Jy blaai in die argief vir 2009 Maart.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Rede het geseëvier

Maart 29, 2009 in Sonder kategorie

Ek het die ander dag vertel van die Pink Loerie wat in gevaar was. Wel, rede en sterk aktivisme van mense wat glo in menseregte, het geseëvier.

Alle klagtes is laat vaar.

Lank lewe menseregte!

(Wens net die ANC wil luister!)

Profile photo of izakdv

by izakdv

Dalai Lama of Pastoor Showerhead? Jy stem!

Maart 28, 2009 in Sonder kategorie

Toe die ANC die dag weier om die Dalai Lama se visum goed te keur, het hulle finaal gewys dat hulle nie meer belangstel in menseregte nie.

O nee.

Die ANC het nou gewys hulle stel slegs belang in hulle Bling-Bling-Motorkades, in geld en in nog geld.

Ek het in die verlede dikwels my stem gedeel: Provinsiaal en Nasionaal het ek by verskillende geleenthede verskillend gestem, maar van te vore was een van my kruisies altyd agter die ANC. Hierdie keer baie beslis nie. Ek gaan weer my stem deel, maar hierdie keer kry die ANC nie een stem van my nie.

Hierdie verkiesing gaan nie die ANC uit die kussings lig nie, maar dit kan dalk net die een wees waarin die mag begin draai.

Ons hét ’n opposisie nodig.

Ek weet Cope cope nie, ek weet Helen is Zilly as dink sy praat namens die mense en ek weet Patricia dellilliver nie werklik nie, maar ons móét die opposisie versterk. Selfs ’n stem vir die Vryheidsfront (wat ek nooit sal doen nie) of vir die IFP (wat ek ook nooit sal doen nie), is beter as om vir die ANC te stem.

Oor vyf jaar gaan die ANC weer wen, maar in 2019 kan dinge dalk net verander as die opposisie sterk genoeg sal staan. Maar dan moet ons nou begin.

Phansi Showerhead Zuma! Phansi Marionet Motlanthe! Viva die opposisie teen hulle wat geen morele kompas meer het nie.

Terloops: Hier is ’n interessante blog van iemand wat vanuit ’n effens ander, en vars, perspektief na die sage oor die Dalai Lama kyk.

En heel onder aan hierdie bladsy is drie verskillende petisies wat jy kan teken oor die sage, as jy so voel.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Haat en Christenskap?

Maart 24, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vroeër berig dat Byna Liefde een van hierdie jaar se “pienk boeke” is vir die Pink Loerie Mardi Gras.

Wel, intussen het ’n groepie mense in die naam van die kerk ’n aanval geloods op die Mardi Gras. Hulle wou summier Christenskap gebruik om die fees stop te sit. Die groepie word na bewering gelei deur ene Errol Naidoo en ’n Pastoor Jerome Nel.

Hierop het Prof Pierre de Vos, van die UWK se regsfakulteit, ’n baie interessante antwoord geskryf. Ek haal slegs drie dele aan:

A campaign to stop gay men and lesbians from celebrating their hard-won freedom and their identity as fully respected members of our society is deeply reactionary and shows an intolerance reminiscent of that shown by the apartheid state to all black people in South Africa.

(…) If Mr Naidoo and Nel feels offended by the celebration of diversity at the Pink Loerie Mardis Gras, they have every right not to be forced to attend this event. The rest of us, in turn, have every right not to attend their Church and not to donate money to their church in order to line the pockets of these gentlemen. This is what democracy and freedom is all about.

(…) I was taught that Christ required us to turn the other cheek. True men of Christ would have done just that and would have respected the right of others to celebrate their freedom. Given the fact that the participants to the Pink Loerie Festival are not harming anyone, not stealing anyone’s money, not forcing anyone to do anything against their will, there is no decent or reasonable justification for this campaign. The fact that these gentlemen are incapable of grasping this very obvious and fundamental fact, says much about their faith and the kind of God they think they are worshiping and really is no advertisement for their religion and the faith they profess to embrace. They should be ashamed of themselves.

Die organiseerders van die Mardi Gras, en die redaksie van GaySpeak, het nou ’n kampanje van stapel gestuur om die Mardi Gras se voortbestaan te verseker.

As julle meer wil weet, of wil deelneem aan die kampanje, stuur gerus ’n e-pos aan Juan Lerm; die adres is juandon@mweb.co.za.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Earth Hour: Ek gaan afskakel

Maart 23, 2009 in Sonder kategorie

Dit is vandag wêreldomgewingsdag. Dis ’n goeie dag om te besluit om deel te neem aan Earth Hour op 28 Maart.

Hoekom? Want ek kan, en ek wil ’n verskil maak.

Gaan een daad van aktivisme help?

Nee, maar as jy een van baie is en begin om …

– altyd ligte af te sit as jy hulle nie nodig het nie, en

– daardie slim gloeilampe te gebruik wat minder krag vat…

… dan maak jy gou-gou ’n moewiese verskil.

