Die biker’s bar langs die ouetehuis…

November 19, 2010 in Sonder kategorie

… is die nuwe toevoeging tot ons buurt. En dis nogal ‘n grend aftreeoord! Nou wonder ek net wie by sy volle verstand pak SO ‘n besigheid reg langs ‘n ouetehuis aan.

Ek bedoel: gaan hulle spesiale Zimmerframe-byeenkomste hou?

Die naam is ironies genoeg Bottle & Throttle. Ek dink die oumense gaan die ouens met die bottels wil throttle…

20 antwoorde op Die biker’s bar langs die ouetehuis…

  1. Haai dis nou nie nice van jou nie. Dink aan die ou anties. Lekker gespierde stuk mansmens op sulke blink wiele. En nou kla julle. Gun die anties darem nou en dan ‘n bietjie lekkerkry!

  2. Sal so oor amper 10 jaar reg wees vir ‘n ouetehuis. Klink na die regte plek vir ‘n biker soos ek om af te tree. Hoe ouer jy raak, hoe korter wil jy ry. Solank jy net die “gear” kan aantrek en die enjin kan “start”. Die ou voel dalk dat hy ‘n niche mark kan addresseer – vir ou bikers wat nie meer so ver kan ry nie. “Bikers Bikers – net om die hoek”.

  3. Bwahahahahaaaaaaaaa!

  4. As jy die ou sien wat daar rondhang, gaan jy my skeptiesgeit verstaan. Ek dink die bike waarop hy kan sit, moet nog gebou word. Hy kan enige bekende maak platsit met een sitslag. So, ek twyfel of hy self ‘n biker is. Hou dalk net van die image.
    So, Pannevis, moet ek vir jou die adres laat kry dan koop jy solank jou huisie? 🙂

  5. Ek sal daar gaan sit met my zoom-lens.

  6. Dan bly jy loopafstand van my af, 2Lips!

  7. Wel ek reken die die Grannies wat die grypwerk gaan doen. Oupa jaag nog die bokkie agterop met sy Zimmer. Ooit a gesuipte outop ‘n jong lat sien jaag met sy loopraam?

  8. Of dalk “wheel ‘n poppie”?

  9. OK my sense of humour gets the better of me here, remeber a song an Afrikaans friend taught me long ago… ( to the tune of “froggie went a courting” )

    Die Kerk en die bar is langs mekaar
    ahum

    Die Kerk en die bar is langs mekaar
    ahum

    Die Kerk en die bar is langs mekaar
    n sent vir die Kerk en n rand vir die bar
    ahum ahum ahum

  10. hahahaaha. Die kerk is inderdaad net ‘n blok weg!

  11. Oe, maar julle twee is snaaks!

  12. Jong wie sou nou so kon raai 🙂

  13. Ek is dan so naby die “antie” era in my lewe dat ek juis saamstem!!

  14. WOnderful song. Groep Twee se moses.

  15. en die kluts kwyt?

  16. Pfffrrt. Skuus?

  17. I was naturally taught some very naughty verses to this ( not to be repeated here) but would love it if someone could remember all the words ?

  18. DV, mors jy al weer die staat se geld hier op my blog??? HMMMMM???

  19. zephur het gesê op November 19, 2010

    Op ‘n goeie dag is daar seker so 10 ou mense daar binne…

    ek wil daar aftree…

  20. Ek sal vir jou die adres stuur, Zep!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.