30 Maart in pics

Maart 31, 2010 in Sonder kategorie

Buite reen dit katte en groterige honde. Minstens St. Bernards en Newfoundlands. Ek is so dankbaar ek het ‘n warm, waterdigte huis, en dat ek nie die laatmiddag spitsverkeer moet trotseer of moet wag vir ‘n taxi of bus nie. Of, erger nog, in hierdie woeste storm moet voetslaan nie.

Ek was feitlik heeldag by Binnelanders se nuwe studio – state-of-the art, regtig ‘n eerste vir die Suid-Afrikaanse TV-bedryf. Mooi genoeg om self in van die tonele gebruik te word. Nie dat dit nodig is nie, want daar is 1 200 vierkante meter se ateljeespasie. Groter as my erf, vir ingeval jy wonder hoe groot dit is…

Martha, my fantastiese huishulp, is met vakansie. So ek en die kids snork bietjie op ons eie op. Oor ek hulle so min gesien het die afgelope maand (ek was altesaam 10 aande weg van die huis af, ses daarvan sonder hulle), was ons gister bietjie na een van ons gunsteling plekke: die Irene-koeiplaas.

Ek was bietjie teleurgesteld in die restaurant se diens – blykbaar is daar nuwe eienaars – maar dit bly steeds ‘n fantastiese plek vir ‘n rustige koffie terwyl die kinders die wereld vol kan rondhardloop en hulle verbeel hulle is op ‘n regte plaas.

So lyk dit daar:

Die kinders spandeer altyd ure by die kalfies, en laat hulle toe om aan hulle klere te suig. Please note the shirt! Die vorige keer moes ek Luc se trui weggooi, want kalf se kind het die een mou seker 30cm lank uitgerek en stukkend gekou. 

Maar aan die ander kant, wie kan nee se vir so ‘n gesiggie? Kyk net die wimpers. Luc het hierdie een Chocolate gedoop.

Ons het ‘n rukkie lank hierdie bosluisvoel dopgehou. Dit lyk behoorlik of hy van kalfie tot kalfie loop en skinder.

Die dam uit ‘n ander hoek afgeneem:

‘n Prentjie van landelike rustigheid ‘n klipgooi van die gewoel van Pretoria.

Daar is ‘n koffiewinkel, restaurant en deli op die perseel, en jy kan ook vars melk, kaas en room van die plaas koop.

LET WEL: In ‘n (vir my) verrassende wending aanvaar nie een van die winkels meer kontant nie. Onthou dus jou debiet- of kredietkaart.

6 antwoorde op 30 Maart in pics

  1. Sies vir jou, kyk nou hoe maak jy home sick deur herinneringe uit dekades terug se wonder jare.

  2. Ken jy die melkplaas, of ken jy ‘N melkplaas?

  3. Poor Maddad. Have something hot ready for him. (No, not THAT something. I was thinking coffee with a dash of something for the nerves…)
    Dit reen steeds kliphard hier.
    Mefinks this is what they call a cloudburst…

  4. half-pint het gesê op Maart 31, 2010

    My niece and nephew attend a school in Irene, and we often took a drive past the dairy farm in the afternoons while I was visiting, but never had the time to stop and visit.
    I could do with a t-shirt like that for work, lol 🙂
    (sorry about the English)

  5. Ken daardie spesifieke plaas – het lank in Pretoria gebly en kan die wêreld daar. Gereeld ook op Irene se gholfbaan gaan speel.

  6. Halfie, you MUST visit! It’s a LOVELY place.
    The shirt is from Pick & Pay. They had a very cute range last year.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.