Jy blaai in die argief vir 2010 September.

10 redes om Aardklop te besoek (volgens die persvrystelling, en ek stem saam!)

September 23, 2010 in Sonder kategorie

Volgende week gaan ek Aardklop toe. Hiep, hiep, hiep en ‘n hoera! Hoekom? Omdat dit lekker is. Omdat jy nie sal verstaan as jy nog nie in die middel van ‘n weeksdag na ‘n wonderlike produksie sit en luister of kyk het nie… Omdat daar iets vir die kinders.Omdat mens se siel weer sy Afrikaanse wortels vind by so ‘n fees.

 

Hieronder is die amptelike persvrystelling oor die tien redes hoekom Aardklop ‘n besoek werd is. Net vir ingeval jy nog wonder…

 

1. Vir Gautengers lê Potchefstroom net om die draai. Vir feesgangers van elders sal dit meer as die moeite werd wees om die reis aan te pak. 

 

2. Om te lag is goed vir jou gesondheid. Drie splinternuwe kort komedies is vanjaar te sien: Draaijakkelse het dit oor rugbykoors en ander koorstighede; Goeie Giel! het dit oor testosteroon versus platformhakke in die stryd van die ekse; en Skollies maak ’n draai in die tronk waar ’n koekeloerder en ’n roofkyker saamgegooi word. ’n Jong dominee word oorval deur potensiële pastoriemoeders in Die proponentjie, terwyl ’n voorstedelike (en besonder vermaaklike) burgeroorlog ontketen word in god van chaos. Koes vir die appeltert!

 

3. Stof tot nadenke. Om maar een enkele tema uit te sonder: mag en die misbruik van mag. In Magspel gaan haal Deon Opperman voorbeelde uit die geskiedenis aan die hand van Machiavelli en die De’ Medici’s. Marlene van Niekerk fokus op die hier en nou van Suid-Afrika in Die kortstondige raklewe van Anastasia W en daar word hard geslaan met woord en musiek.

 

4. Vooraanstaande Engelse teatermakers wat kies om by Aardklop te debuteer. Van Mike van Graan se swart komedie Is It Because I’m Jack? en Magnet Theatre se Autopsy tot by Annelisa Weiland en Vanessa Cooke wat die lagspiere kielie met Slap Koejawel [adj. SLACK noun GUAVA] and Other Tit Bits.

 

5. Die lewe is ’n lied. Tientalle gewilde (en uiteenlopende) sangers kom sing hulle hart uit, maar Konsertina 11430 vertel ’n eiesoortige verhaal van ’n Wheatstone-konsertina wat klanke van volksliedjies tot ’n David Kramer-keurspel laat opklink.

 

6. Boeke, banke en belangrike gesprekke. Soos altyd is die Rapport Boeke-oase amper ’n fees op sy eie wat die woord vier. Gaan kuier Op die Rooi Bank vir lekker kos, wyn en skinderpraatjies en spring vroeg uit die vere vir die Diskoers-gesprekke met uitstaande sprekers. Dinsdag tot Donderdag se gesprekke word regstreeks uitgesaai op Praat saam.

 

7. Betowerende klassieke musiek. Kies die instrument wat jou die naaste aan die hart lê: hetsy stem, viool, klavier, akkordeon, orrel of tjello.

 

8. Kinderproduksies wat nie nalaat om ’n boodskap of twee oor te dra nie.

 

9. ’n Visuele toer van die kunste. Knyp tyd af in ’n besige program om kuns te kyk: van feeskunstenaar Angus Taylor se tydelike publieke beelde tot pryswenneruitstallings.

 

10. ’n Vrolike feesterrein waar jy kan koop na hartelus, ietsie te ete en te drinke kan kry en gaan loer wat aangaan by die Huisgenoot Musiekplaas.

Kliek op www.aardklop.co.za vir al die inligting wat jy nodig het.

 

A real man

September 17, 2010 in Sonder kategorie

Got this via e-mail. Don’t have a clue who wrote it, but isn’t it true?

