Inshitnia se Bullshit-storie kompetisie afskop

Desember 28, 2011 in Sonder kategorie

Elkeen van ons ken ten minste een groot BULLSHITTER;

Of dit nou by die werk is, in jou familie is, of sommer net ‘n kennis wat jy nou en dan raakloop wat wil staan en stront praat met jou.

Daai ou wat jy ten alle koste probeer vermy of jy sal stilstaan en luister na die snert wat hy kwytraak  maar as jy by die huis kom, jy jou gat-af lag vir die Bullshit storie wat hy jou vertel het.

Dan het ons ook die Bullshitters in ons eie parlement waaroor ons baie stories kan vertel nê!

Die ou wat  5vt1 hoog is en lyk of hy anoreksies kan wees en jou vertel hoe hy eendag die shit uit twee ouens uitgeslaan het. Seker nie onmoontlik nie, maar as jy hom ken en weet hy hardloop gewoonlik sy bene af as iemand net skeef kyk vir hom, daai ouens.

Daai mense met wie jy geen gesprek kan aanknoop sonder dat hulle jou sal vertel van hulle eie fiktiewe heldedade waarvan niemand anders weet behalwe hulself nie.

Dink bietjie wat is die beste bullshit-storie wat iemand jou al vertel het en plaas dit op jou blog en kom paste dit hier.

Die beste bullshit storie wen ‘n kontantprys van R250.00

Die sluitingsdatum is die 6de Januarie om 12h:00 middernag

Ja, ek weet dis min geld maar Inshitnia  het geen borge nie so dis  R250 en that’s it!  

So, go for it!

28 antwoorde op Inshitnia se Bullshit-storie kompetisie afskop

  1. louisna het gesê op Desember 28, 2011

    Daai tydddeel-verkopers wat jou waarborg jy het reeds ‘n prys gewen. Dan nooi hulle jou uit na ‘n geleentheid om jou prys in ontvangs te neem.

    Dan is die prys iets soos twee nagte in ‘n hotel waarin niemand ooit sal slaap nie.

  2. Jinne ja, en hulle is so dom, almal ken al die storie en hulle try nog steeds dieselfde bemarkings foefie. Maar dan weer. Dom mense sal daar altyd wees en hulle vang die mense weer en weer en weer.

  3. Ek voorspel Andre’S.Kamer gaan tjoef tjaf n R250
    storie uit sy mou skud. Hier kom n goudmyn.

  4. louisna het gesê op Desember 28, 2011

    Ek het by ‘n bekende motorhandelaar gaan kla nadat hulle produk as “die eerste prys” uitgeloof is onder valse voorwendsels. Toe kry ek ‘n baie mooi “sorry” verduidelikingsbrief van die bemarkingsdirekteur af. Hy deel my toe mee dat hulle hulle totaal en al van die tyddeelbulshitters distansieer.

  5. Nou sien jy. Jy is maar een van die min wat gaan navraag doen het. Ander mense aanvaar net dis alles legit.

  6. elgado het gesê op Desember 28, 2011

    Jy’s brilliant. Lieflike tema. Jong, maar om ok nog geld uit te haal vi mense wat buitendien so graag skryf… 😉

  7. louisna het gesê op Desember 28, 2011

    Ek is seker die moeilikste klient denkbaar. ‘n Lugredery se grondwaardin het my swak behandel. Toe gaan kla ek hoog op en kry ‘n business class upgrade op my volgende trip.

    ‘n Oosterse lugredery bied ‘n trip Phuket toe aan met een nag se gratis oorslaap in Abu Dhabi. Toe moet ons en 16 Suid Afrikaners tot drie-uur die oggend op die lughawe rondhang voordat ons hotel toe geneem is.

    Toe dreig ek met die Internasionale beheerliggaam, haal uit die grondwet aan en dreig die MD. Eindresultaat. Ons en die 16 Suid-Afrikaners kry toe ‘n gratis vliegkaartjie na enige oorsese bestemming wat hulle bedien. Toe is ouboet 16 mense se groot held. Toe hou ons kontak en elkeen deel sy reis met ons op epos.

