Kersdag 2009

Desember 25, 2009 in Sonder kategorie

Veels te min geslaap. Dit gebeur as mens tot 2 uur blogs lees en daarna nog gister se koerant.

Pragtige kerkdiens bygewoon. Is dit nie wonderlik om in ‘n gemeente te beland (so half met ‘n ompad) en dan te weet dit is jou regtig jou geestelike tuiste nie? Alberton Lewensentrum (interdenominational, iets tussen NG en Pinksterkerk) is vir my so ‘n kerk. Andries Enslin het vandag nie die tradisionele Krismispreek gehad nie, maar gepraat oor LIG en LEWE. Ook mos die betekenis van my kinders, Zoe en Luc, se name. Die tema was hoe die groot Lig wat vir ons gebore is, die duisternis verdring sodat ons kan LEWE.

Ons gemeente het ook die wonderlikste koor en musiekspan wat elke Sondag optree. En Kersdag was nie ‘n uitsondering nie – en, heel gepas, is die diens afgesluit met Koos Doep se Somerkersfees.

Daarna heerlike middagete gehad by Ludi en Jackie. Vleis, vleis en wat vir my gevoel het na nog vleis… heerlik gewees. Kon nie help om te dink aan hulle wat vandag niks gehad het om te eet nie. Ons is regtig so ongelooflik blessed! (Tog, ons feestelike ete was nie oordadig nie – mens is mos altyd geneig om yskaste vol kos te maak.)

Wat is Krismis sonder trifle? En ek moet bieg dat ek die wereld se beste trifle maak. (Koekstruif klink…uhm…wel, so koekerig – trifle is ‘n veel interessanter woord.) My geheime resep se ekstras sluit onder meer neute en marshmallows in…

Die downside van die dag is dat my kinders se pa hulle glad nie gekontak het nie. Ja, ek weet dis sy verlies, en blablabla, en dit verbaas my glad nie (dis hoe 99% van my huwelik immers verloop het) maar hoe verduidelik mens dit vir ‘n 7-jarige seuntjie wat so graag ‘n pa wil he wat in hom belangstel. Dankie tog dat die Here ook hierin voorsien deur wonderlike vriendinne wie se mans die rol van manlike mentor en rolmodel oorgeneem het.

Ons kon vandag darem een iemand se hart bly maak met ‘n kospakkie. ‘n Man wie se hande skynbaar afgekap is, halfpad tussen pols en elmboog. (Ek dink nie hy is so gebore nie, want daar is nog pienk letsels op die punte). Seker die slagoffer van een of ander barbaarse oorlog in ‘n Afrika-land verder noord. Dalk is hy ‘n Rwandese vlugteling, of dalk van die Soedan. Of nee, daar is mos nie oorlog in Soedan nie, aldus Thabo (Johnny Walker) M. Die man bedel soms (met groot waardigheid) by ‘n robot nie ver van my huis nie. Ek het egter nie gedink ek gaan hom vandag daar sien nie – dis immers Kersdag – maar toe ek laasnag besluit het om ‘n klomp goed in ‘n sak te pak het ek nogal gehoop ek sou hom vandag kon help. En toe is hy daar… Ek wens ek kon sy storie hoor, veral nadat ek onlangs Aher Arop Bol se ware verhaal (The Lost Boy) gelees het. (Sal daaroor blog, maar in kort, Aher is op 3jarige ouderdom van sy ouers geskei tydens ‘n aanval in hulle dorpie in Soedan. Hy het die volgende 14 jaar van land tot land suidwaarts gevlug tot in Suid-Afrika, waar sy paaie gekruis het met ‘n wonderlike Afrikaanse vrou van Pretoria, Sannie Meiring. Op sy tog het hy daarin geslaag om skool te gaan met beurse, en vandag is hy ‘n Unisa student in die regte. En danksy Sannie, wat vir hom ‘n kamer in haar huis gegee het en hom aangemoedig het om sy verhaal neer te skryf, is hy ook nou ‘n skrywer.)

Op pad terug van die kerk af was die man sonder die arms nie meer by die robot nie – ek wil graag glo en hoop dat dit was omdat hy kon huis toe gaan met genoeg kos vir sy gesin.

My kinders is darem sulke fantastiese, caring mense. Hulle het glads vanaand vir en oor die man gebid.

En selfs vir hulle idiootlike pa wat waarskynlik so geparty het vandag dat hy nie weet of dit dinsdag of Dingaansdag is nie.

6 antwoorde op Kersdag 2009

  1. lekker slaap…en geniet die oploop na 2010!!

  2. Okay Cin, ek reken die enigste manier om dit te bewys is ‘n uit-eet. Soos in ‘n eat-off!! Dalk kan ons ‘n trifle MOB reel!

  3. Twolips, ek het ter wille van die kids my bes probeer om altyd op goeie voet te wees met hom. Selfs te help as ek kan. Maar dan kry hulle hierdie soort behandeling terug van hom. Maak my regtig vies om hulle hartseer te sien.

  4. Hulle sê diversiteit is die kuns om individueel te dink as ‘n groep. Ek dink ons almal het ons onderskeie persoonlikhede maar ek dink ook jy sê baie dinge waarmee ek my eenselwig en ander wat mens laat ernstig nadink.Al wat ek wil sê is net dankie…

  5. Hey George! Lekker om van jou te hoor! Gaan dit goed met julle? Dankie vir die visit!

  6. Moonz het gesê op Desember 26, 2009

    Everything of the best Tannemys, for a happier 2010, where dreams and wishes come true and children and family and friends keep healthy and happy. Much love and hugs xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.