Uiteindelik terug by die huis!!

Oktober 3, 2010 in Sonder kategorie

Na amper drie weke van net ‘n nag of twee in my eie bed slaap, is ek BAIE bly om tuis te wees en te weet ek is hierdie keer hier vir ‘n hele paar weke aanmekaar. Eers was daar Rooi Rose se jaarbeplanning van vier dae, toe ‘n troue op ‘n plaas naby Wolmaransstad (2 dae), daarna ‘n dag Bloemfontein toe vir werk vir die UV en toe vier aande by die huis. Toe Aardklop toe vir 5 dae (darem gewerk ook daar) en daarna Sun City toe vir Skouspel vir twee dae. (Dit was nie werk nie, wel my kinders se persent om te probeer opmaak vir die afgelope twee harde jare se soetwees tydens moeilike, uitdagende krisisse.)

Nou’s ek terug, en wag die deadlines. Agt artikels om binne die volgende 7 dae klaar te maak, plus twee ekstra hoofstukke vir my boek. Die uitleg begin vandeesweek, so boek is bo-aan die agenda. Hopelik is dit vroeg November op die rakke. Sal julle op hoogte hou!

8 antwoorde op Uiteindelik terug by die huis!!

  1. jeanihess het gesê op Oktober 3, 2010

    Net groet:))

  2. Dankie Ghaap! Jip, as ek nie werk nie, kry ek nie geld nie. Eendag as ek groot is wil ek op iemand se payroll wees…

  3. Hi J! Jy nog in die buiteland?

  4. Jip, ek dink ek moet vir jou kom kuier in Durbs.

  5. zephur het gesê op Oktober 4, 2010

    Tannemys jy is te besig vir een mens…

    asem in asem uit…

  6. Ek was glo een van ‘n tweeling, Zep. Die ander een het skynbaar net na bevrugting mal geword en gehardloop. Ons soek steeds….

  7. Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010

    sterkte!

  8. I understand a little afrikaans, enough to glean that you’ve been busy,busy,busy again, Tannemys. Take care. Hugs to you.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.