Jy blaai in die argief vir 2008 September.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Al die blogs is vrolik

September 30, 2008 in Sonder kategorie

Baie dankie Melt en al die ander wat
weer die blog reggemaak het.

So kon ek toe weer by Sors en vele ander
uitkom. Ek kyk net, Sors lees Byna Liefde!
Dankie, Sors! Ek is baie bly!



(c) Izak de Vries


Al die blogs is vrolik, al die lyne sing, al
die bloggers tik daarbuite!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Soek die toeris

September 29, 2008 in Sonder kategorie


(c) Izak de Vries

Dit is vir ’n rooivlerkspreeu wat hulle hiér
na mik!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die geldjies vir die groot gesing

September 29, 2008 in Sonder kategorie

Izak het ’n sagte hartjie, en hierdie
GeVriesie lees al lank vir Cin, maar hy stuur nie sommer bedelbriefies aan nie.

 

Ek het egter gaan krap, en kan sê: Gaan doen
self die navorsing as julle ook eers, soos ek, wil seker maak: http://www.bathabile.org.za/contact.htm

 

Nou kan ek met gemak gee, en die skakel
aanstuur.

 

Cin, die armbeursie word dus ondersteun.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Firefox ook

September 29, 2008 in Sonder kategorie

Ek het pas Firefox afgelaai.

Heerlike browser! Wow!

Maar ek sukkel steeds om by blogs uit te kom en die kommentare is steeds gek.

Hande op, wie ook?

Profile photo of izakdv

by izakdv

Wie sukkel ook?

September 29, 2008 in Sonder kategorie

Ek sukkel tans om by blogs in te kom. Die kommentare lyk heeltemal deurmekaar op my en ander se blogs.

Ek gebruik Internet Explorer 7.

Wie sukkel nog?

Izak

Profile photo of izakdv

by izakdv

Oor groot vroue

September 28, 2008 in Sonder kategorie

Ons eie, plaaslike Viswyf het ’n blog geskryf oor vroue wat, wel, groot word. Lees maar self.

Dit het my egter aan die volgende, ware, staaltjie herinner. Clive Roos, ’n toenmalige baas van my, het dit self kom oorvertel. (Clive was op sy dag self ’n WP-rugby- en –krieketspeler, maar dit net ter agtergrond.)

Die geleentheid was ’n rugbydag tussen Rondebosh Boys’ High en Paarl Gimnasium. Clive was daar as ’n trotse ouer.

Nou, kyk, Rondebosch neem hulle rugby ernstig op. Baie ernstig. En hulle het een van die beste skoolspanne in die land. Daar is bitter min Engelse skole wat by hulle kan kers vashou. Selfs die privaatskole val baie dikwels vas teen Rondebosch.

Dié Engelsmannetjies is egter maar lugtig vir ’n paar van die Afrikaanse skole. Die boerklonge het gewoon soveel vleis op hulle dat dit maar bars in die skrum.

En so was dit ook daardie dag waarop ons storie afspeel. Rondebosch was in die Paarl om die Afrikaanse leeutjies in hulle eie hok te tem. Rondebosch het goed gedoen, en het alle fasette van die spel gedomineer, behalwe vir die skrums. Hoe skrum skoolkinders teen ’n pak wat dieselfde weeg as ’n klein trekkertjie?

En so gebeur dit toe ook dat Gim wéér ’n baie belangrike skrum wen. Heel gefrustreerd sê die ouer wat langs Clive sit: “Goodness. Just look at that! How do you think they get these boys to be so big?”

Waarop die Paarl-omie daar naby van sy braai af opkyk en sê: “Ou swaar, I’ll tell you our secret. Julle Engelsmanne trou mos met Barbie dolls. Ons Afrikaners trou met busse.”

Profile photo of izakdv

by izakdv

Dit word nou lente

September 27, 2008 in Sonder kategorie

 
Die vygies sê die lente is aantog!

(c) Izak de Vries

Profile photo of izakdv

by izakdv

Kom deel my mikrofoon

September 25, 2008 in Sonder kategorie

Hier is ’n ope uitnodiging aan alle skrywendes en skeppendes: Kom deel ’n verhoog met my, kom praat saam. Kom lees voor! Die “open mic” is net vir julle!

Waar? Die Gallery Rust-en-Vrede in Wellingtonweg, Durbanville

Wanneer? Woensdagaand, 1 Oktober

Hoe laat? 19h30

Koste? Slegs R30

RSVP? fspsolutions@telkomsa.net of sms 082 463 5267

Bring ’n piekniekmandjie en wat te drinke. Wyn sal te koop wees per glas.

Die geleentheid?

Tom Dreyer en Izak de Vries (dis nou ek) gaan uit eie werk voorlees. Anton Jordaan gaan musiek maak.

Daarna is die mikrofoon oop en die gehoor aan jou voete. Komaan alle digters en pennelekkers, kom gesels saam.

Oor Tom Dreyer

Tom Dreyer se mees onlangse publikasie is die kortverhaalbundel Polaroid, wat in 2007 verskyn het. Hy is ook die skrywer van die romans Erdvarkfontein (1998), Stinkafrikaners (2000) en Equatoria (2006). Stinkafrikaners is met die Eugene Marais-prys bekroon, terwyl Equatoria gekortlys is vir die M-Net Prys en eersdaags in Engelse vertaling by die Britse uitgewer Aflame Books verskyn.

Tom is ‘n genoot van die International Writing Programme by die Universiteit van Iowa. In 2007 was hy inwonende skrywer by die Sitka Island Institute in Alaska en in 2008 by die Chateau de Lavigny in Switserland.

Oor Izak de Vries

Hy’s die b(l)ogger wat Byna Liefde geskryf het.

 << >>

Profile photo of izakdv

by izakdv

Internasionale Vertaaldag 2008

September 24, 2008 in Sonder kategorie

Terminologie: Woorde maak saak

Alle taalpraktisyns en taalliefhebbers word vriendelik genooi om op Vrydag 3 Oktober 2008 ‘n informele seminaar by te woon, wat deur SAVI Boland gereël word om Internasionale Vertaaldag, 30 September, te vier.

Sprekers sluit in:

– Frik Lombard (Eindredakteur, WAT)

– Phillip Louw (Besturende redakteur: Woordeboeke, OUP)

– Michiel Heyns (Akademikus, skrywer en vertaler van o.m. Marlene van Niekerk se roman Agaat)

– Mhlobo Jadezweni (Lektor, Dept Afrikatale, US)

– Pumlani Sibula (Hoof, Eenheid vir isiXhosa, Taalsentrum, US)

Datum: Vrydag 3 Oktober 2008

Plek: Cape Milner Hotel, Milnerstraat 2a, Tamboerskloof, Kaapstad

Registrasie: R200

Vir meer inligting, nader gerus:

Marlene Rose
021 439 8784
marlene@stellenbosch.co.za

Registrasie sluit teen Maandag 29 September 2008

Profile photo of izakdv

by izakdv

Lugballet

September 24, 2008 in Sonder kategorie

‘n Airbus A340 en vier Pilatus-opleidingsvliegtuie

Twee Boeing 737’s doen ballet. Alles by die Lugskou op Ysterplaat.


(c) Izak de Vries