Spesifikasies vir pype

Augustus 3, 2010 in Sonder kategorie

So tussendeur my navorsing vir my boek kom ek op snaakse goed af. Soos hierdie een, wat ek gevind het op een van Ons Dorp (die webwerf) se nuusbriewe. Geniet! (Terloops, ek het nog 26 500 woorde om te skryf. Minstens…)

1. Alle pype moet in die vervolg gemaak word van ’n lang gat en omring word met metaal, koper of plastiek, gesentreer rondom die gat.

 

 

2. Alle pype moet oor hul hele lengte hol wees – moenie gate gebruik wat verskil van die lengte van die pyp nie.

 

 

3. Die binnemaat van die pyp moet nie die buitemaat oorskry nie, anders gaan die gat aan die buitekant van die pyp sit.

 

4.  Die pyp word met die gat leeg verskaf sodat water, stoom en ander goed later daarin gesit kan word.

 

 

5. Alle pype word gewoonlik sonder roes verskaf, dit kan altyd maklik op die werksterrein bygevoeg word.

 

Nota: Party verskaffers lewer nou geroeste pype af. Indien beskikbaar in jou area,word die produk aanbeveel aangesien dit baie tyd spaar op die werksplek.

 

 6. Alle pype langer as 1,5 m moet duidelik die woorde LANG PYP opgeverf he op elke sy en aan elke punt sodat die kontrakteur kan weet dis ’n lang pyp.

 

7. Pype langer as 3 m moet die ook die woorde LANG PYP in die middel geverf he sodat die kontrakteur nie die hele lengte van die pyp hoef af te tree om te sien of dit’n lang pyp of ’n kort pyp is nie.

 

 

8.Alle pype met ’n deursnee van meer as 1,8 m moet die woorde GROOT PYP daarop he sodat die kontrakteur dit nie met ’n klein pypie kan verwar nie.

 

 

9. Wanneer daar 90 of 30 grade buigings in pype benodig word, onthou om spesiaal daarop te let om linkerhand- of regterhand-pype te spesifiseer – anders kan jy dalkpype in die verkeerde rigting aanle.

 

10. Met die aankoop van pype, maak seker jy spesifiseer gelyk-, opdraand- of afdraandpype. As jy ’n afdraandpyp in plaas van ’n opdraandpyp bestel, gaan diewater in die verkeerde rigting vloei.

 

11. Verskillende lengtes pype kan aanmekaar gesweis word. Dit word egter nie aanbeveel vir sement- of asbespype nie.

 

12. Pype wat korter as 13 mm is word nie as ekonomies beskou nie weens die baie laste benodig. Sulke kort pype staan ook bekend as wasters.

2 antwoorde op Spesifikasies vir pype

  1. inadk het gesê op Augustus 4, 2010

    Ek hou van nommer drie – dalk is daar meer as pype met die gate aan die buitekant! Kostelik

  2. zephur het gesê op Augustus 4, 2010

    LOL loodgieter se notaboek

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.