  8. elgado het gesê op Desember 28, 2011

    Actually I think Google with their “tracking Santa” takes the cake this year – they b.s’d literally millions of kids!

  9. Mag mens een van Malema se toesprake copy en paste vir die kompetisie?

  10. Nee Mr Skim, moenie wil kortpad vat nie. Dit moet oorspronklik wees. Julius Malema is al klaar ‘n copy en paste net as hy sy mond oopmaak.

  11. Adage het gesê op Desember 28, 2011

    Inshitnia – LOL. I like!

    Maar ek dink nie dis nodig dat jy ‘n geldelike prys uit jou eie sak moet gee nie, om ‘n wenner te wees per se is mos genoeg intrinsieke waarde vir mense wat deelneem?

  12. Adage het gesê op Desember 28, 2011

    Objektiwiteit is ‘n positiewe kwaliteit Bruggie, almal behoort daarna te streef. Probeer dit ‘n bietjie, ek sien jy wys graag wenners aan voordat jy almal wat deelneem eens gelees het
    Tsk tsk
    Not nice!

  13. Nee wat ek sal betaal vir ‘n goeie storie ekke.

  14. Is hierdie nou regtig of is dit Bullshit?

  15. louisna het gesê op Desember 28, 2011

    Dit is die volle waarheid. Ons was toe Frankryk en die suide van Engeland toe met die gratis kaartjies.

  16. Julle moet hierdie storie gaan lees asseblief. Modderkoekie in oortreffende trap. Ek het dit twee keer daarna weer gaan lees.

  17. Jirre so iets moet my asseblief tog oorkom. Ek kom nou net terug van Metro Home af. Ek het gordyntjies vir my badkamer gekoop so twee weke terug en toe ek nou die goed wou ophang hier oor Kersfees toe wil die band bo-aan die gordyn glad nie ryg nie want hulle het deur die donnerse toutjies gewerk. Ek was hoog moerig en totaal lus vir ‘n fight. Toe ek nou-nou daar kom wil hulle my vertel hulle kan nie my geld teruggee nie maar sal my ‘n voucher gee. ‘n Voucher? Toe baklei ek en die bestuurder dat jy amper sien hare en tanne waai het. Ek het mos nie die verdomde gordyne met ‘n Voucher gekoop nie. Toe ek hom vra of hy vandag,more of oormore met daai voucher in sy gat wil loop, toe begin ons mekaar beter verstaan en hy betaal vinnig my geld terug. Hy het seker glad nie van die gedagte gehou nie…..

  18. louisna het gesê op Desember 28, 2011

    Mooi so. Moenie terugstaan nie. Ek het nog enetjie. ‘n Franchise visplek bring my vrou se kos een aand nadat ons almal klaar ge-eet het.

    Uiteinde: Die PRO nooi ons gesin na hul hooftak (Menlyn)en trakteer ons on the house (all inclusive) en bied ook ‘n skriftelike verskoning aan.

  19. Ek het n neus vir n wenner, Adage.
    Kies jy jou wenner en werf n juigkommando. Pos ook jou eie skryfsel en dalk sit ek vir jou bo aan my lys.
    Objektieweteit gewaarborg.

  20. Aai, kwaai vrou ! Erg ongemaklik so drie
    dae met in voucher in die alie.

  21. Yip die suster het talent.

  22. avega het gesê op Desember 29, 2011

    http://blogs.litnet.co.za/avega/n-bullshitstorie-se-julle
    My beskeie bydrae, maar moet sê ek het dit iewers gehoor dis nie my eie opmaakstorie nie.

  23. Ek het vandag die koerant opskrifte gesien maar nog nie die storie gaan lees nie, net gedink, “o, shit, hierdie ou het moeilikheid en sommer baie daarvan.”

  24. Die grootste bull is seker dat iemand ‘n prys gaan wen

  25. Nee Rosie, dis die deel wat waar is. Die prys sal definitief betaal word.

  26. ‘n ou storie wat ek afgestof het vir jou kompetisie … http://blogs.litnet.co.za/ludwig/volstruise-kan-vlieg-regtig

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.