by

Maanvrug van die Maangodin

Oktober 5, 2008 in Sonder kategorie

Maanvrug is Annelise, onse medeblogger se eerste. Ek het dit pas klaargelees.
En? Wel. Ek is kiertsregop. Stokstyf. Hartkloppend. Ensovoorts.

 

Ek gaan beslis Weerloos ook bestel!

 

Sjoe, onse Annelise kan die krane oopdraai.
Maskas.

 

Ek wil dit duidelik stel dat mense wat skaam
is vir seks, moet wegbly van hierdie teks. Maanvrug
laat Byna Liefde soos ’n
Sondagskoolhandleiding klink. Maar, as jy nie bang is vir ’n bietjie “of the
old in-out trick” nie, wel … (En as jy dié aanhaling ken, is jy al deur The Clockwork Orange …) Daar is niks
wat slap bly aan ’n mens as jy Maanvug
lees nie! Lees die teks hardop voor aan jou geliefde. Jy sal lus word. As jou
partner boonop ook lus raak … Vergeet Viagra. Roep die Maangodin!

 

Annelise skop ’n stofwolk op – groot dele van
die boek gaan kuier lekker in die pornografiese leefwêreld. (Ek sal in ’n ander
blog oor die dun onderskeid tussen erotiek en pornografie praat …)

 

Ek wil net noem dat dit ’n mite is dat vroue
minder belangstel in pornografie as mans. Van my baie soet vriendinne het al
erken dat eksplisiete tonele hulle baie aanstaan.

 

Wat Annelise doen, is om ’n vrou se fanatasiewêreld
aan die leser oop te maak. Die verteller is gefrustreerd, het kuis grootgeword
en was ’n maagd tot op haar troudag. Sy en haar man is gelukkig saam, maar ai.
Iets kort.

 

Maanvrug gaan oor die twee parallelle prosesse in dié vrou se kop. Aan die een
kant fantaseer sy. Aan die ander kant begin sy en haar man praat oor die
moontlikheid van ’n oper verhouding, die tipe verhouding waar seks nie bloot
beperk is tot die twee getroudes se lewens nie.

 

As julle Annemari Coetser se Oop Kaarte se lees, dan sal julle sien
hoe ’n paartjie besluit het dis okay as daar ander mense in die huwelik is. Oop Kaarte was dan ook die eerste
liefdesroman wat poli-amorie betrek (na my wete). Met Oop Kaarte was daar egter nooit enige poging om te verduidelik
hoekom die twee mense besluit het om “oop” te maak nie.

 

In Maanvrug
is die gesprekke oor dié onderwerp, en die stremming wat ander in die huwelik
bring, baie beter beskryf. Die twee leef
en praat uiteindelik oor al die probleme wat ’n poli-verhouding kan te weeg
bring. (Interessant genoeg vind ek té min van die mooi oor hierdie soort
verhouding in die teks.)

 

Ek dink vele medebloggers sal aanklank vind by
Maanvrug. Ons het in so ’n benepe
klein samelewing grootgeword dat “rondslaap” as ’n sonde gesien is toe ons op
skool was. Maanvrug praat met ons, al
die onse in dié pond wat weet hoe baie nonsens ons moes opeet in die verlede.

 

Ek het Maanvrug
al raakgeloop in goeie boekwinkels, maar julle kan dit ook direk bestel. Kliek hier.


Ek sou graag wou hoor wat ander dink van “oop”
verhoudings, poli-verhoudings, en, as julle dit al gelees het, Annelise se
boeke.

16 antwoorde op Maanvrug van die Maangodin

  1. DroomKind het gesê op Oktober 5, 2008

    Sedert ek hier op die litnet blogs begin kuier het raak my kersfees wenslysie al langer. Eers was daar jou boek, toe Ysprins se Luis Miguel en nou Annelise se Maangodin. Ek sal iewers ‘n paar ponde in my wonderbra moet wegsteek om die inkopies te kom doen! Wat ‘n vooruitsig. 🙂
    DK

  2. ek sal met tas vol boeke moet terugkom vlge keer

  3. Izakdv het gesê op Oktober 5, 2008

    Droomkind en pruimtwak, julle moet dit albei baie geniet om te kom inkoop!
    izak

  4. antsussa het gesê op Oktober 6, 2008

    Izakkie, jy sal laat ant Sussa na haar hartpilletjies soek…

  5. Cosmos het gesê op Oktober 6, 2008

    Dankie vir die inloer daar by my. Klink na lekker leesstof, sal my oe oophou. Ek verkies maar ‘n verhouding waar net 2 persone betrokke is. Het my deel van die ‘stoute goed’ (soos sommige mense sal se van pornografiese flieks en speelgoed ) gehad en dit geniet ;-p

  6. Izakdv het gesê op Oktober 6, 2008

    Ant Sussa, ‘n mens se hart klop nogal oor hierdie boek, ja!
    izak

  7. Izakdv het gesê op Oktober 6, 2008

    Kosmos. Ek is ook maar bok vir my liewe vrou!
    izak

  8. Izakdv het gesê op Oktober 6, 2008

    Maankind, ek dink ons moet die resensie wyer bekend maak.
    izak

  9. ysprins het gesê op Oktober 6, 2008

    oop verhoudinngs…so ver my kenneis trek (van vriende, kennisse en kollegas) is meeste verhoudings / huwilke oop, die ander partye wis net nie daarvan nie. ek persoonlik dink dis twak, wat is doe doel dan van saamwees? ek glo ook nie in die instelling van die huwelik nie, so eintlik so ietwat opgeskroef, blyk dit te wees…

  10. sprokie het gesê op Oktober 8, 2008

    Ek het gewonder of Annelise dink aan publikasie, sy is darem maar fenominale beskrywer! In my ervaring, as ek nou my vriendinne obserweer, en my eie opinie, verkies vrou egter eksplisiete tonele geskryf deur vroue. Ek het Ludwig so stout storie gelees, en my pap gelag, hy is briljant,maar niks verder onder die kraag nie, haha!

  11. Izakdv het gesê op Oktober 8, 2008

    Interessante een, Ysprins. Ek wonder wat ander dink van jou idees?
    izak

  12. Izakdv het gesê op Oktober 8, 2008

    Interessant, majisteit, tog kan mens en vroue vir mekaar skryf, nie waar nie?
    izak

  13. Ek stem…mense wat multi-seksueel is is definiteif ook meer intelligent…

  14. Izakdv het gesê op Oktober 9, 2008

    Nou weet ek ook hoe om my IK op te stoot!-)

  15. Maangodin het gesê op Oktober 9, 2008

    Hi Izak, skies dat ek jou hier vra, maar het jy my antwoord op jou briefie oor jou besoek aan Pretoria ontvang? Ek vermoed my mails kom nie by jou uit nie.

  16. Izakdv het gesê op Oktober 9, 2008

    Nie gekry nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.