Hier is iets wat die De Vriese gedoen het:

1. Die vorige eienaars het daardie vieslike downlighters die hele huis vol geïnstalleer. Hulle VREET krag. Ons het hulle vervang met slimlampies.
a) In die slaapkamer was 6 (30 W elk) = 180 W. Ons het dit vervang met één van die slim gloeilampies, en ’n goeie lampskerm. Hoeveel? 15W. Nou het ons beter lig.
b) In die gang was 4 (30 W x 4 = 120 W). Vervang deur een slimlampie en ’n goeie lampskerm. 15 W.
c) In die kombuis wou ons helder lig hê. Ons het die ses downlighters (6 x 30 W = 180 W) vervang met 3 slimlampies: 3 x 15 = 45 W. Uitstekende lig.

2. Ook het ons die stoofplate vervang met gas. Dit kook heerlik, en dit spaar enorme hoeveelhede krag.

3. Die slim mense sê ook dat ’n skottelgoedwasser beter is vir die omgewing as om alles met die hand te was. Op hierdie punt het Izak besluit hy gaan ook deelneem. Graag.

4. Voorts het ons ’n houtstofie in die huis gesit en isolasie op die dak. In die winter maak dit maak ’n enorme verskil aan die gemak in die huis en dit spaar verskriklik baie energie. Baie winteraande sit ek in ’n T-hemp en werk, danksy hierdie kombinasie.

5. Ek probeer ook hard om my huisgenote so ver te kry om ligte af te skakel en die yskasdeur toe te maak, onmiddellik. Weet julle hoeveel krag ’n yskas vreet as jy die deur laat oopstaan terwyl jy melk in jou koffie gooi?

En weet julle wat? Ek kan dit aan my sak voel. Ek koop minder elektrisiteit.

Ek ondersoek tans sonkrag vir die warm water. Ek lees ook op oor windkrag.

Dus, doen mee. Registreer en skakel af Saterdagaand. Hier is die skakel:

http://www.earthhour.org/home/

Dis die begin!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Kleur kom nooit alleen nie

Maart 22, 2009 in Sonder kategorie

Kort op die hake van gister se gesprek oor die meditatio oor Hot Gates, word ek toe gevra om ’n gedig van Antjie Krog, uit Kleur kom nooit alleen nie, te vertaal. Die keer vir ’n meditatio in ’n plaaslike (Engelse) kerk.

Wat ek toe doen.

Ek plaas dit, want dit was vir my interessant om Antjie se woorde te weeg, te voel, te proe en te vertaal.

i will come and fetch you from between the bones and bullets and violence and aids
from the numbness and the dumbness of men’s corrupt faces
rapture you from between the millions of refugees
from hunger from thirst from the camps from the cries from the stench
of tolerated sorrow
the desperate jumble of dreams
from behind i will recognise the brave stalk of your neck
overtake you
and hoist you up with my arm

for you have to see it differently
we of the abyss
have to see everybody differently
see the continent drifting like a huge black heart across the globe
landmass that is us
continent pulsating of blood in the ventricles
of desert forest savannah and stone
lost continent
upon which so many commit acts of make-believe trust
huge aggressive heart upon which thousands die without a sound
ending up in heaps of weathered bone

i would that it be you my little one
that between your ribs a quiver of difference you would feel
that something would be true that we’d be us
that it which is in us Africans be so humane
so constitutional so massively big
as to surpass the strange consciousness

we are who we are because we are of each other

how then do we remain so wrong?

i lay my cheek against yours
i want to blow into you
care
care
sh sh

Die gedig is die derde in ’n vierluik. Die vierde eindig so:

my vinger raak aan jou handjie
wat dadelik opglip en my vashou
styf
jou ma roer
lief ding ek het net kom dag sê
en welkom
en dat iets in my met jou saamgaan
en dat jy daarvan nie hoef te weet nie

Dít sluit mooi aan by my blog oor die gesprek tussen ma’s en dogters.

Ek hoop julle is nou al nuuskierig oor die oorspronklike. Koop dan die bundel en lees dit.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Jackie en Reinet Nagtegaal in gesprek

Maart 21, 2009 in Sonder kategorie

Julle. Maankind het nou ’n skakel daar op haar blog geplak en kan nie anders nie as om ook te sê: LEES DIT!

Dit gesprek handel oor Jackie en Reinet Nagtegaal se nuwe boek In Limbo (wat Maankind met Byna Liefde vergelyk), maar eintlik gaan dit oor meer as dit. Dit gaan oor ma’s wat lief is vir hulle kinders.

En weet julle, dis nie phoney nie. Ek het die voorreg gehad om die Nagtegaals al by verskeie geleenthede raak te loop. En een klein staaltjie wil ek met julle deel.

Toe Genugtig! (Nou Joho!) destyds A see-through suitcase (deur Deborah Steinmair) bekendgestel het, was ek daar met Jabu. Jabu was nog so ’n piepklein babatjie en spekvet. En weet julle wat? Jackie het hom kom optel en amper die hele aand vertroetel. Op ’n stadium het sy vir Dirk gaan sê: “Pappa, ek wil ook so een hê.”

