Uit die mond van die suigeling

November 18, 2010 in Sonder kategorie

My seun laat my altyd lag. Hy kyk nou weer na ‘n sekere sangeres wat haar eenkeer-by-Skouspel vertoning doen (sy is nog net een maal genooi, en nooit weer daarna nie. Nou kry sy haar kicks uit treur oor haar man wat haar verlaat het. Hulle lewe weggesnuif… agge, ek bedoel, weggeGOOI!)
 
Die sangeres draai en swaai en tiekiedraai en twirl vir ‘n vale – sy was glo eintlik ‘n danseres voor sy ‘n sangeres geword het, en ‘n TV-aanbieder – terwyl sy sing vir ‘n vale van hoe sy net wil LEEEEEEEEEEEEWE. (Dan is daar sulke sound effects a la Cher – jy weet, daai sing-in-‘n-bottel tipe klank – en dan begin die hele affere van vooraf. Sing, swaai, draai, LEEEEEEEEEEEEEEEEEEEWE…)
 
My 8-jarige seunskind sit die saak so en kyk, en laat droogweg hoor: “Miskien moes sy eerder ‘n dominee geword het. Dan het sy nie nodig gehad om te dans of te sing nie, want sy is nie baie goed nie.”

5 antwoorde op Uit die mond van die suigeling

  1. X-Rated het gesê op November 19, 2010

    Mens hoor soms by hulle juis die grootste waarhede juis omdat hulle nie eers al hulle woorde opweeg soos ons nie! Maar baie, baie skerp!

  2. Plesier, ou dier!

  3. Jip, hy is nogal snaaks. En baie skerp.

  4. Met die klem op DOM?

  5. hahaha. Terwyl jy nou resepte van appelgebak moet rondstuur, stuur asb vir my ook een. Ek hou nogal van appelgoete!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.