Nigella is in die kombuis…

Desember 29, 2009 in Sonder kategorie

en ons eet gisteraand se oorskiethoender en rys. En patats. En dan – tadaaaaaaaaam!! – gebakte sjokoladepoeding, wat sy eie sousie vorm en wat kom uit haar kinderkookboek. Ek het net gehelp met die aanpas van die resep vir die mikrogolf – minder elektrisiteit, en vinniger op die tafel.

Ek hoor daar word cola tonics en sprite zero geskink as we speak. Of liewers, terwyl ek tik…

Sy het intussen gehelp met wasgoed ophang en afhaal. En ek het nie eers sakgeld aangebied nie. Toe ek haar komplimenteer oor al die vlytigheid, het sy ewe laat hoor: “Ek hou van alle goeters wat ma’s doen. Except giving birth.”

Wat twee van ons maak. Daarvoor, my kind, het liewe Jesus ginekoloe en keisersnees uitgevind.

Junior Jamie O. het sit en teken terwyl ek my verlekker in die geur van olieverf en die speel van kleure op ‘n doek. Nee, Maggie Loubscher of Irma Stern is ek nie, maar dis ‘n heerlike manier van ontspan. Terwyl Jnr Jamie so sit en teken, hou hy sy kop skuins en sug: “Ek kan nie ‘n realistiese son teken nie…”

Op sewe, meneer, is jy nie veronderstel om ‘n realistiese enige iets te kan teken nie…

6 antwoorde op Nigella is in die kombuis…

  1. stimuleer en leer…wie het gese dit kan nie fun wees nie!

  2. benmica het gesê op Desember 29, 2009

    Dit is so lekker om mooi dinge te lees.

  3. Dankie manne!

  4. hutton het gesê op Desember 29, 2009

    😉

  5. Hoe lus maak jy my nou?!!!!

    Ek hoop dat dit goed gaan? Voorspoed vir ‘n wonderlike en gelukkige 2010!!

  6. ’n Wonderlike en geseënde 2010 vir jou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.