

  7. Izakdv het gesê op Maart 17, 2009

    Ghaap, nee, ek gaan uitkyk vir Laura.

  8. Izakdv het gesê op Maart 17, 2009

    Nou ja toe, Suz. Waarvoor wag jy?

  9. Dankie vir die nuus. So moet ons ook ons blogs inspan om in die samelewing ‘n verskil te maak.

  10. Izakdv het gesê op Maart 18, 2009

    Jy’s reg, Kobus! Dankie.

  11. SureSlim het gesê op Maart 21, 2009

    Ek het destyds ‘n kennisgewing van die geleentheid op LitNet gelaai nadat Coenie Kukkuk dit aangestuur het. Ek ken vir Ha!MANnetjie uit my Grahamstad-dae.

  12. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    Ek het die kennisgewing gesien, Melt.

  13. jjanajj het gesê op Maart 25, 2009

    og ek het ‘n lieflike herinnering van hierdie man.

    laatnag in so ‘n ou gotiese looking kerk in die noordoos-kaap, vrydagaand (die kerk se 150-jarige viering). en hy doen ‘n show, en hardloop die gangetjie op en af en op en af en die kerkorrel se musiek is hard, HARD druk hy die note deur ons almal en al die musiek en die dans en die lieflike gekheid wat begin plaasvind het.

    dit was hierdie paasnaweek presies 2 jaar terug, as ek nou daaraan dink.

  14. Izakdv het gesê op Maart 25, 2009

    Jana. Die man was vanaand fantasties in die stadsaal ook!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.