Profile photo of izakdv

by

Breyten Breytenbach se Windvanger

Junie 22, 2008 in Sonder kategorie

   

Breyten Breytenbach het op 20 Junie 2008 die Hertzogprys vir Windvanger ontvang.

Minder bekend, hier in die Kaap in elk geval, is dat Breyten op 16 Junie (hoe gepas!) ook die Universiteit van Johannesburg-Prys vir Skeppende Skryfwerk ontvang het, ook vir Windvanger.

En graag wil ek vir julle aanbeveel om Willie Burger se stuk te lees wat hy, as commendatio, geskryf het vir die geleentheid. Doen die moeite, dis dit werd!

Ek het destyds die bundel gekoop, pas na die verskyn het, maar ek moet erken dat ek gesukkel het om alles te verstaan. Daar is egter wonderlike oomblikke en pragtige grepe in wat ek wel raakgelees en baie geniet het.

Koop die bundel. Dit is by Kalahari.net te kry:

Dan, ’n huldeblyk aan Breyten, uit die pen van my ou pel, Madlala.

pastorale oomblikke

breyten
ek het nie ’n groen trui nie
ek het nie ’n graf nie
dus geen gans kon ikonoklasties
met my beendere bewerk gaan nie
dis my steelsels dié wat stinkend
die beddings van my verbeelding voed
wat bome laat bars
uit warm misigloos
dis die gesteelde bome wat rooiborsduiwe lok
lok na die tuine in my kop
en meisies om onder die bome te sit
en seuns om onder die meisies te sit
en my drome
om boeke, boeke met breyten digte
dig onder die tonge van die seuns sit
tjie tjie tjie, tjie tjie tjie

­- Madlala Makhaza

3 antwoorde op Breyten Breytenbach se Windvanger

  1. Izakdv het gesê op Junie 22, 2008

    Jis! Graag. Ek sukkel egter om tyd te kry! Jammer, hoor. Ek sal my bes doen! Steel maar van hier af!
    izak

  2. bigbigjoe het gesê op Junie 23, 2008

    Isak, ek lees al 24 jaar aan eklips, die eerste breyten-bundel wat ek my hande op kon kry in n tyd net na sy vrylating- toe al die ouer werke eenvoudig net verdwyn het. En nou nog tel ek met elke lees nuwe nuanses op… my eerste groot politieke baklei met my pa oor breyten gehad, wat volgens hom , nog steeds ” daai fokkenterroris” is. As jy ooit hande kan le^ op die dokumentere prent wat met sy samewerking gemaak is oor sy terugkeer na SA, kyk na dit by herhaling. So baie stilte, en tog word soveel ges^e.

  3. Izakdv het gesê op Junie 24, 2008

    Bigbigjoe. Ek deel jou verlede, ou vriend. My pa het altyd na Breyten verwys as ‘n terroris.
    Eklips staan op my rak ook. En, ja, ‘n mens tel elke keer nuwe nuanses op.
    Ons is gelukkig om digters van Breyten se kaliber in ons letterkunde te hê!
    Dankie vir die kommentaar.
    izak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.