by

President Obama?

Junie 5, 2008 in Sonder kategorie

Ek en Madlala het gisteraand ’n baie goeie bottel rooiwyn oopgemaak en daar was niks oor vanoggend nie. Toegegee, Kassie was vroegaand ook hier en my vrou het ’n mondvol gevat, maar ons het gevier. Madlala het in die spaarkamer geslaap.

Ons sal die Kap Classique oopmaak as dit amptelik President-Elect Obama is.

Gisteraand se wyn was om die moontlikheid te vier.

’n Swart man in beheer van die VSA! Wow.

Party van ons het nogal van oubaas Jesse Jackson gehou, maar hy was nooit ’n sterk genoeg aanspraakmaker nie.

Viva Obama! Viva! Hierdie Afrikaan is trots op jou!

Ek moet onmiddellik bieg, tannie Hill C kon my opgewonde maak nie. Ja, ’n vrou in die withuis se warm stoel is ’n goeie idee, maar ek onthou vir Maggie. En, dit was ’n skrikwekkende ervaring. Ek weet nie of Hillary veel anders sou gewees het nie.

Dalk sal die regte vrou eendag die ding doen. Net soos die regte swart ou besig is om die pyp te rook!

5 antwoorde op President Obama?

  1. hellokietie het gesê op Junie 5, 2008

    Viva Obama!!!
    Hoop dit gaan goed
    Mooi bly

  2. Magdavwyk het gesê op Junie 6, 2008

    Nee wat ek viva ook vir Obama!
    Lekker aand Izak

  3. bigbigjoe het gesê op Junie 6, 2008

    Mmmm. Izak, ek het van nature n “distasteful distrust” in politici. Gaan loer gerus na my blog vir my opinie. Die beter kandidaat is hy by verre. Hy is egter steeds n politikus, en die vraag is: “change we can believe in” of “lies we have come to expect”?

  4. MyGeheim het gesê op Junie 6, 2008

    Dit sal voorwaar opspraakwekkend wees!
    Lekker naweek Izak.

  5. Izakdv het gesê op Junie 6, 2008

    Ja, hulle sê mos ‘n eerlike politkus is so skaars soos militêre intelligensie.
    Gelukkig help die demokrasie ‘n land om te kies. En om te verander.
    Zimbabwe moet ons voor duim vashou.
    Die VSA, ditto.
    En dan, volgende jaar, is dit ons beurt!
    Mag dit vrolik gaan!
    Izak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.