Profile photo of izakdv

by izakdv

Ek het getrek / I have moved

Februarie 1, 2016 in Uncategorized

Hierdie blog se stoorplek het te vol geraak, ek blog nou hier: http://blogs.litnet.co.za/devries/

This blog’s memory ran out of space, I was forced to open a new blog. Please visit me here: http://blogs.litnet.co.za/devries/

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ons het begin saamdroom

Augustus 26, 2015 in Uncategorized

15 08 19 Atlantis 1782

Ek het verlede week ’n besondere oggend in Atlantis deurgebring saam met ’n aantal baie sterk vroue.

Maar ek loop myself nou vooruit. ’n Aantal goed moes gebeur voor ek Woensdag in Atlantis kon wees.

*

Nommer een: By die ATKV-Liedjieslypskool van 2015 is aangekondig dat Daphne Arendz se lied “Die song wil my nie los” as temalied van die die ATKV-Liedjieslypskool gekies is. Daphne is van Atlantis. (Hier is ’n berig wat ek daaroor geskryf het.)

Nommer twee: Anna Davel het toe die Daphne se lied opgeneem.

Nommer drie: Annie Petersen van Atlantis het besluit om ’n ATKV-tak te stig daar in Atlantis.

*

Die ATKV se nuutste tak

15 08 19 Atlantis 1119

Annie Peterson, Mynie Grové en Morne van Staden

Annie Petersen is ’n voorslag, ’n raakvatter. Sy bedryf ’n instansie met die naam Reach out and touch wat kuns gebruik om mense, veral vroue, deur middel van kuns te help wanneer hulle trauma ervaar. Sy is ook die voorsitter van die nuutste ATKV-tak — een wat op 5 Augustus 2015 in Atlantis gestig gestig is.

Waarom ’n ATKV-tak in Atlantis?

“Ek het by die ATKV-Liedjieslypskool gesien wat die ATKV kan bied vir die gemeenskap,” sê Annie onmiddellik.

Sy weet van heelwat talent daar in Atlantis, maar daar is geen geleenthede vir die talentvolle mense om te groei nie. Die stadsraad bewillig wel geld om kuns en kultuur te bevorder, maar dit is dan ’n eenmalige geleentheid is en die talent word nie verder ontwikkel nie.

15 08 19 Atlantis 1076

Morne van Staden

Annie het vir Morne van Staden, die organiseerder van die ATKV-Liedjieslypskool, ontmoet. “Ek en Morne het begin saamdroom. Ons het talent wat moet ontwikkel. Ons moet dit doen deur kuns en kultuur. Hier is baie talent. Met die ATKV se hulp kan ons nou mense groter laat dink.”

Dit is duidelik dat Annie ’n sagplekkie vir Morne het. “Hy het ’n hart vir mense. Dis dié dat ons hom gevra het om die Atlantis-tak se voog te wees.”

Wat is die tak se toekomsvisie?

“Sport en musiek bring mense bymekaar,” sê Annie. Aanvanklik will sy die tak vestig deur te fokus op kultuur, soos sang en musiek, maar sy droom ook reeds groter. “Ons praat die ander dag van ’n gemeenskapskoor. Hier moet ook gemeenskapskapsprojekte kom vir opheffing en entrepreneurskap,” sê sy.

*

Vrouedagvieringe op 19 Augustus

Annie droom egter nie net nie. Sy doen ook. Die eerste groot geleentheid wat die Atlantis-tak gereël het, vind toe reeds reeds op 19 Augustus plaas. Dit was deel van die Vrouemaandvieringe. Die motto was: Laat die droom in jou hart ontsnap.

“Baie vroue het baie drome,” sê Annie, “maar hulle kry nooit eens die kans om glamorous geleenthede by te woon nie.”

Glamorous? Dit was die 19de Augustus wel.

Mynie Grové (AMAGroove en Shoprite TOPSTARS), Fiona van Kerwel (US Woordfees se WOW-projek), Elize Fortuin (ATKV) en Cliffordene Norton (LAPA Uitgewers) was die gassprekers.

Die meeste van die ATKV-Liedjieslypskool 2015 se finaliste het ook gesing.

15 08 19 Atlantis 1101

Whaden Johannes, Sumarie Uys, Oswald Johannes, Daphne Arendz, Carlyn Fransman, Remy Alard en Francis Brown

15 08 19 Atlantis 1145

Fiona van Kerwel

Fiona van Kerwel het vroue uitgedaag om hulle drome te identifiseer en na te jaag.

15 08 19 Atlantis 1073

Francis Brown

Tannie Francis Brown het gesing. Sy is ‘n inspirasie!

15 08 19 Atlantis 1190

Mynie Grové wys wat sy van tannie Francis dink

15 08 19 Atlantis 1221

Remy Alard

Remy Alard se lied is ’n ode aan die ma wat twee mense se werk doen. Die ma is ma en pa in baie mense se huishouding.

15 08 19 Atlantis 1234

Cliffordene Norton

Clifforden Norton is ’n uitgewer by LAPA, ’n blogger en ’n aktivis.

Sy het die gehoor herinner daaraan dat Vrouedag gevier word omdat 20 000 vroue gekies het om die apartheidsregering uit te daag. Daardie vroue het nie opgehou ná hulle een keer gemarsjeer het nie. Hulle het aangehou tot apartheid geval het. Net so moet vandag se vroue nie ophou droom nie. Hulle moet aanhou om hulle drome na te jaag.

Kyk na tannie Francis, sê Cliffordene. Sy is 62 en steeds jaag sy haar droom na.

15 08 19 Atlantis 1065

Daphne Arendz

Daphne Arendz het gesing. Dit is sy wat die “Die song wil my nie los nie” geskryf het.

15 08 19 Atlantis 1059

Oswald Johannes

Oom Oswald Johannes se lied was ook ’n ode aan sterk vroue en moeders.

15 08 19 Atlantis 1312

Elize Fortuin

Elize Fortuin het vroue aangemoedig om na hulleself om te sien en om hulle eie talent te ontwikkel. Vroue is so geneig om altyd vir ander te werk, dat hulle vergeet om na hulleself om te sien.