 

 

A real man is a woman’s best friend. He will
never stand her up and never let her down.
He will reassure her when she feels insecure
and comfort her after a bad day. 

 
He will inspire her to do things she never
thought she could do; to live without fear
and forget regret. He will enable her to
express her deepest emotions and give in to
her most intimate desires. He will make sure
she always feels as though she’s the most
beautiful woman in the room and will enable
her to be the most confident, sexy,
seductive, and invincible. 

 
 No wait… sorry…. I’m thinking of wine.
It’s wine that does all that . . silly me. . .
Never mind.
     

  

Besig, besig, besig!

September 15, 2010 in Sonder kategorie

Die hele Rooi Rose-span is vir ‘n paar dae saam op ‘n pragtige plek ‘n klipgooi van Johannesburg om 2011 se tydskrif te beplan. Ja, dis hoe die tydskrifbedryf werk. Ons werk drie maande vooruit (as ‘n reel) en die November-uitgawe gaan reeds volgende week drukkers toe.

Op hierdie konferensie beplan ons die maandtemas, praat oor wat werk, wat nie werk nie, waarvan ons wil lees, wat ons nooit weer moet doen nie, ensovoorts. Vier dae van baie intense dinkwerk, maar ‘n wonderlike span kreatiewe kollegas. Ek dink ek het die beste werk in die land!

Vrydag hou die Caxton-groep die jaarlikse Caxton Excellence Awards, en Rooi Rose doen normaalweg baie goed daarin. (Ons ding dan mee teen al die ander tydskrifte in die groep, van Farmer’s Weekly tot Woman&Home. Engels teen Afrikaans, landbou teen vrouetydskrif, maak nie saak nie.) Dis wonderlike erkenning deur mens se “peers”. En ook van jou base. En werk ons nie tog maar almal vir erkenning nie?

Praat weer!

Stouterige grappie

September 9, 2010 in Sonder kategorie

Eintlik moet ek werk. Nou het ek natuurlik drie triljoen goed wat ek eerder wil doen. Soos blog, of op die blokkiesboek rondblaai en inloer in mense se privaatlewens.

Anyhoe, gister staan ek op met die moeder van alle migraines. Maar ‘n vryskut kry net geld as sy werk, en ek het dus nie ‘n keuse nie. Drink die pil vir die kop, en tref die spitsverkeer Pretoria toe. Raak halfpad so vaak dat ek moet sing om myself wakker te hou. (My motor se radio het ‘n los draad wat die &^%$#@! mekanieks nie met die laaste diens kon/wou raaksien nie.) So arriveer ek sing-sing by die funksie waar ‘n vrou o.a. BAIE lelik sing. Maar laat ek daaroor nie te veel se nie… Die mense het glads vir haar hande geklap. Ouch! My kop pyn so dat my tande pyn met die eerste hap van my vrugteslaai.

Drie ure later, kop effe beter maar voel steeds soos iets in ‘n baie styfgedraaide vice grip, doen ek ‘n onderhoud met (namedrop, namedrop) Moeletsi Mbeki. Einste die vorige president-in-exile se broer. Wat ‘n fassinerende man! Maar nie eers sy vriendelike vrolikheid en ongelooflike IK kan my smart verlig nie. Ry huis toe, word gelawe met rate deur my kinders en vriendin Jackie, wat intussen die twee fillistyne by die skool gaan haal het.

Sleep my deur die res van my dag soos die spreekwoordelike sprinkaan, of waarvan ookal Spreuke skryf.

Dreig die kinders met nare goed – onterwing werk nie, ek het niks – dat ek 9 uur in die bed MOET wees. Al is ek al weer so ver agter met Rooi Rose se artikels dat dit amper voel of ek vir volgende jaar se uitgawes skryf.

Slaat klokslag om 9 in my bed neer. Kloppende hoofpyn het darem afgeneem. Soos ‘n 5.1 aardbewing effens ligter is as ‘n 5.2 ene…

Toe tref vriendin Sophia Kapp (skrywer, aarts-sinikus en akademikus) se SMS my foon, en ek lag dat die beklemming om my kop summier breek. Dalk ken julle hom, dalk nie. Maar dit was ekstra snaaks omdat dit van Sophia af gekom het:

“Die polisie het my gebel. Se my hond het ‘n swarte op ‘n fiets gejaag. Ek se: kak man, my hond het nie eers ‘n fiets nie!”

