My nuwe boek Bloedsusters (wat met ‘n waarskuwing kom, nogal!)

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

Die voorblad van my boek BLOEDSUSTERS, wat vandag drukkers toe is.  

 

Dis die ware verhaal van twee susters van Pretoria, Roelien Schutte en Eileen de Jager, wat misdaadtonele skoonmaak.  

  

Tegnies gesproke maak hulle veel meer skoon as misdaadtonele. Eintlik maak hulle skoon waar mense aan eie hand sterf (selfmoorde en gesinsmoorde en op tonele van dwelm OD’s). Soms moet hulle die oorblyfsels skoonmaak as ‘n hond of kat in ‘n kar toegesluit word (kom lees wat het hulle te se oor Chutney, die arme ongelukkige worshond wie se eienaar hom in ‘n kar by OR Tambo gelos het toe sy oorsee is) en ander kere moet hulle die gemors wegry vir ‘n opgaarder (hoarder) wat saam met ‘n terapeut werk om hul vreemde kompulsie onder die knie te probeer kry.

 

 

 

En as jy al ooit gewonder het of daar ‘n verskil is tussen ‘n plaasmoord en ‘n moord in Sandton, dan is hierdie die boek om te lees.

 

Wees gerus: dis nie net makaber nie, en is vol humor en deernis. Roelien en Eileen het ‘n besondere hegte band, en beskou hulle werk as ‘n manier om hul medemens te help. 

   

Ek dink dis veilig om te se daar was nog nie so boek in Afrikaans nie.

 

 In September by Lapa (www.lapa.co.za) of by enige goeie boekwinkel.

22 antwoorde op My nuwe boek Bloedsusters (wat met ‘n waarskuwing kom, nogal!)

  1. Dankie Celia!

  2. Dankie Flenters.

  3. Baie geluk met die geboorte van die nuweling! Ek hoop die boek sal groot gaan!

  4. Dankie Bileam!

  5. Dit klink na ‘n moet lees om te leer wat niemand van weet nie

  6. Ek is opgewonde oor jou boek!
    Wowgelukwow!

  7. Dankie Lou!

  8. Dit was nogal ‘n eye opener hierdie, News!

  9. veels geluk! Dit klink fassinerend!

  10. avega het gesê op Augustus 16, 2011

    Daar was so film van twee susters wat moordtonele opgeruim het nl. The Sunshine Cleaning Company, waarin Emily Blunt en Amy Adams die hoofrolle vertolk.

  11. Alle sukses ek hoop elke eksemplaar word uitverkoop.

  12. AWESOME!!!!!!!!!!!!!!!!!

  13. inadk het gesê op Augustus 17, 2011

    Interessante boek wat hier oppad is! Sal uitkyk.

  14. Kan nie wag vir September nie, gaan myself bederf vir my verjaarsdag met die ene!

  15. zephur het gesê op Augustus 17, 2011

    Al die boekwurms is nou in ekstase…nuwe boek om te lees

    Geluk met die boek Tannemys

  16. Dankie alle maters! Jip, ek weet van die fliek Sunshine Cleaning Company. Maar wat ons eie sonskynsusters (die bloedsusters) mee werk, is veel meer grusaam as in daai moewie! Ek het die fliek gesien, and now I’ve written the book… 🙂

  17. Dankie alle maters! Jip, ek weet van die fliek Sunshine Cleaning Company. Maar wat ons eie sonskynsusters (die bloedsusters) mee werk, is veel meer grusaam as in daai moewie! Ek het die fliek gesien, and now I’ve written the book… 🙂

  18. Sien regtig uit daarna om dit te lees…sterkte met als.

  19. Hmmm, dis nou iets wat ek sal wil lees. Geluk en mag jou boek in ‘n draaiboek omskep word. Ek love CSI series.

  20. Brilliant stuff – I hope it’s a best seller!

  21. Pussycat44 het gesê op April 21, 2012

    Sjoe, maar jy het darem lanklaas geblog.
    (Pussycat44 a.k.a. Twolips)

  22. waaaa’s jy??

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.