15 08 19 Atlantis 1374

Mynie Grové

Mynie Grové het vertel dat haar ma aanvanklik niks wou weet daarvan dat sy musiek haar loopbaan maak nie, tog het sy aangehou droom.

15 08 19 Atlantis 1764

Daphne en Mynie

Toe kondig Grové aan dat “Die song wil my nie los nie”, geskryf deur Daphne Arendz van Atlantis, nou op alle digitale webwerwe te koop aangebied word en dat alle inkomste wat uit die verkope gegenereer word, gebruik sal word om ’n musieksentrum in Atlantis te bou.

Morne van Staden, die Organiseerder: ATKV-Liedjieslypskool, het kort hiera op Facebook gesê: “Die song wil my nie los nie” is nou beskikbaar op al die digitale werwe. So! Begin aflaai dat dit die gewildste song word en dat ons daardie musieksentrum in Atlantis kan begin. Ons bring Atlantis se song terug Atlantis toe om te werk vir die mense van Atlantis!

15 08 19 Atlantis 1530

Carlyn Fransman

15 08 19 Atlantis 1518

Sumarie Uys

Carlyn Fransman en Sumarie Uys het ook opgetree.

15 08 19 Atlantis 1601

Clive Swart

World Vision se Clive Swart het daarop gewys dat daar in ons land se kerke fantastiese kore en jazzsanger is. Hy het mense aangemoedig om die geleenthede te gebruik wat die ATKV skep.

15 08 19 Atlantis 1645

Cyril Dicks

Kaptein Cyril Dicks, die hoof van die polisiestasie in Atlantis, gebruik musiek om met skoolkinders te kommunikeer. Dwelms is nie ons kultuur nie, sê hy. Dit is van buite af gebring.

15 08 19 Atlantis 1041

Whaden Johannes

Daarna het Whaden Johannes die laaste lied gesing voor daar geëet is en talle foto’s geneem is.

15 08 19 Atlantis 1719

Danksy LAPA Uitgewers is aan elke vrou ’n geskenkpakkie oorhandig.

15 08 19 Atlantis 1720

15 08 19 Atlantis 1725

Hier volg nog foto’s van die wonderlike oggend in Atlantis.

15 08 19 Atlantis 1757

15 08 19 Atlantis 1765

15 08 19 Atlantis 1777

15 08 19 Atlantis 1784

15 08 19 Atlantis 1791

15 08 19 Atlantis 1792

15 08 19 Atlantis 1797

15 08 19 Atlantis 1803

15 08 19 Atlantis 1807

15 08 19 Atlantis 1811

15 08 19 Atlantis 1815

15 08 19 Atlantis 1819

15 08 19 Atlantis 1827

15 08 19 Atlantis 1831

15 08 19 Atlantis 1837

15 08 19 Atlantis 1852

15 08 19 Atlantis 1855

15 08 19 Atlantis 1858

15 08 19 Atlantis 1861

15 08 19 Atlantis 1865

15 08 19 Atlantis 1873

15 08 19 Atlantis 1876

15 08 19 Atlantis 1878

15 08 19 Atlantis 1885

15 08 19 Atlantis 1887

15 08 19 Atlantis 1893

15 08 19 Atlantis 1897

15 08 19 Atlantis 1901

*

15 08 19 Atlantis 1843

Oupa, Mynie, tannie Francis

Tannie Francis en haar man, Oupa, woon daar in Atlantis.

15 08 19 Atlantis 1930

Ek het hulle ná die tyd by hulle huis gaan aflaai, want Morne het my vertel van die pragtige tuin wat hulle onderhou.

15 08 19 Atlantis 1915

15 08 19 Atlantis 1929

Hier is hulle in die tuin saam met van die mense wat hulle help om die tuin netjies te hou. Wys jou… droom, en selfs tuine is moontlik!

*

15 08 19 Atlantis 1933

Op pad huis toe het hierdie blommetjies gesê: Dit is lente! ‘n Week gelede was hier niks om te aanskou nie.

Atlantis het ook nog eens vir my gewys: Daar is baie, baie talent wat wag om te ontwaak.

Koop “Die song wil my nie los nie” deur Daphne Arendz en help Atlantis om te blom!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Opdrag van oorkant: Sterk vroue vir Vrouedag

Augustus 9, 2015 in Uncategorized

Opdrag van oorkant

Hieronder volg ’n resensie oor Alta Cloete se nuutste. Ek plaas dit op Vrouedag, maar ek wil ook pleit dat ons nie sal vergeet dat Vrouedag gevier word om vroue se aandeel in die vryheidstryd te gedenk nie.

Ek is ten gunste van Vrouedag, maar ek haat dit as 9 Augustus verval in goedkoop advertensies vir pienk onderklere.

WOMANDLA!

* * *

Alta Cloete se Opdrag van oorkant is ’n groot verrassing. Op verskeie gebiede.

Ten eerste is dit nie ’n liefdesverhaal nie. Wees gewaarsku. Hier is heelwat liefdesintriges in, maar as jy ’n boek soek oor daardie beeldskone man wat ’n reikhalsende vrou van haar voete afswiep in ’n stomende kus, hou verby.

Goed, Alta skryf al lankal nie meer hierdie soort liefdesverhale nie. Om die waarheid te sê, gaan kyk na die kortlys van die Liefdesverhaalafdeling vir die 2015 ATKV-Veertjies, dan is daar nie een boek wat aan die stereotipe voldoen nie.

Hier is die kortlys. Jy gaan ver soek vir reikhalsende vroue in hierdie boeke.

  • Stiletto’s van staal – Bernette Bergenthuin
  • Ewebeeld – Chanette Paul
  • Raaiselspieël – Chanette Paul

Alta se Geur-reeks, en die Seisoene-reeks wat daarop gevolg het, was al donker boeke met baie vleis aan. Tog was daar uiteindelik ’n samekoms van soekende siele. Daar was dus ’n mate van genoegdoening vir die persoon wat man A by meisie A wou uitkry. Ek het egter haar boeke gelees vir die interessante familie-intriges. Alta se sewe boeke in hierdie twee reekse is baie onderskat, want die literati besef nie hoe subversief sy al die jare skryf nie.