Ekstra snaaks omdat ek ses honde het, en hulle net kan picture op ‘n fiets.

As jy nou ‘n snorklag gehoor het, dit was (weer) ek…

Ietsie BAIE snaaks – vir alle vroue wat al gesukkel het met harige bene en wax

September 7, 2010 in Sonder kategorie

(Maar dis NIE uit my eie pen nie. Ek het nie ‘n idee wie dit geskryf het nie, het dit via e-pos gekry. Dis nou vir ingeval julle dink dis oor myself – het dit via e-pos gekry!)

 

Waks se maai, Skeermes is koning

My aand was doodgewoon. By die huis gekom, kos gemaak, kinders laat bad en in die bed gesit en manlief voor die TV gelos om sy Discovery in vrede te kyk. Besluit dat dit vir die volgende uur “my-tyd” is en dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet aanpak anders lyk ek soos ‘n bosbobejaan en kan ek nie die naweek swem nie.

Gryp toe die boks “koue waks” en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou wees? Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met waks in die middel – amper soos ‘n toebroodjie, wat jy dan warm vryf, oop trek en teen jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af (en skree natuurlik soos ‘n maer vark) “no mess, no fuss”. Ek glo ek verstaan die instruksies en dit is mos darem deur ‘n vrou uitgevind en baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op ‘n daaglikse basis, so ek sal dit sommer tjop tjop onder die knie kry. (Yea, raaite.)

 

Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg kry nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal net marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie. Natuurlik! Die haardroer! Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar raak. Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is…

Raait, daar is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af,
plak die slymerige, taaierige storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my tande en tjjjjj trek hom af. Kon erger gewees het. Ek is trots op myself dat ek so oulik is en sien sommer hoe glad my bene en die res die naweek gaan wees. Manlief is juis so liefdevol as ek mooi glad is. Ek het die prosedure nou mooi onder die knie en vorder fluks.

Nou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie. Ja man, dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die boude en die res wat dril soos rofies in die army, jy verstaan? Maak toe die spieël staan op die toilet, staan in my Eva’s gewaad voor die spieël en lig my voet teen die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan bykom. Plak die strokie van Paragwaai al die pad tot by Holland , al op die bikini lyn (nie dat ek ooit dood in ‘n bikini gesien sal word nie).

Ek het besef dat hierdie deel van die operasie seer gaan wees en het die waks nie so warm gemaak soos die ander nie. Ek wil tog nie in die hospitaal beland met 3de graadse brandwonde aan my kwas nie! Wat sal die mense se en hoe kyk ek die dominee daarna in die oë. Ek staal myself, vat die strokie styf vas en ruk.

Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis
hond seer! Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad
afgetrek. Foooooook. Daar sit die res dan nog. Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!! Ek doen die hoender dans, die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons onder die arms geskeer het en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in die gesig en met my asem wat jaag bestudeer ek die waks strokie om te sien of ek darem al die hare gekry het.

Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Neeeeeee … Geen hare, geen waks! Nou waar de hel is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos ‘n volstruis wat sy kop in die sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar sit die hare steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die waks strokie te sit.

 

Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar, want daar, op my mees privaatste plekkie- kie, waar ek nie mooi kan bykom nie, daar sit die waks.

 

Sonder om te dink haal ek my voet van die bad se kant af en stamp hom hard op die vloer terwyl ek vloek soos ‘n matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie amper my tong in toe my kwas en wangetjies mekaar omhels.

 

Jip, daar staan ek toe, toegeplak van Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in my groottone. Hoe nou gemaak? Ek loop soos ‘n Pikkewyn op en af voor die wasbak terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou ‘n illegal occupant moet
evict nie, want anders sal die kompressie waarlik my kop laat bars.

 

Dink Lolla, dink!

