Jy blaai in die argief vir 2008 November.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Goggas

November 27, 2008 in Sonder kategorie


Een van die redes waarom ek van fotografie
hou, is dat dit jou stadiger laat stap en fyner laat oplet.

 

Ek kan ure in die bos sit en doodstil wag vir
iets om te gebeur. (In die stad kan ek nie stilsit nie, hier jeuk my agterent.)
Dis lekker om leeus af te neem en olifante is fantasties, voëls is ’n kuns,
maar goggas is ewe interessant.

 

Kyk nou hier – die een lot is so bont, dit lyk
of hulle ontwerp is deur iemand op LSD, die ander een is so mooi gekamoefleer
dat dit selfs hierdie foto (wat veel groter is as die waarheid) moeilik is om
te sien.

 

Ek het hierdie twee foto’s laas naweek geneem
– minder as 100 m van mekaar af.

 

Bietjie soos ’n boek, nie waar nie? Jy kan
vinnig deurdraf agter die storie aan, of proe-proe lees aan die lekker agter
die storie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

My voete loop na …

November 25, 2008 in Sonder kategorie

Sommer nog ‘n kiekie wat Awie geneem het. My kop moes vandag weer werk, maar my lyf wil nog in die bos wees.

Ek en my ou liefie het Saterdagnag plat op ons rûe gelê en sterre kyk. Jy sien mos nie die goed in die stad nie. Kleinman het al geslaap. Later het sy koud gekry, toe’t ons maar lekker gaan slaap in die tent.

Viva die bos!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Soentjie

November 24, 2008 in Sonder kategorie


 

Ek kom terug uit die bos, en vind Joan Hambidge se resensie (dankie Ou Top dat jy kom sê het).

 

Joan sê:

 

En een
van die belangrikste teoretiese tekste oor die liefde is Roland Barthes se ’
n Liefdesdiskoers. Dié Franse
teoretikus wys op liefhê as ’n semiotiese tekensisteem wat jou oorweldig: Die
Geliefde word jou hele universum waarin elke teken jou herinner aan hom of
haar.

 

Daar in die bos is die universum groot en
groots. ’n Mens sien weer sterre. En dan is dit lekker om die geliefde saam met jou te hê.

 

Awie Badenhorst, het sy lang lens gebruik om paparazzo
te speel. Dis hy wat die foto hierbo geneem het.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Joan Hambidge sê ek mag maar

November 24, 2008 in Sonder kategorie

Daar is ‘n baie wonderlike resensie van Byna Liefde in die Volksblad vandag, kyk net hier.

Joan Hambidge dink die boek is nogal oukei.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Bos

November 20, 2008 in Sonder kategorie


(c) Izak de Vries

Sakkie gaan ‘n paar dae lank bos toe. Geen rekenaars nie, geen selfone nie. Sien julle binnekort weer!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Weerloos

November 18, 2008 in Sonder kategorie



Ek het gister ’n teoretiese raamwerk probeer
skets wat ons kan gebruik om Weerloos,
Annelise se tweede, mee te probeer verstaan.

 

Vandag wil ek op die boek self konsentreer.

 

Ten eerste is Weerloos ’n lekkerlees, erotiese boek. Dit is nogal anders as Maanvrug.

 

In Weerloos
loop daar twee storielyne langs mekaar en hulle vou op ’n stadium inmekaar in.

 

In het korte: Ons loop vir Dakini, ’n
toenmalige priesteres in ’n vrugbaarheidskultus, raak in die hiernamaals. Sy is
nie in die geykte hemel of die hel nie, nee, sy is in Mefisto. Tog, in haar eie
woorde: “Ek vermoed ek is in die Hel.” Dis egter ’n heerlike hel hierdie, een waarin
jy al jou vreugdes en drifte kan uitleef net soos jy wil.

 

Ten tweede handel Weerloos oor ’n vrugbaarheidskultus op aarde. Ons sien hoe die
kultus se priesteresse stelselmatig vervolg word deur diegene wat boeke en ’n
monoteïstiese, patriargale god aanhang.

 

Op hierdie punt is dit dus reeds duidelik dat diegene
wat ’n Amerikaans-evangeliese godsbeeld het, baie ver moet wegbly van Weerloos af. Dis nie ’n boek wat Rhema
sal aanbeveel van die preekstoel af nie.

 

Julle is gewaarsku.

 

Is hierdie boek anti-godsdiens? Nee. Kyk mooi:
Agapië is ongetwyfeld die plek waar liefde in agape uitgeleef word – die ware Christenliefde, dus. In Mefisto? Wel,
hier jol die ouens.

 

En dis Agapië, die “anderkant”, wat uitreik en
vriendelik is teenoor die inwoners van Mefisto. Jip. Daar ’n oproep van Agapië
af om te gesels.