Waarom is Opdrag van oorkant dan ’n verrassing? Lees self. Selfs iemand wat Alta se werk ken, sal verras wees. Dis ’n besonder knap roman wat my telkens, meer as een keer, op die verkeerde voet gevang het.

Die hoofkarakter is al ’n ou vrou, in haar eie woorde, en tog, ná al die jare, hunker sy wel na ’n bepaalde man se teenwoordigheid. Dit is ’n vleeslike hunkering, want die ouderdom onderdruk nie die libido nie, maar dis ook ’n meer verstandelike hunkering.

Wat dán gebeur moet julle self lees, en asseblief, wees baie bang vir spoilers op hierdie boek. Ek kan meer as die helfte van die goed nie hier noem nie, want dan gaan ek die leser se genot wegneem.

* * *

Die plot: Ek beloof hier volg nie spoilers nie – wat ek hier noem sal jy in die eerste tien bladsye raakloop, en daarna raak die boek éérs interessant.

Coenraad Beyers sterf kort na hy ’n plofbare outobiografie geskryf het. En hoe. Deur die loop van die verhaal leer ons Coenraad se lewe ken, en dis baie ná aan ’n plotlyn wat André P. Brink sou kon uitdink.

Om die waarheid te sê, ek twyfel vir geen oomblik dat Coenraad Beyers losweg op Brink geskoei is nie.

Goed. Beyers sterf en rig ’n bisar versoek aan die vier vroue in sy lewe. Hulle moet instem om die boek saam-saam te bemark, anders verskyn dit nie. Die wortel is dat die boek goed sal geld maak.

Aanvanklik wil die vroue nie, maar dan gebeur ’n paar goed wat hulle tog laat saamspan.

Lees self.

Ek is ernstig dat hierdie boek André Brink se kopknik sou wegdra in terme van die sterk politieke ondertoon wat hier ingebou is. Sien my nota oor Vryheid in Suid-Afrika en dink mooi oor vroue se rolle in hierdie dae.

Struktureel is die boek egter nie so moeilik soos Brink op sy beste was nie. Die boek lees maklik, eintlik vinnig, en ek het ’n groot deel daarvan (die laaste) tjankend op ’n vliegtuig sit en lees verlede Sondag.

Ja, ek het getjank.

* * *

Koop dit en lees dit voor die spoliers instroom.

Hou die snesies gereed.

* * *

Van Brink gepraat: Karina Szczurek, Brink se weduwee, verdien ook vermelding op Vrouedag. Sy huldig Brink as ’n deel van ons almal se erfenis op maniere wat soms pynlik moet wees vir haar.

Ek verstom my aan haar vrygewigheid. Sy doen in die werklike lewe vrywillig wat Alta Cloete se fiktiewe vroue onder dwang doen. Szczurek se bundeling van die briewe tussen Brink en Ingrid Jonker verskyn eersdaags. Hou dit in gedagte.

Profile photo of izakdv

by izakdv

US Woordfees gaan ’n kortverhaalbundel uitgee

Julie 25, 2015 in Uncategorized

Nuwe inligting bekend! Rol af onder toe!

*

KLIEK OP DIE PRENTJIES, dan word hulle groot genoeg om die collage te kan geniet. Speel gerus soek die skrywer!

wow1

Die US Woordfees gaan in 2016 ’n bundel kortverhale uitgee. Hierdie bundel gaan slegs op die fees te koop aangebied word en sal ook net vir die duur van die fees te koop wees.

*

NUWE INLIGTING BEKEND (27 Julie 2015)

Ek haal hiermee verbatim aan uit ‘n persverklaring wat ek vandag ontvang het:

“Ons wil ’n bundel publiseer wat die hoë gehalte skryfwerk, waarvoor die Woordfees-geleenthede bekend is, weergee,” sê Botha. “Woorde is die boustene van ons fees, en ons dink dit is gepas om op so ’n tasbare manier by te dra tot die argivering van die Woordfees.”

Slegs skrywers wat reeds in papiervorm gepubliseer is, sal in aanmerking geneem word. Die betrokke verhaal self mag egter nie voorheen gepubliseer wees nie. Die idee is om nuwe, vars werk te bevorder.

“Met dié bundel literêre verhale wil ons graag die skrywers, wat ons help om van die Woordfees so ʼn reuse sukses te maak, vereer,” sê Madri Victor, koördineerder van die fees se skrywersprogram. “Maar ook vir ons feesganger dankie sê en iets unieks aanbied.”

Die samestellers vir die eerste bundel, wat tydens Woordfees 2016 bekend gestel sal word, is Victor, die vryskut-uitgewersredakteur Suzette Kotzé-Myburgh en Anastasia de Vries, joernalis en lektor in joernalistiek by die Universiteit van die Wes-Kaapland. Kotzé-Myburgh is ook verantwoordelik vir die projekbestuur en taalversorging.

Die bundel sal slegs tydens die Woordfees te koop wees. Victor sê slegs ’n beperkte oplaag sal jaarliks gedruk word. Indien daar bundels oorbly, sal dit tydens die volgende jaar se fees te koop aangebied word. Herdrukke sal nie gemaak word nie.

Skrywers wat verhale wil voorlê, moet dit teen 30 Oktober 2015 hul inskrywings stuur aan adminfees@sun.ac.za.

Vir meer inligting oor hierdie projek, kontak vir Madri Victor, sameroeper van die fees se skrywersprogram by madrivictor@sun.ac.za.

*

wow2

*

Hierdie goeie nuus is op 24 Julie 2015 deur Madri Victor aangekondig by die Lanzerac Hotel.

Sien ook Naomi Bruwer se pragtige foto’s!

*

Verskeie skrywers, uitgewers en onderwysers, wat betrokke is by WOW, het dié geleentheid bygewoon.

*

By hierdie geleentheid het Fiona van Kerwel ook sommige van die suksesse van die WOW-projek gedeel en het skrywers aangemoedig om betrokke te raak by WOW.

