Profile photo of izakdv

by

Kapenaar se Opera in die Kunstekaap

Oktober 14, 2008 in Sonder kategorie

 

Foto met vergunning van Norrlands Operan

 

Die Kaapse skrywer, Michael Williams, se opera
Poet and Prophetess open Donderdag 30 Oktober
in die Kunstekaap.

 

Daar is slegs vier vertonings, so liefhebbers
van die kunste moet vinnig spring.

 

Die storie volg die ware verhale van twee
bekende mense, Nongqawuse, die Xhosa-profeet wat berug geword het vir haar
oproep om die Xhosas se beeste dood te maak, en ’n Sweedse digter, Bengt
Linder. Williams bring hulle dan, klaarblyklik fiktief, bymekaar.

 

Williams, ’n Kapenaar, het die stuk geskryf as
deel van ’n ooreenkoms tussen Kaapstad Opera en Norrlands Operan in Sweede.

 

Die musiek, wat geskep is na aanleiding van
Williams se woorde, is gekomponeer deur die Sweedse komponis Mats Larsson
Gothe.

 

Na die Sweedse première is die geselskap sewe
keer teruggeroep vir ’n buiging. Die pers was liries oor die stuk.

 

Volgens Williams is dit ’n grootse stel, met
’n boot op die verhoog en geweldig baie mense. (Ek hoop om baie binnekort ’n
behoorlike onderhoud met hom te voer. Hy was nou vir ’n hele ruk in Sjina.)

 

Komaan, kom ondersteun wêreldklas
Suid-Afrikaanse kuns. Jy sal selfs die woorde verstaan, dis net die musiek wat
Sweeds is!

 

Ek het reeds bespreek. Kliek hier om te bespreek.

 

Daar is vier vertonings:

 

– 30 Oktober

– 1 November

– 5 November

– 8 November

 

Alle vertonings begin klaarblyklik om 19h30,
maar hou die kaartjies dop. Kaartjies kos R150 of R175. Pensioentrekkers en
studente kry afslag, en daar is afslag op blokbesprekings.

 

Kliek hier vir meer inligting oor die opvoering Swede.

 

Librettis: Michael Williams

Komponis: Mats Larsson Gothe

Regisseur: Matthew Richardson

Dirigent: Jonas Alber

Stelontwerp: Lars Östbergh

Kostuumontwerp: Annsofie Nyberg

Ontwerp van beligting: Lars Östbergh

Choreograaf: Sbonakaliso Ndaba

 

As julle wil voorberei, lees Zakes Mda se Heart of Redness. Dis ’n wonderlike
boek.

13 antwoorde op Kapenaar se Opera in die Kunstekaap

  1. Ceara het gesê op Oktober 14, 2008

    Dit klink wonderlik Izak!

  2. Izakdv het gesê op Oktober 14, 2008

    Ek kan nie wag nie, Lorinda!
    izak

  3. Aai en nou sit ek hier in Johannesburg en rook inasem. Jou interresante inskrywings maak my lus om sommer net in die motor te klim en Kaap se kant toe ry totdat hy breek en sommer daar ‘n koffiewinkel op te sit…
    Lekker droom ek alweer. Geniet die opvoering…

  4. Sorsie het gesê op Oktober 15, 2008

    Klink baie interressant kom dit dalk Noorde toe?

  5. En toe daag jou lekker dik boek met die uitlokkende omslag uiteindelik hier op!! Ek kan nie die mamma-dinge gou genoeg afhandel dat ek kan begin lees nie. Baie, baie dankie.Vir die boodskap voorin ook. 🙂
    Daar is darem nou al baie mense op hierdie werf wat jou boek lees … jou lucky drommel. 🙂 Lekker aand!

  6. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Plesier, Lulu!

  7. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    As jy in die kaap is, moet ons daardie koffiewinkel soek!
    izak

  8. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Sorsie, ek gaan vra!
    izak

  9. Izakdv het gesê op Oktober 17, 2008

    Laat weet wat jy dink, Annelise!
    izak

  10. sprokie het gesê op Oktober 17, 2008

    Nie regverdig nie:(

    Hou vir my duim vas dat dit so goed doen dat hul in Januarie nog optredes hou! Dis wanneer ek die land van sonskyn weer besoek!

    Wat sang betref is daar darem uiters baie talent in SA, of hoe?

  11. Izakdv het gesê op Oktober 19, 2008

    Ons het wonderlike talent, Prinses. Ek weet nie of hulle volgende jaar weer die stuk gaan doen nie.

  12. Na al die jare se harde werk makeer Williams inderdaad ‘n medalje of twee!Ek kan nog onthou toe sy eerste opera in die jare 90 by die Grahamstadfees geopen het…

  13. Izakdv het gesê op November 7, 2008

    Ja, hy verdien die eer, jy’s reg.
    Weet jy, ek het Williams juis in Grahamstad ontmoet – by ‘n konsert van Johannes Kerkorrel. Instant Blue Karma was Kerkorrel se konsert.
    Ek en Michael en sy (toe nog) meisie, Ettie, en my (toe nog) meisie het geboogie op JK se musiek daai aand. Ons het toe albei die onderskeie girls getrou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.