Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

En so lyk my boek se voorblad!

Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie

Taduuuuuuuuuuuuum! Vir die van julle wat my geswoeg, gesweet (en soms geswets) verlede jaar kan onthou om ‘n sekere boek die lig te laat sien, hier is die voorblad. Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee verskyn in Maart by LAPA-uitgewers.

 

Dis die vertellings van ‘n baie uiteenlopende groep Suid-Afrikaners wat oorsee woon – almal vir verskillende redes. Hulle maak hart oop oor alles en nog wat, en aan die einde van die boek was ek beslis nie so seker of dit sissies is wat die land verlaat, of die ware dapperes nie.

Ons voorouers het oor die Drakensberge getrek toe dinge hulle nie meer aangestaan het nie. Deesdae trek mense oor landsgrense heen, maar vir heeltemal ander redes. Daar’s regstellende aksie, die resessie, misdaad, die liefde, beter geleenthede… Met hierdie boek wou ek hoor hoekom pak mens jou lewe op om te gaan oor begin in ‘n ander, vreemde plek. En natuurlik wou ek weet wat ons mense mis, en of hulle dit weer sal doen. Die stories is plek-plek skreeusnaaks, en op ander plekke hartroerend eerlik.”

 

Dis bietjie van ‘n rusbankreis deur die wêreld vir die van ons wie se wanderlust nog nie tot uitbarsting gekom het nie. Dus, sit terug en kom kuier saam in Farnesse, Libië, Haïti, die Midde-Ooste, Hong Kong en nog baie ander plekke. 

‘n Nuwe jaar en planne vir hierdie blog

Januarie 18, 2011 in Sonder kategorie

My blog gaan ‘n bietjie anders lyk in 2011. Dit sal voortaan gekoppel wees aan die Rooi Rose-webwerf, en dus net in Afrikaans. Maar die inhoud gaan steeds so wyd soos die Heer se genade wees! Van ‘n reeks oor alledaagse besparings tot sake van die dag, inspirerende mense en idees en enige iets wat mag opduik op die 2011-radar. Sodra ek bevestiging gekry het dat die skakel op die web is, skop ons af met die eerste “blog-artikel” vir julle en Rooi Rose lesers.

To all my English readers: please stay tuned! I am working on another idea for those of you who really can’t understand a word of Afrikaans. Thanks for all your support and friendship so far!