 

Onse Dakini word gevra om hulle leermeester te
gaan ontmoet – iets waarvoor sy nie baie lus is nie. Haar lus verdamp verder as
die geleerde Agapiër, Desirio, begin boeke oopmaak.

 

Tog, deur hierdie gesprekke leer Desirio vir
Dakini om van boeke te hou. En dít is belangrik, want, toe Dakini nog geleef
het, was dit boekgeleerdes wat haar gevang, gemartel, verkrag en uiteindelik as
heks op die brandstapel vermoor het.

 

Wat ek gister deur Bert Olivier se woorde
probeer sê het, word hier in storievorm vertel. Die priesteresse word vervolg
deur die boekgeleerdes. Hulle word uiteindelik as hekse verbrand. Hoekom? Want
Dakini, die priesteres, weier om aan een man te behoort: Sy behoort aan die
stam.

 

Nou, in die hiernamaals, maak Dakini vrede met
boeke. Sy gee haarself ook, op ’n priesterlike wyse, aan Desirio. En só word
erotiese liefde met die agape-liefde
verbind.

 

Lees gerus self. Weerloos is sonder pretensie. Dit lees baie maklik en baie vinnig.
Al sny dit moeilike temas aan, bly dit baie ’n toeganklike, leesbare boek. Weerloos is glad nie ’n filosofiese werk
nie en dit probeer nie voorgee om enige iets anders te wees as ’n verhaal oor
verskillende soorte liefde, en ’n skoot haat, nie.

 

Weerloos het hierdie manlike leser lekker op aandag laat staan. Waarsku dus
geliefdes wat Eros dalk net besoek kan aflê tydens die lees van Weerloos.


Profile photo of izakdv

by izakdv

Seks, patriargie en die vroulike god

November 17, 2008 in Sonder kategorie

 

Ek wil vir ’n kort oomblik filosofies raak en
vir julle vertel van twee tekste wat Leonard Shlain, ’n mediese dokter, geskryf
het.

 

Ek gaan egter lui wees en ’n opsomming gee van
’n opsomming wat Bert Olivier, daardie rocksterfilosoof van Port Elizabeth,
gemaak het.

 

Hoekom? Ek is pas klaar met Annelise se Weerloos. Maar, voor ek iets oor Weerloos sê, is dit belangrik dat alle
murmurendes eers moet weet dat onse Annelise meer is as ’n baie mooi
sekskatjie. Dié girl dink diep goete.

 

Ek wil egter nie ’n bespreking van haar
heerlik erotiese boek opfoeter met my slimmighede nie, daarom gaan ek erken dat
ek nie slimmer is as Bert nie, en dus Bert se woorde steel.

 

Die boek van Leonard Slain wat ’n direkte
gesprek met Annelise se Weerloos
uitlok, is: The Alphabet Versus the Goddess: The Conflict between Word and
Image
, uitgegee deur Penguin,
New York, 1998. (Beskikbaar by Kalahari, kliek net op die skakel.)

 

Oor The
Alphabet Versus the Godess
skryf Bert Olivier toe hierdie artikel, wat
julle gerus kan lees: Images, language, women and patriarchy.

 

Hier is ’n uittreksel:

 

In a nutshell, Shlain
was struck by the correlation, in the ancient world, between the transition
from goddess-worship to masculine god-worship in various cultures, the
simultaneous spread of (especially alphabet) literacy, and the rise of patriarchy
and misogyny in the place of the preceding social egalitarianism that had
characterised goddess-worshipping communities. This led him to hypothesise that
there is a historical link between literacy and patriarchy, which he then set
out to test throughout history and in various cultures, every time with
resounding confirmation.

One of the telling test cases discussed by Shlain pertains to the so-called
“dark” middle ages when, after the fall of Rome, illiteracy spread rapidly. In
accordance with Shlain’s hypothesis, the status of women rose conspicuously
during this era, culminating in a veritable cult of women-worship associated
with the medieval knights’ code of chivalry towards women.

When the late middle ages witnessed the return of literacy, and eventually
Gutenberg invented the printing press in the 15th century, the oppression of
women returned with a vengeance, culminating in the horrendous persecution of
women as “witches” in the course of the 16th-century Protestant reformation.

As julle meer wil weet, het Bert nog twee
stukke geskryf wat baie interessant was, maar enigsins more of the same:

 

Art and science; images and concepts

en:

Image, art, language and gender


Uit laasgenoemde wil ek net een klein stukkie
aanhaal:

 

What is the function
of art? It is not to prettify or reassure (…) It is to interrogate the status quo,
to dislocate, defamiliarise it, or, as Socrates claimed regarding philosophy,
to bring about a “wholesome unrest” in the soul.