Nie net bereik WOW meer as 100 000 skoliere elke jaar nie, hulle bied ook finansiële en emosionele steun aan verdienstelike, maar behoeftige, studente aan die US.

wow3

*

Daarna het Jana Hattingh en Saartjie Botha die suksesse van 2015 se fees gedeel, asook die doelwitte wat vir 2016 gestel is.

wow4

Profile photo of izakdv

by izakdv

‘n Spirituele tuiskoms: Die Nuwe Graskoue Trappers terug as wêreldkampioene

Julie 23, 2015 in Uncategorized

Die tweede deel van hierdie inskrywing is ernstig, dit gaan oor die Khoi se spirituele teenwoordigheid, maar kom ons kry eers die jolliefikasie agter die rug, want daar is plek vir albei.
15 07 22 Riel 58234
Die Nuwe Graskoue Trappers is terug! Hulle het gister, 22 Julie om 14:00, as wêreldkampioene by Kaapstad Internasionaal geland.

Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.

15 07 22 Riel 5b8450
Kliek hier vir ‘n onderhoud met Floris Smith wat gistermiddag op LitNet verskyn het.
Kliek hier vir ‘n videogreep wat iets van die klank vasvang, maar ook onderhoude dra met Floris Smith en die Khoi-hoofman, Senior chief Abré Hector.
Kliek hier vir SABC2 se dekking van die geleentheid.

Die verwelkoming wat die rieldansers gekry het, was oorweldigend. Ek het al baie groot mediageleenthede gedek, maar gister was een van die grootste.

15 07 22 Riel 58176
Nie net was daar ‘n enorme perskontingent nie, daar was ook vriende, familie, verteenwoordigers van die Cederberg munisipaliteit en die ATKV, en ‘n hele korps tradisionele Khoi-leiers.

15 07 22 Riel 58155

In die tweede helfte van hierdie stuk gaan ek meer oor die Khoi berig, maar eers gaan ek ‘n oorsig gee oor die oorweldigende ontvangs wat die kinders en die orkes gekry het.

15 07 22 Riel 58148
Die foto’s vertel ‘n storie. Beleef die emosie!

15 07 22 Riel 58173

15 07 22 Riel 58183

15 07 22 Riel 58204

15 07 22 Riel 58244

15 07 22 Riel 58286

15 07 22 Riel 58338

15 07 22 Riel 58422

15 07 22 Riel 58383

15 07 22 Riel 79318

15 07 22 Riel 79337
* * *
Die Khoi-teenwoordigheid

15 07 22 Riel 79255

Nou vir iets ernstiger.
Min mense besef hoe geweldig belangrik gister se teenwoordigheid van die Khoi- en die San-gemeenskappe se leiers al daar was.

15 07 22 Riel 79339
Ons doen bitter min om erkenning te gee aan hierdie tradisionele leiers, maar hulle daarwees was op die vlak van Prins Charles wat sou besluit om ‘n Engelse Folk Dance-groep op Heathrow te gaan inwag – saam met ‘n groot aantal van sy adjudante en ‘n klomp hertogs en die aartsbiskop van Canterbury.
Die riel is ‘n onderdeel van die oudste vorm van dans in Suid-Afrika. Baie van die passies, die vinnige trap-trap met die regtervoet en die mimiek, dit alles kan direk teruggevoer word na die rituele van die Khoi en die San. Van daardie rituele vind vandag nog plaas, ons weet dit net nie en verstaan dit nie.
Ek het al baie hieroor gelees en sien dalk iets raak in die danse wat ander van ons met ons Westerse idees nie sien nie, maar ek weet ook dat ons, ek beslis ook, nog meer moet gaan leer.

15 07 22 Riel 79265
Die kontak met die Khoi-leiers het begin toe daar vir elkeen van die aankomelinge ‘n stukke vel om die kop gebind het. Dit is ‘n eerbetoon, een wat nie sommer gebeur nie. Dink maar weer aan die krone van die Engelse adel, dan begin ons besef hoe hoog die leiers hierdie groep rieldansers se prestasie geag het.

15 07 22 Riel 58313
Daarna is rook oor die groep geblaas. Die res van die media het dit nie raakgesien nie, maar hier, linksvoor, sit ‘n man wat rook uit ‘n tradisionele koker blaas.

rook15 07 22 Riel 58316

Hier is die detail. Let op die twee horings – dink maar weer aan die hooftooisel van ‘n aardsbiskop.
Enige een wat al moeite gedoen het om oor die San en die Khoi te lees, sal weet dat hierdie Sjamanistiese gebruik iets baie spiritueels is. Dis ‘n heiliging, dink daaraan dat die Aardsbiskop van Canterbury by Heathrow sou wees om wierook te waai oor die groep Engelse dansers.
Kan julle begin besef wat gister gebeur het op Kaapstad se lughawe?
Daar is twee redes waarom ek geweldig geraak is deur die teenwoordigheid en meelewing van die leiers:
Ten eerste is daar deur hulle die erkenning gegee dat die riel ‘n klein, maar deeglike deel is van die hulle kultuur se baie komplekse rituele danse. Dis al wat al wat ons as Westerlinge in Afrika ken, maar dit is daar. (Ter verduideliking: Om te sê die riel verteenwoordig die Khoi, sal wees soos om te sê Boeremusiek is hoe alle Afrikaanse kuns is.)
Die tweede punt gaan ook oor erkenning: Dit gaan oor die groothartigheid van die Khoi om te sê: Goed, as julle dan hierdie deel van ons erfenis wil bewaar, dan maak ons dit oop vir alle Suid-Afrikaners. Word deel. Let op dat daardie punt deeglik gemaak word in my video-onderhoud met Senior Chief Abré Hector.

15 07 22 Riel 79371

Senior Chief Abré Hector

Video-onderhoud verskyn hier

Terloops, ek het dit met die hoof van protokol bevestig: Hy staan bekend as Senior chief. Hoekom? Want dit is wat ons, sonder die tongklappe, hom kan noem. Ek en jy kan die regte term nie uitspreek nie, laat staan nog lees en spel.

