Die kind…

Desember 26, 2009 in Sonder kategorie

het toe faringitis. Waarever sy varings ookal sit 🙂

Maar nee, ernstig, hy’s niks lekker nie. Reuse keelinfeksie, lusteloos, koorsig, kla van oorpyn. (En ek dink die hart is goed seer, want die ex het nog glad nie vir hulle gebel vir Kersfees nie…) Hoop maar die medisyne skop in.

Ek het ‘n onderhoud gaan doen met ‘n couple wat my AMPER weer laat glo het in die liefde. Hulle is al vyf jaar getroud, en hulle is so ooglopend verlief dis om van te ween en tande te kners. En nee, ek het hulle nie vandag vir die eerste keer ontmoet en dis ‘n groot act ter wille van die artikel nie. Ons het mekaar voorheen by ‘n funksie ontmoet toe hulle nie geweet het ek is ‘n joernalis nie, en ek was so verras oor hulle verliefdgeit dat ek toe gevra het of hulle pas getroud is. Daarna het ek die vrou weer by ‘n funksie raakgeloop, en toe straal sy steeds. En nou, byna ‘n jaar later nadat ek hulle vir die eerste keer saam gesien het, is dit duidelik dat hulle het waarna baie van ons soek. Beste pelle, lovers en absolute sielsgenote. Ying en yang, sout en peper, bloukaas en groenvye.

Nou gaan ek en die spruite Two And A Half Men op DVD kyk. Dis my gunsteling-komedie, en gelukkig deel my kids my smaak. (Ek het vir eers genoeg animasieflieks gesien, dankie!)

Toevallig hoor ek laat vanmiddag eers dat Charlie Sheen (Charlie van einste die komedie) gister in hegtenis geneem is vir gesinsgeweld. En hy bly glo sommer in die tjoekie tot met sy verskyning. Dit moet redelik serious wees as ‘n celeb Kersnaweek in die tronk moet deurbring en nie ‘n borgtoggie of wat kan kry nie.

4 antwoorde op Die kind…

  1. I also love two and a half men….have a super eevening.

  2. Napier het gesê op Desember 26, 2009

    hi tannemys… hope it goes better there… watcing Henry and June at the moment…not for kids 😉
    have a good evening

  3. lekker slaap…daar is altyd ‘n blink kant!

  4. Hoop dit gaan al beter met die seer keeltjie daar! Gee maar die pynstropies wat voorgeskryf is!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.