Carl se verdere kommentaar oor die e-pos waarskuwing gisteraand

Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek weet regtig nie presies hoekom die e-pos en die beweerde byna-ontvoering van ‘n 2-jarige vir Carl so ‘n issue is nie, maar hier is sy verdere e-pos aan my, en my antwoord aan hom.
Hoekom reageer ek? Omdat ek namens alle etiese joernaliste daarbuite GATVOL is om te hoor ons doen alles vir sensasie. Beeld rapporteer die man wat die kind probeer ontvoer het, was swart. Nou is dit rassisties, volgens Carl. As die man wit was, en Beeld het dit so gerapporteer, sou die Volkstaters weer geprotesteer het.
En verder, Carl: as jy my blogs lank genoeg lees sal jy agterkom ek HAAT rassisme.  En ek het integriteit as joernalis. So, as ek se ek het ‘n ding gecheck, dan het ek. Dis die grondreel van joernalistiek. Moenie my blogs of Beeld lees as ons jou irriteer nie. Ek het altyd jou besoeke en grappies baie geniet, maar verstaan regtig nie hoekom jy so tekere gaan hieroor nie. Mens sou sweer ek het die kind persoonlik selfs skade aangedoen.
Toevallig het ‘n soortgelyke ding twee jaar gelede ook in Johannesburg gebeur. Die keer was dit ‘n huisbediende op pad terug van die creche af met ‘n kleuter. So, hoax of nie hoax nie, ons moet na ons kinders kyk. En dis AL wat ek wou bereik met my post.
En nou het ek regtig beter goed om te doen as om myself of my beroep of eblockwatch teen jou te verdedig.
from: Carl Muller 28 January 2010 12:11:00 PM  

Is jy nog kwaad. Jy het my met hoofletters bestraf.

Tannemys, kyk bietjie na die aanmerkings onder die storie.
Beeld soek sensasie om hulle koerant te verkoop. Hulle is rassisties en skryf goed in so ‘n lig om mense op te stook. So verkoop hulle die Beeld.
Dink net, het jy al ooit gehoor persone steel ‘n baba en hardloop daarmee weg (hulle het nie ‘n voertuig gehad nie, so hy moes hardloop).
Het jy ooit jou baba aan die hemp gegryp (en sy nek nie afgeruk nie)?
Indien jou baba so geval het so hy getramatiseerd gewees het. Ek sou my kind ten minste dokter toe neem en hom laat ondersoek om seker te maak hy het nie skedelbreuk nie.
Dit is nie gedoen nie.
Verder ‘n swart man het haar gehelp.
So daar is goodwill onder hulle. Ek werk in die swart gemeenskappe en vind net goodwill.
Ek weet van trafficking van kinders. Dit bestaan en hier in ons land ook.
Kyk nugter na die feite en as jy dink hulle wou die baba onvoer sonder ‘n motor daar naby, dan is dit maar seker so.


4 antwoorde op Carl se verdere kommentaar oor die e-pos waarskuwing gisteraand

  1. Dankie Lo-Am. Het gaan kyk, en Beeld het inderdaad nie oor die ras van die mans geskryf nie.

  2. Dankie Sonel!

  3. Nou kry ek ‘n space message wat se “Die ma is aangeval ja, maar die baba ontvoer? Met wat?”

    I rest my case oor lees wat jy wil lees, en hoor wat jy wil hoor, Carl. Beeld se opskrif is “Ma vasgebind, baba byna ontvoer”

    Ek tik dit in hoofletters: BYNA

    Onthou jy baba Michaela destyds. TE VOET uit die hospitaal gesteel. Of tel dit net as ontvoering as iemand met jou in ‘n kar/vlieende piering/ossewa wegry?

    Verskoon my sarkasme, maar ek dink jy moet nou maar ophou om my blog te lees en my te space. Jy mis die punt van die oorspronklike, goedbedoelde e-pos heeltemal.

    Let’s agree to disagree, dan het jy iets om vir jou vrinne te vertel van die stupid, sensasionele, rassistiese joernalis wat nie jou punt kan insien nie.

  4. Thanks Lo!Bly om te hoor dis nie net ek wat nie die logika van hierdie debat verstaan nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.