Nou het sy vir Dirkie. Lees gerus.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Hot Gates, Menseregtedag en die Nuwe Jerusalem

Maart 21, 2009 in Sonder kategorie

Julle sal nou al weet ek het ’n broertjie dood in kerke wat bestaan om geld te maak en dominees wat heeldag gal braak oor die hel en vir jongmense vertel seks is sonde. Juis daarom moedig ek graag mense aan wat hard probeer om die kerk weg te pluk en te red van die fundamentaliste.

Ek lees graag teologie, as ek tyd kry, en het vanoggend op ’n baie interessante meditatio afgekom wat Gerhard Bothma geskryf het oor Hot Gates, daardie wonderlike lied van Christopher Torr.

Vier gerus menseregtedag deur te dink aan hulle wat hulle lewens gegee het vir Vryheid, en mediteer saam met Gerhard Bothma oor die pragtige lied. Syne is nog ’n baie opkykende teologie, maar soms moet rebelle soos die uwe dit ook lees.

En onthou: Ons het steeds die vryheid om in Afrikaans te sing, te vry en te huil. Vier dit, koester dit en stem vir langdurige Menseregte op 22 April. Ek was nog altyd ’n ANC-ondersteuner, maar Showerhead en sy gebrek aan respek vir menseregte kry beslis nie my stem hierdie rondte nie.

Hoekom? Want geloof gaan nie oor pasteie in die hemel nie, dit gaan oor die lewe; ja, dus ook oor menseregte. Anders gaan ons weer mense doodskiet in die naam van God en kultuur.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Google doen dit weer vir Eric Carle

Maart 20, 2009 in Sonder kategorie

Google het vandag hierdie pragtige voorblad gehad ter viering van die begin van die Herfs. Die tekening is deur Eric Carle.

Maar is dit al rede? O, nee, moenie glo nie!

Ken julle The very hungry caterpillar? Dit is ’n boekie wat ek as kind al verslind het – verskoon die woordspeling as julle wel die boekie ken. En hoekom nie? Ons, dis nou ek en die ruspe, is albei in 1969 gebore. Die ruspe volg twee maande na die uwe: Op 20 Maart 1969 verskyn dié titel die eerste keer.

Dus: Gelukkige veertigste verjaarsdag, ruspe!

Koop dit sommer nou as julle dit nog nie het nie. Dié boeke is al in 47 tale vertaal.

En, Google gerus vir Eric Carle.

Net iets kleins: Ek was beïndruk daarmee dat Google SA besef het ons is in die Suidelike halfrond, toe gaan krap ek in Noorde rond. Dís hoe die Noorde se prentjie lyk. Die Duits sê: Frühlingsanfang, of te wel die begin van die lente.

Dankie, Google. En: lank lewe kinderboekskrywers!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Move over, Britney

Maart 19, 2009 in Sonder kategorie

Julle het nooit gedink ek sou nooit oor Britney blog nie?

Wel. Hier is dit is.

“Futloos, breinloos en broekieloos” is ’n liedjie wat ek sal skryf vir een of ander Karoo-cowboy om te sing tot haar eer – so op ’n techno-remix van Beaufort-Wes se Beautiful Woorde.

Wel. As julle gedink het Broeknie, ek bedoel Britney, is die enige loslappie in die vermaaklikheidswêreld, dink weer. Hier is ’n besondere artikel oor James Joyce geskrifte, sonder die broekie, en, glo dit as julle wil, ook Willie Wikkelspies s’n.

Lees dit gerus, maar wees gewaarsku:
– dit het my twéé keer se lees gekos om al die verwysings te snap (spell it out, dude!); en
– dit gaan alles oor dít wat Britney vir ons gewys het wanneer sy uitklim.

En, ja, Shakespeare het dit eerste gesê.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ha!man

Maart 16, 2009 in Sonder kategorie

Hier is nou ’n lekker geleentheid om pret te hê én goed te doen. Ha!man doen ’n konsert ten bate van Helping Hands. Elke sent wat die aand geïn word, gaan na Helping Hands.

Kaartjies kos slegs R50 per persoon, en is by die deur te koop.

Wie is Ha!man? Hy is ’n tjellis wat klassieke opleiding ontvang het en nou musiek maak, komponeer en werkswinkels fasiliteer. Hy doen enige iets van techno, Afro tot barok, alles soms in ’n werk. Ha!man se musiek is spontaan en geweldig verbeeldingryk. Die knaap het al op vier kontinente opgetree.

Julle kan hom sien en beleef.

Waar? Woodstock Stadsaal (Motorwagte word gereël)

Wanneer? 25 Maart om 19h00.

Hoeveel? Regtig net R50!

Wie is Helping Hands? Ek het verlede jaar oor die projek geblog. Mable Solani het in 2003 ’n sopkombuis begin. Vandag is sy ’n dagsorgmoeder vir meer as 50 kinders. Sy doen ook Vigsberading. Hier is nog ’n skakel.

Melt, en alle ander wat graag vir Dominic wil bel (oor die konsert), sy nommer is: 082 725 9963

As julle meer wil weet oor Ha!man, kliek hier. http://www.hamanworld.com/