Wonderlike goedvoel stories in vandag se Beeld (tsv die gewone blood en guts)

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Vandag se Beeld het die gewone kwota murder and mayhem in. Daar is al weer gans te veel mense dood of beseer weens misdaad. Shaik is darem bietjie oor die vingers geraps – so ‘n token dissiplinering wat ons nou kastig moet glo hy ernstig gaan opneem. Donovan ek-soek-nog-steeds-aandag Moodley se nuutste twakstorie is dat Piet Beyleveld hom gearresteer het omdat Beyleveldt in geldelike knyp was en ‘n bonus sou kry vir ‘n vinnige arrestasie. Hy erken steeds hy het Leigh Matthews geskiet, maar voel steeds sy vonnis van lewenslange tronkstraf is “skokkend”. Jammer hulle het die malhuise gesluit, want Moodley hoort eintlik in ‘n opgestopte sel.

MAAR, en dis ‘n WONDERLIKE maar: daar is so paar stories wat die hart warm maak. Soos die Moslems uit Katar wat sakke vol persente (200 om presies te wees) en 50 kg klere gestuur het vir die 24 weeskinders in Potch se Abraham Kriel Kinderhuis.

En Rhoda Kadalie se REGUIT rubriek oor Manto Tshabala-Msimang se loopbaan, en die ANC se oordrewe huldiging van die vrou. Dis regtig die moeite werd om te lees, veral komende van iemand wat net so uitgesproke was oor die vorige politieke bestel. Rhoda Kadalie vir president, seg ek! Lees by http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/2149/a7af8dc242c54d91b71ebcd738d8a137/23-12-2009-03-34/Jy_s%C3%A1l_Manto_vereer_

En dan ‘n wondermooie stuk, Die kosmos gloei oor Sy koms, uit Wilhelm Jordaan se pen wat mens maar kan uitknip en bewaar. Dit vertel Jules Supervielle se sprokie oor die geboorte van Christus. Lees by http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/2149/144c5b5fa809467ea530f5da94038cf2/23-12-2009-03-34/Die_kosmos_gloei_oor_Sy_koms

Lekker lees!

1 antwoord op Wonderlike goedvoel stories in vandag se Beeld (tsv die gewone blood en guts)

  1. hutton het gesê op Desember 23, 2009

    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.