Vanoggend se Beeld: “Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak”

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie laat my bloed so KOOK dat ek sommer in Engels en Afrikaans hieroor post. Dit was op vanoggend se Beeld-voorblad, en ek wil opgooi as ek dink aan die haglikheid van hierdie klein mense se lewe. En die feit dat sy geen toekoms het nie.  So ‘n ma behoort regtig die doodsvonnis te kry. Wens ek kon gaan betoog by die hof waar sy verhoor word.

Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak gevind

Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het mnr. Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

– Beeld

2 antwoorde op Vanoggend se Beeld: “Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak”

  1. ek het nie woorde nie, maar as ek aan een kan dink is dit BEKOTSING-AFGRYSLIK!!!! eK glo by myself nie dat sondes teen kinders jou ooit vergewe word nie!

  2. Ek dink daar is ‘n spesiale plek in die hel vir mense wat kinders kwaad aandoen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.