OBE: Would the one’s responsible please stand up?

Julie 13, 2010 in Sonder kategorie

Jonathan Jansen in vandag se Burger.

Die argitekte van UGO het nou skielik verdwyn
2010-07-12 20:23

As die rampspoedige gevolge van uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) op die televisie uitgebeeld kon word soos miljoene siek en sterwende kinders, sou ons met afgryse vervul wees oor die uitwerking van hierdie verderflike proefneming.
Maar aangesien onderwys-letsels nie onmiddellik waarneembaar is soos dié van ‘n gesondheidskrisis nie, maak ons niks van die ramp wat uitkomsgebaseerde onderwys oor ons kinders gebring het nie.

Die leuens, huigelagtigheid en skreiende oneerlikheid van politici en vakbondleiers nadat die minister van basiese onderwys, me. Angie Motshekga, die vanselfsprekende aangekondig het – naamlik dat UGO dood is – was enersyds vermaaklik, andersyds verontrustend. Mnr. Kader Asmal het aan ‘n koerant gesê dr. Blade Nzimande moet die blaam dra, nie hy nie. ‘n Vooraanstaande figuur in onderwysgeledere het ontken dat hy die vader van UGO is; dit was iemand anders. ‘n Beampte van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het ook op die lawaaiwa gespring en gesê sy organisasie was van meet af teen UGO gekant. Genade! Dit het my herinner aan die NP-politici in die middel van die jare 1990: Nie een van hulle het ooit apartheid gesteun nie. Die feit is, UGO was die ideologiese projek van die ANC-regering.

Maar wat is die minder sigbare letsels van UGO? Ek kan aan ses dink.

Een, die geldelike koste vir die land.

Honderde miljoene rande is bestee aan die opleiding van onderwysers, die ontwikkeling van onderwysmateriaal, die opleiding van kurrikulum-fasiliteerders, die gebruik van internasionale kundiges, die uitvoer van duur hersienings en evaluasies, die skryf en herskryf van konsep-leergidse, die reël van massa-konferensies, ad infinitum.

Twee, die geleentheidskoste, naamlik die dinge wat ons in die afgelope 12 jaar kon gedoen het om deurdag en metodies ‘n nuwe skoolstelsel op ‘n sterk grondslag te vestig. Dié gulde geleentheid is onherroeplik verby, omdat die geld en die geesdrif doodgewoon tans skaarser as destyds is.

Drie, die motiveringskoste. Die beginjare van ons demokrasie is deur opwinding en verwagting gekenmerk; die stelsel was gereed en ontvanklik vir verandering. Onderwysers het besef dat die apartheidskurrikulum vervang moet word, en hulle het hulself op verandering voorberei. Hoewel onbeholpe, het talle UGO verwelkom as die kuur vir apartheidskennis.

Nou sal hulle ons nie weer so geredelik glo nie. Professionele onderwysers is afgemat, en talle voel hulle is mislei.

Vier, die regskoste. Een van die mites oor dramatiese kurrikulumveranderings is dat ‘n senior woordvoerder, soos ‘n minister, bloot ‘n aankondiging kan doen en die kurrikulum verdwyn eensklaps. Die probleem is dat UGO nou gevestig is in die bewussyn van die meeste van ons onderwysers. Dit sal nog baie jare ‘n negatiewe uitwerking hê op wat onderwysers en leerders in der waarheid in hul klaskamers doen.

Vyf, die ekonomiese koste. Al hoe minder studente, met of sonder naskoolse opleiding, kon daarin slaag om in die arbeidsmark opgeneem word.

Dit sou insiggewend wees om ‘n onderwysekonoom te vra om die ekonomiese koste van UGO te bereken.

Ses, die belangrikste, ingrypende menslike koste. Reeds benadeelde kinders is blootgestel aan ‘n kurrikulum wat ‘n brose leeromgewing nog slegter gemaak het.

Pleks van die aanleer van die onmisbare vaardighede van lees, skryf en reken, is hulle onderwerp aan deftige konstruksieteorieë wat talle van hulle ongeletterd gehou het. Die newegevolge hiervan het nie net baie uit die skoolstelsel weggedryf nie, maar ook al hoe swakker studente gelewer aan universiteite, waar hulle moes sukkel om sukses te behaal.

Daar behoort natuurlik ook ‘n politieke prys te wees. Koppe behoort te rol. Die slegte nuus is: Die onaantasbaarheid van ons politieke stelsel bring mee dat nie een van diesulkes aanspreeklik gehou sal word nie. Nie een van die senior burokrate wat UGO gepromoveer het, het kundigheid gehad in die teorie, ontwerp of inwerkingstelling van die kurrikulum nie; hulle was ontplooide kamerade wat ons land meer as 30 jaar teruggesit het met die afdwinging van dié onbesonne kurrikulum.