 

Die ander belangrike boek Leonard Shain, wat Olivier
bespreek, is Sex, Time, and Power: How Women’s Sexuality Shaped Human Evolution, ook uitgegee deur Penguin. (Ook
by Kalahari, kliek gerus op die skakel.)


Hier is die bespreking: Blood, iron, sex and time


En, vir die luies, hier die relevante
uittreksel.

 

When the penny
eventually dropped, on the part of men, that they actually had a share in
making babies (remember that for a very long time women, who were revered for
fertility reasons, were regarded as being the sole source of children), and
that resemblance between parents and infants is one indication of this, they
sought some reassurance of “immortality” in their children’s names, memory and
commemoration of them. To this end — and here lies a powerful source of
misogyny and patriarchy, according to Shlain — men eventually set up
ritualistic, conventional means (still very much in evidence today) for
controlling the sexual and reproductive activities of women.

 

In other words, Shlain
hypothesises, patriarchy has its distant origin in the attempt, on the part of
men, to assure the sexual fidelity of their women, in the process ensuring that
the children they bear are his, and his alone.

 

Ek gaan binnekort meer oor Weerloos sê.

Profile photo of izakdv

by izakdv

My biograwe

November 16, 2008 in Sonder kategorie

Om nou op een dag twee (drie?) biografiese
werke te sien oor myself, is nogal interessant.

 

Van die Prinses se stuk het ek julle al
vertel.

 

En toe kry ek tyd om LitNet se nuusbrief te
lees en sien Erika Terblanche het haar ATKV-album opdateer en my profiel
ingesit. Erika is ’n verstommende mens wat daar in NALN se argiewe gaan krap en
dan haar profiele saamstel.

 

Dan kan ek ook nie anders nie as om HJ se
kommentaar op my blog te plak:

 

Izak, na ek jou boek gelees het, het ek
besluit jy ly nie net aan ‘n tepelfetisj nie maar ook aan ‘n tietie-ene, tone-ene, ore, boude, bene, tafels en stoele en … jy klink vir my heel normaal.

 

Daar het julle dit. Ek is te jonk om ’n
outobiografie te skryf, gelukkig, dus, dat ander my so goed opsom! Ek erken dat
’n mooi agterstewe my laat glimlag. Die een hieronder is my vrou s’n. Ons is al
vyftien jaar bymekaar. (Kan julle sien hoekom?)

 

Profile photo of izakdv

by izakdv

Skrywer, geskryfde

November 14, 2008 in Sonder kategorie

Het julle Die Prinses se stuk oor my gesien op
haar blog? Ek voel baie gevly daaroor. Ook, effens uitgefreak, want sy’t my verskriklik
goed opgesom.

 

Ek wil in dié lig ook sommer Tronkie se
benoude vraag beantwoord of ek dan nou regtig ’n tepelfetisj het? Tronkie, die
antwoord is glad nie. Geensins. Een van die karakters is wel bedônerd en hy
maak interessante aanmerkings oor vroumense. Maar, kyk self hoe hy sy praatjies
verander.

 

Een staaltjie sal ek wel deel: Daar is ’n
klein kamee in die verhaal “Diep Blou” van ’n vrou wat so aan haarself vat. Dít
het ek beleef. En die gesprek wat daarna gevolg het, is taamlik na aan die
been. (Die res, besluit maar self.) En, moet ek sê, dit was een van die
mooiste, teerste oomblikke wat ek al ondervind het.

 

Riana Scheepers was stout, maar goed, in die
manier waarop sy die boek aangepak het. Sy’t vroeg al gewaarsku dat haar lees
nie akademies is nie. En dis great. Sy’t haar D laat links lê en kaalvuis
ingeklim.

Tog, en dit is iets wat Riana, opsetlik,
verswyg het: Die karakters praat ander woorde as die skrywer. Ek pak geweldig
baie fiksie tussen my en die boeke. Ook om die mense oor wie skryf, te beskerm.
(’n Hele paar sal hulleself herken, maar ander sal nie.) Daar is ’n vrou wat
reeds (geskok) gereageer het sonder om te weet dat haar niggie se storie gehelp
met van die navorsing.

 

Ek is mal oor mense en hulle stories. En daar
is amazing mense daar buite, ook hier op die blogs.

 

En kyk net: Daar sit iemand in Engeland en
skryf Izak. En sy maak vir Izak amper lewendiger as wat Izak self is.

 

Lank lewe stories!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ware Liefde

November 14, 2008 in Sonder kategorie

Al die een gehoor?

Die wêreldwye krisis in finansiële markte maak dat vroue nou vir liefde trou.