Is Afrikaans nie mooi nie?

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Kyk wat skryf Amanda Strydom vandag op haar FB-profiel:

“Vader God,U ken my naam. My binnegoed en buitestaan. My grootpraat en my klein verdriet. My vashou aan als wat verskiet. U ken my vrese en my hoop,die pad wat ek so kaalvoet loop. Die pad het U lankal berei,U maak die pad gelyk vir my. Alle pelgrims keer weer huis toe. Elke swerwer kom weer tuis. Ek verdwaal steeds op die grootpad,soekend na U boardinghuis.”

7 antwoorde op Is Afrikaans nie mooi nie?

  1. Sjoe….dis mooi!!!

  2. Agge nee wat. Dis oulik en als, maar hierdie ruk nie my stukkie aarde nie. Net ‘n effe meer byderwetse Eitemal sonder sy wysheid. Maar ek stem wel saam dat Afrikaans ‘n pragtige, heerlike speelse taal is. Dis net nie vir my ‘n goeie voorbeeld nie.

  3. malma het gesê op Oktober 13, 2010

    Afrikaans is ‘n pragtige taal veral in vers.
    Hoop dit gaan goed met jou, Tannemys.

  4. En jy is nog steeds sinies, Mr Vark? Long time no speak! Hoop dit gaan goed!
    Hierdie was vir MY baie mooi, maar ja, dit gaan nie noodwendig met almal praat nie.

  5. Dit gaan goed MM, maar ek het so flippen hard gewerk dat ek selde ‘n draai in Blogville kon maak. Hopelik is ek van volgende week af weer daagliks hier om julle te volg. Bly om te sien jy is steeds hier en het nie na ‘n ander forum verdwyn nie!

  6. Nogal ne, Silly. Hoop dit gaan goed!

  7. Dit is inderdaad so.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.