15 07 22 Riel 79387
Ek was baie diep geraak deur die Khoi-leiers se teenwoordigheid. Dit was vir my ‘n spirituele ervaring wat moeilik is om te beskryf.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Dit is hoekom ek Wellington se bod steun

Julie 19, 2015 in Uncategorized

Julle mag vra hoekom ek Wellington se bod steun om Kwêla se dorp van die jaar te word?

wellington

Hier is my redes:

  1. Die ryker inwoners doen geweldig baie vir die arm gemeenskap in om die dorp, maar die armer inwoners werk ewe hard sáám.
  2. Wellington wil vir Kwêla vra om ’n nagskuiling te bou met die geld wat na die dorp toe kan kom as hulle wen.
  3. Die dorp het dringend meer toeriste nodig, wat werk sal skep.

Kyk net wat die dorp reeds doen. Daar is verskeie projekte aan die gang in en om Wellington, ek gaan net op vyf konsentreer, want van hulle weet ek die meeste.

Om hoop te plant

Die ATKV-gesinstak op Wellington doen geweldig baie vir die mense in die omgewing. Een van die projekte is ’n entrepreneurskapkursus wat vir die jongmense aangebied word.

Daar is soveel werkloosheid, dat die ATKV-tak se ondervoorsitter, Tharina Schweidler, besluit het om iets daaraan te doen.

Op 29 September 2014 het die tak 30 leerders van agt plaasskole na Goudini Spa geneem vir drie dae. Hier kon die jongklomp die warm water geniet, maar hulle het ook ’n intensiewe leierskapkursus ondergaan.

Op 7 Februarie 2015 het hulle opleiding in entrepreneurskap begin wat ’n volle maand geduur het. Tharina het die sessies gefasiliteer. Die leerders het weekliks by die Wellington museum byeengekom waar hulle opgelei is in entrepreneursvaardighede, produkontwikkeling, bemarking, dienslewering en finansiële bestuur. Die Suid-Afrikaanse polisie se afdeling Landelike Veiligheid het die leerders weekliks vervoer na en van hierdie sessies.

Dis nie al nie. Die plaaswerkersforum, onder leiding van die Klaas Morkel, het toe hierdie jong entrepreneurs onder hulle vlerk geneem en elke jongmens is deur AgriMark van saad voorsien waarmee hulle moes woeker. Die plaaswerkersforum het toe mentors aangestel om elke die leerder van raad te bedien.

Op 15 en 16 Mei 2015 is die jong mense toe genooi om hulle opbrengs te verkoop tydens die jaarlikse Op ’n Stasiefees. Die feesorganiseerders het vir hulle ’n stalletjie gegee en daar kon die breë publiek koop.

en1

Hier is die entrepreneurs saam met Wellington se burgemeester, Advokaat Gesie van Deventer. (Foto voorsien deur die ATKV.)

Die wenner van die projek was Oscar Fortuin. Oscar het R500 gewen. Tharina het vir hom en die ander wenners elkeen ’n bankrekening oopgemaak waarin hulle geld inbetaal is.

en2

Hier is Oscar by Martelize Brink van RSG. (Foto voorsien deur die ATKV.)

Oscar se skoolhoof, ene Me Swarts, het onlangs vir Tharina geskryf: “Die feit dat Oscar as wenner aangewys is, het van hom ’n ander mens gemaak. Akademies vorder hy baie stadig en as gevolg hiervan was hy baie teruggetrokke. Hy is nou vol selfvertroue en baie hulpvaardig.”

Wat sê Tharina oor hierdie projek? Eenvoudig: “My doel is om hoop te plant.”

Op die Stasiefees

Wellington se fees is anders en uniek. As jy nog nie daar was nie, klim op die trein en gaan kuier. Dis ’n uitstappie wat jou hele gesin sal geniet. Dit vind gewoonlik in Mei plaas.

Die plaaskoor is ’n wenner

Wellington se plaaskoor het onlangs in die Kunstekaap opgetree en daar het hulle as wenners weggestap in hulle kategorie. Dit is nie profesionele musikante nie, dit is plaaswerkers wat elke dag in die wingerde werk, ook wanneer die 40º C is, en dan in die aand kom oefen.

Hierdie koor tree op 19 en 20 Augstus saam met Emo Adams op – gou spring as julle belangstel. Bel die toerismekantoor, want die kaartjies verkoop soos soetkoek.

Steun aan die townshipondernemings

’n Paar maande gelede het Fanie Olivier ’n aantal studente uit Pole gebring. Dié studente bestudeer beide Afrikaans en Engels aan die Universiteit van Poznan. Die Wellington Gesinstak van die ATKV het die groep vir twee nagte gehuisves en getrakteer.

Vir die tweede aand het die voorsitter, Herbert Sills, besluit om nie bloot die Pole nie, maar die hele gegoede gemeenskap van Wellington uit te daag om in die township te gaan eet.

Sills het een van die townshiprestaurante gaan bystaan met die bestuur van so ’n groot aantal eters en ’n baie groot groep mense uit die bodorp het daardie aand vir die eerste keer in die township gaan eet.

Die Breytenbachsentrum

As julle nog nie weet watter ongelooflike werk dié sentrum doen nie, maak seker dat julle die Breytenbachsentrum se nuusbrief kry. Hierdie ouens doen ontsettend baie vir die gemeenskap.

Dis nie net die lanies wat hier kom nie, daar word gedurende die week talle projekte aangebied om arm mense en werkloses se lot te verbeter.

*

Mense. Ek steun Wellington en die werk wat hulle doen.

Elke selfoonnommer kan dertig SMS’e stuur. Dit sal vir jou die prys van ’n hamburger kos.

As jy Wellington SMS na 33157, gaan jy ’n groot verskil help maak aan ’n gemeenskap wat reeds baie vir hulleself doen.

Ek het reeds begin en sal al 30 stemme opgebruik.

Jy het nog ’n dag om jou stem by te voeg.

Help asseblief?

