“If a picture paints a thousand words…”

Julie 7, 2011 in Sonder kategorie

“Hoekom blog jy nie?” vra my pel. (Nog ‘n ander pel, Ludi Birk, aka Lodewikus Johannesberger, dink niks daarvan om my vir ‘n tjop te nooi en dan te betig oor ‘n stil blog nie… Die prys wat ‘n enkelvrou darem ook moet betaal vir ‘n tjop. Sug.)

Die antwoord is eenvoudig: ek is tans op ‘n binne-reis. En eerder as om almal te verveel met dagboekinskrywings soos “ek het vandag koffie gedrink” of “ek haat Sondagkoerante” of “so en so is ‘n nare heks”, is ek in ‘n fase waar ek wonder wie wil nou eintlik weet wat in my baie doodgewone lewe aangaan.

Ons almal het ‘n storie, en ek is die afgelope paar maande gekonfronteer deur hartverskeurende stories. Stories wat my stom gelaat het voor ander se pyn, en my woorde vir meer as hulle storie gesteel het. Wat my verhoed het om pienkboekie-blogs te skryf. Maar genadiglik ook gekeer het om ‘n diep, donker geskrif neer te pen, want die lewe is klaar moeilik genoeg vir so baie mense om my.

Drie van my beste vriende het elkeen ‘n ouer verloor in die laaste vier weke, en hulle pyn en hartseer bring weer my eie ouers se dood in skerp fokus. Volgende Dinsdag is dit presies drie jaar sedert ons tragiese motorongeluk waarin my ma dood is, en al weet ek dikwels nie eers watter dag van die week dit is nie, het my siel skynbaar onthou.

En dan is daar nog die land. Die politiek, die bloedige geweld. Die petrolprys, ESKOM se prysstygings presies op die stadium van die jaar wat ons klappertand van die koue, die sukkelende ekonomie, Jewels die joefleader se onbesonne uitlatings, stakings en wat nog alles.

Die koue help ook nie juis die gemoed nie. Of die vingers nie. En my interne termometer en die seine tussen my brein en vingers werk blykbaar eers na 10 uur in die oggend – ‘n baie slegte ding as mens duisende woorde per week moet skryf. Ek was nog nooit ‘n wintermens nie, en elke winter raak vir my kouer, swaarder en langer. Of my geheue vries vas en raak korter…

Maar die gevaar van so na binne leef, hetsy uit keuse (soos ek nou) of weens omstandighede, is dat mens se kop op ver paaie gaan loop. Soms gevaarlik na aan Moedverloor se vlakte waar jou buurvrou dalk net Martie Martelkwas gaan wees… 

Toe stuur iemand vanaand vir my hierdie foto per ‘n e-pos, en herinner my aan Ps. 91, wat my dogtertjie al as sesjarige die Verepsalm gedoop het. Want ek het hulle vertel dat hulle altyd as hulle ‘n veertjie op ‘n plek vind, moet onthou dat God Sy vleuels oor ons uitsprei en ons beskerm, net soos Ps. 91 so treffend beskryf.

Ek glo hierdie foto praat kragtiger as enige hoeveelheid wyse woorde. En dalk het jy dit vandag nodig.

28 antwoorde op “If a picture paints a thousand words…”

  1. beatrixroux het gesê op Julie 7, 2011

    Mooiste, mooi foto. Ek is bly jy is weer op die blog. Ken jou nie, maar as ek so na jou facebook-inskrywings kyk en ander snippertjies wat so hier en daar opduik, dan dink ek hierdie duif is jy met jou twee kleingoed. Hoe gelukkig is hulle nie, want nie net het die Here hulle onder Sy vlerke nie, maar jy het hulle ook onder joune.

  2. Dankie Vlerke! Waardeer jou mooi woorde opreg!

  3. Berwick het gesê op Julie 7, 2011

    Goed gaan, Ilse.

  4. TS het gesê op Julie 7, 2011

    kyk net hoe mooi! Ek het lekker gelees dankie

  5. inadk het gesê op Julie 7, 2011

    Telepatie. Wakker word dink ek aan jou, en wonder wat het geword – en hier is jy met ‘n lekkerlees blog! Mis jou skrywes wanneer jy rustyd vat!

  6. Pragtige skrywe, as ons hulle maar net altyd so onder die vlerk kon hou……

  7. Modigliani het gesê op Julie 7, 2011

    Daai foto is ‘n stunning lewensles.

  8. ludibotha het gesê op Julie 7, 2011

    Dankie vir die bogenoemde skrywe. Dit was salf op ‘n moee, beseerde, aan vlarde siel.

  9. Dankie Berwick!

  10. Hi Two! Sien jy het gister in grotte rondgekruip! Wanneer trek jy Jozi toe?

  11. Dankie Tina!

  12. Hi Ina! Ek sal probeer om meer gereeld te blog. Ek het net baie harde goed geskryf vir ‘n paar maande lank, en dit het my kreatiwiteit getap.

  13. Ek dink as mens hulle wel gewoond maak aan die vlerk, kruip hulle makliker terug eendag, al is dit vir ‘n kort rukkie en al staan ons vlerk dan DOER in die lug weens die reuse kuikens!
    My ma het altyd gese mens wens hulle groot en bid hulle klein!

  14. Is dit nie? Ek wil dit vergroot en laat raam en iewers sit waar ek dit elke dag kan sien.

  15. Kan nie wag nie, Vlieg!

  16. Sterkte vir jou, Dazed. Bly as dit jou gehelp het.

  17. lora2me het gesê op Julie 7, 2011

    Mooi bloginskrywing en allermooiste foto.;)

  18. ludibirk het gesê op Julie 7, 2011

    Lodewikus Johannesburg sal hierdie as ‘n blog-inskrywing aanvaar ‘cos a picture paints a thousand words

  19. Dankie Lodewikus. *nederige buiging* Sodra die koue bietjie lig skuld jy my dus ‘n tjop!

  20. Dankie Lora!

  21. Dankie Flenters! Verfris gou my geheue? Waar het ons ontmoet? Ek praat met so baie mense, en ek is eintlik ‘n gekamoefleerde blondine… 🙂

  22. Ahaaaaa! Nou weet ek! Jy’s ‘n man van vele talente en skryf self baie goed. Nee, daai navraag was vir die boek. Die artikel kom nog. Ek gaan jou weer bel, want die artikel MOET geskryf word in die lig van al die jongste uitlatings. Ek wil die buiteland laat regop steier!

  23. Inderdaad en viva!

  24. Dankie,Tannemys…ek reis ook diep na binne op die oomblik en ontdek dinge en mense daar wat my ook op vele ander paaie neem. Maar bowenal maak ek ‘n sielskonneksie en praat ek en my Sielsgenoot heeldag met mekaar…dankie vir hierdie, en ja, ‘n foto spreek boekdele.?

  25. HeavyHenry het gesê op Julie 9, 2011

    Nice fotie!

  26. Dankie WB!

  27. Dankie Henry!

  28. Beslis, Afrikakind. Hoe gaan dit met die baba?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.