– Die Burger

14 antwoorde op OBE: Would the one’s responsible please stand up?

  1. Ek stem volkome saam. 1000 persent! Die donnerse eksperiment in arrogansie was een grote fokop en ‘n hele generasie is weerens benadeel. OK, miskien was die onerkende doel eintlik om ‘n vorm van “great equaliser” te wees, aangesien die skade die keer nie beperk is tot een spesifieke rassegroep nie. Dit het sommer almal se toekomste goedsmoeds in hulle moer gesteek. Nou weer ‘n verdere dekade van blinde rondval vir modelle gereed vir wanaanpassing. Is dit nie dalk tyd om iemand om sonder party-politieke agendas hulle eintlik nou vir die jeug te beywer. En asseblief tog, moenie laat die ANCYL binne honderd myl van beplanning kom nie. Die fokop het, wat die jeug se loopbaantoekoms betref, meer skade berokken as tien jaar se bosoorlog.

  2. Dit maak mens woedend, veral as jou kinders deel van die statistiek uitmaak.

  3. En natuurlik gaan jy lank wag vir enigiemand om die gemors te eien. Dit gaan moeiliker wees as om ‘n witmens in die Kaap te kry wat voor 1994 Nat gestem het. Skoonveld!

  4. Filemon het gesê op Julie 13, 2010

    Both correctly state that NO-ONE is responsible therefore NO-ONE will suffer the consequences.

    Prof Jansen omits another cost – the cost associated with the precedence set that NO-ONE is held accountable so that a change in curriculum done badly – like OBE – will cost the nation but not the responsible individual/s

  5. Sug!!! ‘n Verlore geslag op ons hande.

  6. VYGEBOOM het gesê op Julie 13, 2010

    ‘n Vorige baas van my het altyd gese hulle “skop die dr()l in die loopgraag rond tot dit verdwyn”. Ek onthou dat ek in 1988 langs ‘n hooggeplaasde in die onderwys gesit het op ‘n vliegtuig terug vanaf Europa. Hy het my van hierdie “wonderlike” onderwys model van die Amerikaners vertel wat hulle in SA wil instel. Hy was geirriteerd toe ek (‘n ingenieur) hom vra of dit raadsaam is om kinders te laat ophou om maal en deeltafels te memoriseer en om weg te doen met streng eksaminering standaarde. Sal graag weer met hom kon wou gesels. Hy is seker nie meer daar om die stinkende dr()l te help rondskop nie.

  7. A very good point. I know I’m no numerate genius – far from it – but I did okay in maths at school. But I am constantly amazed by the fact that I am often able to work out fairly complex “sums” in my head and come up with the CORRECT solution before my sons have even switched their phones to calculator mode. But the flipside is that I know bugger all about facebook and social networking technology. I wonder which gets one furthest in life.

  8. VYGEBOOM het gesê op Julie 13, 2010

    It is true that we are in a new economic era. Problem is that social networking technology is even less accessable to the poor and uneducated. Looking at this morning’s emplyment data in Die Burger, only 2.4 million people are employed in the so-called value creation industries (i.e. mining, manufacturing, utilities and construction) while 6.2 million are employed in service industries. Germany, Italy, China, South Korea and India are the other way around. The UK is a good example that a service based economy can not survive. With a whole generation that is “un-schooled”, we have a very serious situation at hand. Who will create jobs for the un-schooled? Maybe a form of National Service (training and development oriented) to supplement education deficiancies?

  9. Yep, I also seem to think Kader was involved with the final decision.

  10. Inderdaad Pannevis!

  11. My dogtertjie in Gr 6 is natuurlik midde in die OBE. Gelukkig is sy in ‘n “outydse” skool wat ook daarop aandring dat hulle moet leer klank voor hulle leer spel, en dat hulle hulle tafels moet ken.
    Tot dusver het sy nog niks oor die internet ens geleer nie, DV. Die opdragte wat hulle wel kry vir internet-navorsing is ver bo haar vuurmaakplek.
    Ek voel erg jammer vir “armer” mense as ons (wat nie rekenaartoegang het nie). En daarvan is daar baie in my kind se (staat)skool. Onder meer kinders uit plakkerskampe (wit en swart). Wie moet hulle help?
    OBE is en was nog altyd ‘n gemors. Dit moet VOLLEDIG vervang word met die vorige skoolstelsel, nie net gedeeltelik nie.

  12. Quite right, Dr F. It teaches the rest of the nation that you can mess up without having to face any consequences.

  13. Net so, DV, maar die “jeug” weet dit nie eens nie. En dis sad!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.