*

Wat kry ek hier uit? FIFA se ouens begin glo by US$10 miljoen. Nee wat, ek is trots op die werk wat Wellington doen, dis hoekom ek dit doen

Maar ek moet erken: Die ATKV het vir my ’n koppie koffie gegee toe ek die ander dag ’n onderhoud met die borrelende Tharina Schweidler gevoer het om meer van hulle werk te hoor.

en3

Hier is Tharina (links) saam met ’n vriendin van haar en Melvina Mason Hearne (regs), die ATKV se projekorganiseerder vir onderwys in die Wes-Kaap.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die ATKV wil jóú liedjie hoor!

Junie 25, 2015 in Uncategorized

Is jy ons onontdekte ster? Is jy die volgende Hunter Kennedy?

atkv l 01

Hunter Kennedy

Loop jy met ’n Afrikaanse liedjie in jou kop? Die ATKV sal dit graag wil hoor!

Aspirantliedjieskrywers word genooi om in te skryf vir die ATKV-Liedjieslypskool 2016. Landswye uitdunne word later vanjaar gehou waartydens deelnemers hul slag sal kan wys.

Deelnemers wat nie ’n uitdunronde kan bywoon nie, kan hul inskrywings pos, of ʼn MP3-weergawe van hul liedjies op ons webblad laai.

Deelnemers kan selfs kies of hulle net hul liedjies wil inskryf vir beoordeling, en of hulle dit self wil sing. Die liedjie sowel, as die uitvoering, sal in laasgenoemde geval beoordeel word.

Beoordelaars tydens die uitdunrondes sluit in: Pedro Kruger, Hemelbesem, Anna Davel, Hunter Kennedy en Bouwer Bosch.

ll h

Hemelbesem

Landswye uitdunne begin reeds in Augustus, en inskrywings vir pos- en digitale inskrywings sluit om 17:00 op 31 Desember 2015. Aspirantliedjieskrywers wat tydens die finale beoordeling deur die paneel kundiges gekies word, wen elk ’n plek by die gesogte ATKV-Liedjieslypskool wat gedurende Mei 2016 by ATKV-Goudini Spa aangebied sal word. Finaliste sal dan ’n week lank persoonlike onderrig ontvang by van Suid-Afrika se beste kunstenaars.

ll m 15 05 21 atkv lied6501

Morné van Staden

Volgens die organiseerder, Morné van Staden, is daar is geen beperking op die aantal finaliste wat elk ’n plek wen nie. “Ons poog dus om hierdie geleentheid aan soveel moontlik talentvolle liedjieskrywers en sangers te bied.”

Uitdunne, voorafgegaan deur promosies by skole in die onderskeie streke, sal opgevolg word met werkswinkels. Deelnemers wat talent toon tydens die uitdunne, sal na die werkswinkels genooi word.

Voornemende deelnemers, landswyd, moet kennis neem van die volgende datums en plekke:

Gariepkunstefees (Kimberley): 28 Augustus (uitdunne) en 29 Augustus (werkswinkel) met Hemelbesem en Bouwer Bosch.

Aardklop (Potchefstroom en Promosa): 2 Oktober (uitdunne in Promosa), 3 Oktober (werkswinkel in Promosa) en 4 Oktober (uitdunne/ “open mic”) met Hemelbesem, Anna Davel en Bouwer Bosch.

Stellenbosch: 16 Oktober (uitdunne) en 17 Oktober (werkswinkel) met Pedro Kruger, Hemelbesem en Hunter Kennedy. Uitdunne en regstreekse oudisies sal ook op MFM gehou word.

Mitchells Plain (aangebied by Cedar Sekondêr): 23 Oktober (uitdunne) en 24 Oktober (werkswinkel) met Pedro Kruger en Hemelbesem.

llp

Pedro Kruger

Atlantis (aangebied by die Toerisme- en Kultuursentrum): 30 Oktober (uitdunne) en werkswinkel (31 Oktober) met Pedro Kruger, Hemelbesem en Francois van Coke

Tydens die werkswinkel sal daar op ‘n  een-tot-een-basis met elke finalis gewerk word om te bepaal wie sal deurdring na die finale ronde. Die finaliste se liedjies sal opgeneem word as demo’s wat sal deel vorm van die finale beoordeling.

llda

Daphne Arendz

Daphne Arendz, wat ’n finalis was in vanjaar se ATKV-Liedjieslypskool, sal tydens sommige van promosies by skole optree om haar eie suksesverhaal te vertel. Daphne se liedjie, Die song wil my nie los nie, is gekies as die amptelike temalied van vanjaar se Liedjieslypskoolprojek, wat by ATKV-Goudini Spa aangebied is. Dit word tans opgeneem deur Anna Davel.

lla

Anna Davel

“Daphne se liedjie is gekies as temalied van die projek omdat dit die talle doelwitte van die projek versinnebeeld,” sê Morné Van Staden.

Volgens Van Staden wil die ATKV met hierdie projek ’n positiewe bydrae maak tot die Afrikaanse musiekbedryf. “Ons wil ook bydra tot die verryking van mense en hul talent en kultuurervarings. Juis daarom het ons besluit om tydens die uitdunne vanjaar ’n mentorprogram aan te bied. Die doel daarvan is om werklik talentvolle liedjieskrywers die geleentheid te bied om individuele opleiding te kry by ’n span kundiges wat sal aandag gee aan aspekte van basiese musiekonderrig en instrumentale opleiding.” Die mentorprogramme, wat dien as voorbereidingsplatform om talent te kweek en voor te berei op die amptelike Liedjieslypskoolweek, word aangebied in samewerking met Solms-Delta onder leiding van Adriaan Brand en sy span van die Musiek van de Caab-projek, sowel as Hemelbesem, die bekende Afrikaanse kletsrymer.

Finaliste sal op Maandag 1 Februarie 2016 aangekondig word, en die amptelike weeklange Liedjieslypskool sal in Mei 2016 plaasvind by die ATKV-Goudini Spa.

Die ATKV-Liedjieslypskool 2016 word aangebied in samewerking met Vrouekeur. Besoek gerus hul webblad (www.vrouekeur.co.za) vir volledige inligting en inskrywingsvorms.

