En so lyk my boek se voorblad!

Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie

Taduuuuuuuuuuuuum! Vir die van julle wat my geswoeg, gesweet (en soms geswets) verlede jaar kan onthou om ‘n sekere boek die lig te laat sien, hier is die voorblad. Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee verskyn in Maart by LAPA-uitgewers.

 

Dis die vertellings van ‘n baie uiteenlopende groep Suid-Afrikaners wat oorsee woon – almal vir verskillende redes. Hulle maak hart oop oor alles en nog wat, en aan die einde van die boek was ek beslis nie so seker of dit sissies is wat die land verlaat, of die ware dapperes nie.

Ons voorouers het oor die Drakensberge getrek toe dinge hulle nie meer aangestaan het nie. Deesdae trek mense oor landsgrense heen, maar vir heeltemal ander redes. Daar’s regstellende aksie, die resessie, misdaad, die liefde, beter geleenthede… Met hierdie boek wou ek hoor hoekom pak mens jou lewe op om te gaan oor begin in ‘n ander, vreemde plek. En natuurlik wou ek weet wat ons mense mis, en of hulle dit weer sal doen. Die stories is plek-plek skreeusnaaks, en op ander plekke hartroerend eerlik.”

 

Dis bietjie van ‘n rusbankreis deur die wêreld vir die van ons wie se wanderlust nog nie tot uitbarsting gekom het nie. Dus, sit terug en kom kuier saam in Farnesse, Libië, Haïti, die Midde-Ooste, Hong Kong en nog baie ander plekke. 

6 antwoorde op En so lyk my boek se voorblad!

  1. amydem2 het gesê op Januarie 24, 2011

    ek kyk uit —- verseker!!! 🙂

  2. czardas het gesê op Januarie 24, 2011

    Congratulations. You must be very excited ?

  3. Ek sien uit om die boek te lees

  4. Dankie julle!

  5. Snaaks genoeg, ek werk aan so ‘n boek. Oor mense wat kom Afrikaans word het, spesifiek.

  6. inadk het gesê op Januarie 25, 2011

    Baie geluk! Gaan beslis uitkyk om die boek in die hande te kry!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.