 

Ek kry ‘n blink plan, gryp die haardroër en begin blaas. My oë traan van die blow wave, maar heel laas, die waks wil niks weet van smelt nie. Miskien moes ek langer uitgehou het, maar ‘n mens kan ook net soveel warm wind DAAR hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water?

 

 

Ek probeer eers warm water met die stort kop (waarmee jy jou hare in die bad was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe maar die bad vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers die gevangenis op Robin Eiland so gemartel is nie. Wel, die enigste ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou privates wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad vassit terwyl jy so rooi soos ‘n kreef verkleur en jou brein vir jou bly skree “STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK”.

 

 

 Ek leer toe op die harde manier dat warm water nie “koue waks” smelt nie. Back to square 1.
Ek loer om die badkamer deur (wil nie he manlief moet my so sien nie) en waggel dan kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel. Raait, wie bel ek nou? My ma stoot wolke rond, my tante het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark. Anyway, wie? My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en wonderful goed en ken al die boererate onder die son.    Skoonpa antwoord en ek praat hom sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar stem. Ek wil sommer huil van blydskap. Sy sal kan help. Ek hakkel so effe, maar vertel haar van my dilema. Stilte….. steeds stilte. Ek begin net wonder of my foon sein verloor het toe ek haar hoor lag. Sy lag so  dat sy nie met my kan praat nie.

 

Eers lag ek saam, dan raak ek vies.

Sy hou op lag, maar ek kan aan haar stem hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat se die boks? wil sy weet. Wat se die boks? Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in ‘n virgin te verander nie.

Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die ander kant proes. Skoonma ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is ‘n botteltjie olietjies om die “ekstra waks” mee te verwyder. Ek wil sommer my eie gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma gebel het nie,want nou gaan die hele familie weer die storie van Lolla se toegeplakte kwas hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor nie .

Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en
smeer liberaal van die “olie” aan. My oë traan, my neus loop, my ore is toegeslaan en my kwas is dood, letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!!!

Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind you, my lewe hang daarvan af. My bene voel soos jellie, my hart klop asof ek sopas ‘n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is steeds daar….. Flippen hel!!! Dis nou genoeg.

 

Bogger dit. Ek gryp die skeermes en skeer dat jy net hare sien waai. Hoop nie ek skeer myself raak nie, want op hierdie stadium is my kwas en omliggende dele so dood dat ek my eie been sal afsny sonder om dit te voel.


Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk aan om behoorlik daaroor te besin voor julle begin.
Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare te sit?
I THINK NOT!

 

Wat my uitgewer gese het met die eerste lees van my boek…

September 7, 2010 in Sonder kategorie

“Dit is lekkerlees. Ek dink die boek sal goed werk.”

 

Nou kan ek rustig my naels laat teruggroei! Whoopie!!!!

 

For my English-speaking fans: her e-mail basically said she thinks it will work, and it is a nice read! Now to get my nails to grow again!

 

In all seriousness: a big THANK YOU to God, who entrusted me with the talent, and who helped me write it all in one chaotic month

 

 

Taddddddddduuuuuuuuuuuuuuuuuum!!!

September 5, 2010 in Sonder kategorie

At flippen last! 56 000 words off to the publisher tomorrow morning first thing.

I went to Dunkeld Estate outside Dullstroom last week (courtesy of Ludi and Jackie Birk, my good friends) to go and tie up the loose ends. Took my little boy with, and my friend Cornelia and her two toddlers. She kept me company in between writing, entertained the kids and cooked. Zoe stayed with Ludi and Jackie, and finally, oh, finally, I can say “the manuscript is in the mail”.

Actually, I can say “Please find attached”…

Can’t believe I actually did it. Produced 56 000 words in one month!

Absolute Grace from God, because it was a month I don’t want to remember. LOTS of problems with my kids caused by their alcoholic dad. Both are in therapy again. Both broke down at school and cried and cried and cried. School called me in in both cases. It looks like we have reached the stage in their relationship with their dad where a court will have to decide if he has a role to play in their lives at all.

But that is just an aside. For now, I’m gloating (just a bit) and tired (a lot).