Vir enige navrae, kontak Morné van Staden (mornev@atkv.org.za).

* * *

Kliek hier vir foto’s van die 2015-finaal.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Laerskool Kenridge se Afrikaansweek, 19-25 Junie 2015

Junie 24, 2015 in Uncategorized

Afrikaans kook tans by die Laerskool Kenridge; dit is alles pret en ter verryking van die leerders.
Die laerskool doen moeite om die laaste week van die kwartaal nuttig én prettig te maak. Verskeie temas, selfs Egiptologie, word gedek. Daar was Dinsdag ook ‘n skaap, hasies, pluimvee en marmotte op besoek.
Die grootste, oorkoepelende tema is egter die Afrikaansweek wat op 19 Junie begin het, en die 25ste Junie sal eindig.
Hierdie enorme projek, wat bestaan uit 64 lesings en werkswinkels, bied iets vir moedertaalsprekers en nie-moedertaalsprekers. Hoewel dit deur LAPA Uitgewers gereël is, word skrywers en uitgewers van LAPA, NB, Maskew Miller Longman en Pearson ook betrek.
Ek kon nie almal afneem nie, maar hier is ‘n paar kiekies.
ken0000133 Eldridge Jason, die skrywer van Gerook, is ‘n senior-subredakteur by Son. Hy het verskeie werkswinkels aangebied om kinders meer te laat ervaar van ‘n loopbaan in die joernalistiek.
ken0000127 Hier sit een van die groepe met koerantberigte, reg om te begin werk.
ken0000135 Carina Diedericks-Hugo het praktiese wenke gegee oor die skryfproses. 

Dit was opvallend stil in Carina se sessie, want almal was aan die skryf.
ken0000134 Marieta Nel, die hoof van LAPA se skole-afdeling, het verduidelik hoe Afrikaans oor die jare woorde geleen het by tale soos Nederlands, Portugees, Maleis, die San-, Nguni- en Sotho-tale.
ken0000129 Die leerders in hierdie sessie was moedertaalsprekers en hulle het verbasend baie geweet oor die herkoms van taal en oor sinskonstruksie. (Hierdie ou joernalis en oud-taalkundedosent moes soms mooi dink oor die antwoorde.)

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) word vanjaar 50 en ‘n nuwe weergawe is op pad. Die Woordeboek is deesdae ook volledig elektronies. Jana Luther en Fred Pheiffer, wat albei woordeboekmakers is, het ‘n paar praktiese lesse met die leerders gedoen.
ken0000136 Jana Luther, wat in beheer is van die HAT.
ken0000137 Fred Pheiffer, wat ook betrokke is die HAT.

ken0000131 Hier is die deelnemers wat uitvind woordeboeke is veel interessanter as wat hulle ooit kon droom.
ken0000126 Daar is ook ‘n baie groot boekuitstalling waar allerlei boeke te koop is.

ken0000138 Liesbet Gelderblom,  van LAPA se skole-afdelings, was een van die organiseerders. Sy het ook ‘n aantal werkswinkels aangebied.
ken0000128

Die Laerskool Kenridge is tweetalig. Hulle leuse, wat hier op ‘n deur verskyn is, Elke kind, Elke kans, Elke dag, Every child, Every chance, Every day.

ken0000132

Die skool het ‘n mooi biblioteek.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Om uit te kom

Junie 20, 2015 in Uncategorized

Dis koud. My foon sê dis 6º C, maar die windjie maak die aanvoelbare temperatuur laer. Hier in die Kaap het die son vanoggend eers om 07h50 begin opkom. Die strale is nog nie by ons op die Cape Flats nie.

bbFullSizeRender 3

Ek parkeer om 08:00 die motor by Valhalla Park se openbare biblioteek.  Daar staan van die kinders al. ’n Weldoener het ’n bussie geborg om hulle Paart toe te neem. Hulle gaan die Taalmonument besoek, en hulle gaan kyk na werksgeleenthede in die gasvryheidsbedryf.

Vir ’n oomblik oorweeg ek dit om in die motor te bly sit, maar ek kyk na die kinders en klim toe maar uit.

Dit ís koud. Deksels.

Dis slim kinders hierdie. Hulle het almal die finaal gehaal in die Valhalla Park-streek vir die leeskompetisie. (Hier is die berig oor die kompetisie.)

Ek stap nader.

Die inkommer laat die gesprek opdroog. Ek groet. Hulle antwoord in Engels en ons gooi ’n paar woorde in Brits, maar toe iemand in mooi Afrikaans iets sê oor die koue, toe antwoord ek in Afrikaans.

Die skanse kom af.

Hulle wil weet of ek deel is van die uitstappie. Nee, sê ek. Ek het net gou iets kom aflaai. Maar dit is vir die uitstappie.

Nou is daar stilte, toe vra iemand of ek dalk die mense se nommers het wat die kinders neem? Nee, sê ek weer, maar ek ken vir Reney. Sy werk in die biblioteek en sy gaan saam. Ons moet haar selnommer vra.

Dit raak weer stil. “Nou hoekom staan meneer dan hier in die koue?”

Ek sê ek wag mos, net soos hulle.

“Ja,” sê die een meisie se ma. “Ek kan mos nie my kind hier los nie. Ek loop nie voor ek nie met my eie oë gesien het my kind klim in die taxi saam met die regte mense nie.”

“Is so!” beaam ’n ander ma. Toe, so half of dit nodig is om te verduidelik, draai sy na my toe. “Is my meisiekind, die een. Sy is al wat ek het. Vir haar sal ek sterf.”

Dêmit mense. Moederliefde.

Maar toe gebeur nog twee gesprekke wat my hart weer laat punt trek.

Gesprek 1

Die een ma vertel opgewonde hoe trots sy is dat haar kind juis gekies is vir ’n uitstappie.

Die ander beaam. Toe besing ’n ander ma die lof van die biblioteekpersoneel wat hierdie goed doen en, voeg sy trots by, sy was ook al op ’n uitstappie saam met die biblioteek. Daardie dag het hulle gaan loop in die natuurreservaat om die UWK.

