Profile photo of izakdv

by

Die tandmuis

Oktober 17, 2008 in Sonder kategorie

CMA step-by-step publ.indd

Kaprê se blog oor die tandmuis en Tronkie se
opmerking dat ek altyd ernstig is, het my laat dink dat ek iets ligs met julle
moet deel. (En nou besef ek Tronkie gaan dalk dink dis óók ernstig!)


Nou ja, dis ’n ware verhaal dié.

 

Goeie vriende van ons, Anna en Shoni
Tshivashe, het ’n paar eie kinders en toe Anna se sussie vermoor word, neem
hulle dié se dogtertjie ook aan.

 

En so gebeur dat een van die jongste spruite
se eerste tand wissel. Dit word natuurlik plegtig in ’n skoen gesit onder die
bed.

 

Goed so, behalwe dat twee moeë ouers, wat ’n
sakeonderneming bedryf, soms vergeet dat die muis moes kom.

 

En, julle kan dink: Trane. Die muis. Het nie.
Gekom. NIE!

 

Ouers in die dogbox.

 

Totdat ons liewe land se misdaad die situasie
red: Een van die ouer kinders kyk by die venster uit en sien ’n dooie rot – die
honde se werk. “Kyk mamma!” roep die een wat die rot sien. “Die tandemuis is
gehighjack!”

 

Ouers uit die dogbox.

 

Tandemuis Inc het die volgende nag weer ’n
muis gestuur en dié een het waarskynlik ’n koeëlvaste baadjie gedra, want die
geld was in die skoen.

31 antwoorde op Die tandmuis

  1. Ceara het gesê op Oktober 17, 2008

    LOL!! Die arme, arme tandmuis (rot) :-). Wat ‘n oulike storie, dankie Izak.

  2. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Dankie vir die inloer!
    izak

  3. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Dankie v!

  4. mienks het gesê op Oktober 17, 2008

    Dankie Izak. Met die geweld vir ‘n oomblik vergete het ek nou heerlik gelag vir die storie.

  5. Kosbaar!

    My seuntjie het eenkeer die tannemuis gesien kom in die middel van die nag. Hy belowe! En toe ek hom vra hoe die tannemuis lyk, antwoord hy sonder aarseling: “So ‘n ou vette!”

  6. katrina het gesê op Oktober 17, 2008

    Ek bly so ‘n entjie weg van Pmb af, Izak,in die Middellande waar dit koeler en meestal natter ook is. Miskien bietjie mooier ook, behalwe dat bougainvilleas hier nie so mooi groei soos doer onder in die vallei nie. 🙂

  7. Elke dag dan sê ek dankie dat ek sulke stories hier ontdek. Hierdie is pleinweg snaaks. Ek sal dit vanaand vir Erika vertel as ons muis ook dalk dieselfde pad loop. Ons bly mos immers in Johannesburg…

  8. Sorsie het gesê op Oktober 17, 2008

    Storie geniet Izak, net sleg dat kinders ookal gewoond is aan geweld in ons land

  9. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Mienks, ons moet lag, anders gaan ons heeldag huil!

  10. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Klarisabet, Kinders het die wonderlikste binnewêreld!
    izak

  11. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Kites, dis ‘n denkende muis daardie!
    Mooi dag!
    izak

  12. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Dankie Ludwig, dis ‘n kompliment komende van storieverteller soos jy!
    izak

  13. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Inderdaad, Sorsie, maar hulle kan dit soms beter hanteer as ons!
    izak

  14. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Katrina
    Die middellande is PRAGTIG. Sieleruimte.
    Geniet dit!
    izak

  15. zephur het gesê op Oktober 17, 2008

    Wat praat jy ek het ook vergeet een aand om die rol van tandmuis te vertolk en die volgende oggend huilende kind te troos was nogal snaaks op ‘n manier, het darem plan gemaak….het nie weer opgeslip as tandmuis nie.

  16. tronkie het gesê op Oktober 17, 2008

    Sweet!!! – slim kind wat sy ma-le red – ek het meermale al vergeet om die briefies vir die feetjies uit die posbus te haal en ‘n geskenkie in plek daarvan te los – As rotte gehijack word, kan feetjies tog seker ook? Lekker dag Izak! en Tronkie dink NIE dis ernstig nie, hoor.

  17. Dit is ‘n wonderlike snaakse storie. Maar weer een van daai wat ek nie sondermeer in Kaasland sal oorvertel nie. Die mense hier sukkel soms om ons humor te verstaan!

  18. antsussa het gesê op Oktober 17, 2008

    Klink vir ant Sussa Isakkie kan ‘n verhaal skryf oor hierdie een. Ant Sussa het net gisteraand weer Kom Slag ‘n Bees gelees.

  19. antsussa het gesê op Oktober 17, 2008

    Klink vir ant Sussa Isakkie kan ‘n verhaal skryf oor hierdie een. Ant Sussa het net gisteraand weer Kom Slag ‘n Bees gelees.

  20. sprokie het gesê op Oktober 17, 2008

    Haha, dis skreeusnaaks!

    Ongelukkig is my kindertyd hond, Oubaas, dood toe ek sewe was. So, eendag toe tel ek my tand van die vorige aand in die tuin op, geen Oubaas om die situasie te red nie.

    Magtig, was die prinses ontnugter!

  21. sprokie het gesê op Oktober 18, 2008

    Ek sien nounet jou kommentaar op Droom Kind se blog. Wat is ‘n noenoe?

  22. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Zeppie, ek het al benoude oomblikke gehad as ek hoor knaap word wakker … dis dan wanneer pa leopard crawl om die werk te doen!

  23. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Dankie Tronkie!
    🙂

  24. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Boekevat, ja. Presies. Ek vrees die lag is redelik Suid-Afrikaans!
    Gaan je wel!

  25. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Genade, Ant Sussa. Dis ‘n kompliment!
    Jy’t seker die karakters gesien uitpop, nie waar nie? So ‘n lekker ou stoet van hulle.

  26. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Dankie, Lulu!

  27. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Prinses. Dis nare Noenoes wat kinders se tande in die tuin gooi en hulle ontnugter.

    ‘n Noenoe? Hoe vertaal ‘n mens dit? ‘n Nare ding, my seun weet wat ‘n nare noenoe is.

    En ek het dit effens “gogga maak vir droomkind bang” bedoel op dromie se blog!

  28. sprokie het gesê op Oktober 24, 2008

    O ja, ek was bietjie lanklaas 10 jaar, maar ek onthou nou ons het altyd goggas noenoes genoem! Goeie woordkeuse, het jy ook daaraan gedink dat noenoes werklik nie kondome gebruik nie? haha!

  29. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Goeie punt, prinses!

  30. gidivet het gesê op Oktober 29, 2008

    Prettige storie. Ek’t na aanleiding van hierdie een gou-gou my tandmuis-storie geblog.

  31. Izakdv het gesê op Oktober 29, 2008

    Ek gaan nou lees!

Los ’n antwoord vir antsussa. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.