Profile photo of izakdv

by

Maropeng

Oktober 19, 2008 in Sonder kategorie


 

Ek was vandag by Maropeng, so veertig minute
se ry van Lanceria-lughawe af. Dis die moeite werd, veral as jy kinders het.
Ek was daar saam met ’n swerm kinders, 2 – 12, en elkeen het dit geniet.




Ek dink ek sou dit nóg meer waardeer het as ek
dalk tyd kon kry om alles te lees. My kiekies laat geensins reg geskied aan die
inligting wat hulle die besoeker bied nie.

 

Gautengers, gaan kyk! Vir die ander, gaan loer
in as julle daar kom! Veral as julle kinders het. Die museum vertel jou van die
evolusie op die eenvoudigste, dog heeltemal wetenskaplike, wyse.


 


Jy begin op ’n bootrit deur ys en verby
vuurspuwende berge, dan loop jy oor ’n tonnel wat jou sinne heeltemal stom slaan,
en uiteindelik beland jy in die museum. Kinders kan dan ’n telefoon optel om ’n
Dodo te bel, hulle kan video’s kyk oor die vorming van grotte, of hulle kan
hulle verlustig aan hoe die homonoïede gelyk het.


 


Die amptelike ruimte is http://www.maropeng.co.za/

13 antwoorde op Maropeng

  1. Ceara het gesê op Oktober 19, 2008

    Dit lyk baie interessant Izak! dankie, ek sal na die skakel gaan kyk.

  2. Sorsie het gesê op Oktober 19, 2008

    Sal doen
    Klaar met jou boek geweldig geniet Pret Stadig gelees om meer te geniet.Ek is geen resensent nie maar sal eersdaags my indrukke blog

  3. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Lorinda. Dis ‘n lekker plek, my foto’s laat nie regtig die ding tot sy reg kom nie.
    izak

  4. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Sorsie. Jy maak my dag! Ek hoor baie graag wat jy sê. HARTLIK DANK!

  5. Ek kan nie glo ek bly hier en het nog nooit gaan kyk nie. Miskien moet ons die nawwek plan maak …

  6. Dit lyk indrukwekkend Izak, ek sal beslis daar ‘n draai maak as ek weer in Gauteng kom!

  7. tronkie het gesê op Oktober 20, 2008

    Homonoied – ek weet nie waar die kolletjies op die “i” op die rekenaar is nie – ek wat so erg oor spel is – maar dis ‘n nuwe woord vir my – gaan dit nou opsoek. ek gaan die naweek museum toe – die plek waar die “skeledons” is soos my dogtertjie sê – lekker om sulke goed met kinders te doen. Lekker slaap IzakdeVries.

  8. Izakdv het gesê op Oktober 21, 2008

    Ludwig, go for it!

  9. Izakdv het gesê op Oktober 21, 2008

    Boekevat. Ek was ‘n slag in Eindhoven by ‘n uitstalling wat my, as kind, gefassineer het. Dié een het dieselfde uitwerking op kinders. (En groot mense!)
    izak

  10. Izakdv het gesê op Oktober 21, 2008

    Tronkie. Ek sukkel ook met kolletjies in die kommentaarhokkie.

    My knaap is ewe gek oor museums!

    Mooiloop!

    Izak

  11. katrina het gesê op Oktober 21, 2008

    Waardevolle inligting, Izak. Eendag op ‘n reëndag as ons weer doei kant toe gaan, vat ek my kinders om te gaan kyk.

  12. Izakdv het gesê op Oktober 21, 2008

    Jy gaan dit geniet, Katrina!

  13. sprokie het gesê op Oktober 24, 2008

    Wow, klink heerlik!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.