Nou, jinne mense, vir die wat nie die Kaap ken soos ek nie: Die hek van UWK is presies 6,7 km pad af. Ja. Jy het reg gelees. Die uitstappie wat sy onthou, die een wat sy met trots deel, haar eie ontvlugting uit Valhalla Park, was minder as 7 km weg.

Dôner.

Gesprek 2

Reney daag op en ons laai die kos af, wat ’n maatskappy geborg het.

Die personeel ken my, groet my op die naam en gesels met my soos ’n gelyke. Dit moes die ys gebreek het, want toe kom vertel die ma wat bereid is om te sterf vir haar kind hoe trots sy is op hierdie meisiekind: Die kind het al te vore op ’n uitstappie gegaan – daar na ’n hoërskool in Kaapstad waar sy toetse geskryf het, want sy is slim. Ongelukkig was daar ander wat beter punte gekry het. Tog, hulle gee nie moed op nie. Hulle hoop die kind kan hier uitkom…

bbFullSizeRender 4

Wie het ’n miljoen dat ons vir hierdie kinders kan beurse gee na goeie skole toe? Hier sit die helfte van hulle: betyds, slim en boonop mooi ook. Agter is Reney. Dis haar man se verjaarsdag, maar sy gaan saam.

* * *

Ek het vanoggend weer besef hoeveel ek gewoon nie weet nie.

Deksels, man. Armoede is boos.

Net ’n dag te vore lees ek weer hoe een van die Rock girls vertel hoe moeilik dit is om skool toe te gaan as die bendes skiet in Mannenberg. Ons kla vinnig oor geweld, maar ons het nie ’n idee hoe dit is om werklik in ’n oorlogsone te bly nie.

Dit gebeur egter nie net in Suid-Afrika nie. Lees gerus hierdie insiggewende berig oor die werkersklas in die VSA.

* * *

As jou maag nog kan hanteer, hier is ’n artikel oor die lewe in ’n plakkerskamp op Worcester.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Jeugdag? Ngezilimi Abaningi namuhla!

Junie 16, 2015 in Uncategorized

Ngezilimi Abaningi namuhla!

Many languages today!

Baie tale vandag!

atkvhandevat2

Ek is een van die baie mense wat vandag my kop in skaamte moet laat sak en sê: “My kennis van inheemse tale, naas Afrikaans, is gebrekkig.”

Ek praat ’n klein bietjie Zoeloe, maar dis gebrekkig.

Ek verstaan ’n bietjie Xhosa, maar nie veel nie.

Why? Because my black friends have the courtesy to use English when we converse.

The problem is, I want to be multi-lingual, yet my Dutch is better than my Xhosa. Sad. I even have to admit that I’d get better marks in German than in Zulu. Really sad.

That is why I am thrilled that Government is moving to teach more languages at school level, here is an article explaining government’s efforts.

I would certainly support the principle.

Moedertaalonderwys is iets wat baie Afrikaanse kinders as ’n gegewe aanvaar, maar hoeveel ander kan dit in Suid-Afrika opeis?

Ons moet ook versigtig wees dat hierdie geleenthede vir ons kinders nie tot wrywing lei nie. Talle Afrikaanse skole wil nie meertalig word nie – wat beteken dat daar tans baie Afrikaanse skole in Gauteng is met piepklein klassies, terwyl Engelstalige skole uit hulle nate bars.

Ons moet dus mooi dink hoe ons moedertaalonderrig korrek wil beskerm, want moedertaalonderrig is belangrik.

Ons moet begin deur te erken: Uitstekende onderwys in die inheemse tale is moontlik. Ek het vroeër vanjaar berig oor die wonderlike werk wat gedoen word by die Tshiamo Primary School in Vergenoeg, net buite Kimberley. Hierdie kinders se graad R- tot Graad 3-onderwys is in Sotho. Dit is voorwaar ’n modelskool, lees gerus die berig.

Die ATKV was baie nou betrokke by die verbetering van Tshiamo Primary en daarom het ’n persverklaring van  Karien Brits, bestuurder: taalaangeleenthede by die ATKV, my aandag getrek. Sy sê: “Jeugdag [is die] ideale tyd om oor taalregte te besin”.

My eerste reaksie was: Oi! Maar toe sê sy: “Dit is nie ʼn dag waaroor Afrikaanssprekendes graag praat nie, maar daar is dalk ‘n paar goeie taalregtelesse wat ons uit die gebeure van 16 Junie 1976 kan leer.”

Britz erken dat die onbesonne besluit van J.G. Erasmus, Streeksdirekteur van Bantoe-onderrig (Noord-Transvaalstreek), om studente te dwing om Wiskunde in Afrikaans te studeer, baie skade aangerig het. Maar dan moes die kinders in Engels hulle algemene Wetenskap leer. Nie een was die taal waarin hulle gemaklik was nie.

Hier stem ek met Britz saam. Ons moet erken dat taal kan skade berokken, maar die jeug moet weer leer om trots te wees op ons verskeie inheemse tale.

One moet baie versigtig wees om nie Afrikaans weer op ander af te dwing nie. Die ATKV speel in hierdie verband ’n slim spel. By ’n onlangse vergadering met die ANC, het Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-Groep, die volgende gesê: “Die ATKV is gemoeid met taal en kultuur en ons gebruik dit om ‘n diverse nasie te bou en sosiale kohesie te bewerkstellig. En dit is wat ons die meeste van die huidige stand van sake in ons land bekommer. Die ATKV sien die diversiteit van die verskillende taal- en kultuurgroepe in Suid-Afrika as ‘n reuse bate en daarom streef ons na inklusiwiteit.”

Ek waardeer dit van die ATKV. ’n Groot deel van hulle werk het niks met Afrikaans te doen nie, want hulle besef ons taal moet deel wees en bly van die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Dus: Soms wonder ek of Afrikaanse skole nie moet sê nie: “Natuurlik sal ons tweetalig word. Afrikaans en Xhosa, Afrikaans en Sotho…”

Ek is ernstig. Ons moet mooi dink oor tale op Jeugdag.

I kufanele izame kakhudlwana.