Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Ant Poppie se sterfbed (Die snaakse waarheid, net effens vermom om die betrokkenes te beskerm)

November 27, 2009 in Sonder kategorie

As vryskut skryf mens oor enige iets van pynappelfeeste tot babaskoue. Toe ek ‘n paar jaar gelede in die platteland gebly het (Christiana in die Noordweste) het ek so paar goed geskryf vir Landbouweekblad. Hierdie was een van hulle. Terloops, die storie is waar. Ek het net die detail van die naasbestaandes so bietjie verander.)

Ant Poppie was op sterwe. Pa het in sy baard gebrom toe oom Stefaans bel met die nuus dat ons moet kom.  Dadelik, want die Doodsengel sit as’t ware reeds op blink gepolishde  voorstoep op Blinkwaters.  “Plaas die blêrrie ding by die yskas gaan wag.  Hy het ‘n groter kans om haar daar te vang.”

Een kyk van Ma het Pa tjoepstil laat bly.  Was dit nie Ant Poppie se gulle kospakkies wat ons liggaam en siel bymekaar gehou het terwyl Pa geleer het om die beste advokaat in die stad te word nie?  En Pa kan maar praat soos hy wil:  vir Ant Poppie is ons almal lief.  Al is dit net vir die koningskos wat vakansies en langnaweke aan ons stadsmuise voorgesit word.  Murgsagte skaapskenkels met sagte baba-worteltjies, stroperige lemoenpoeding met karamelvla, sjokoladekoek soos ryk fluweel…  Ja nee, Ant Poppie het haar staan voor ‘n stoof geken.  En Betta, haar Griekwa-regterhand, het met die jare amper beter as Ant Poppie geword.  Tog jammer ons kan deesdae so min gaan, want Pa werk harder as ooit tevore.  Ant Poppie-hulle se geweeklaag hieroor val op dowe ore.  “Hoe moet ons maak om julle weer hier te kry?” het sy anderdag in trane oor die foon gevra.

Ma is hulle enigste erfgenaam, want Ant Poppie en Oom Stefaans was kinderloos.  My ma, as enigste susterskind, was soos eie vlees en bloed vir die twee oues.  As daar ‘n geleentheid was stad toe, is daar geslag, gebak en gebrou vir dae sodat die arme Nelletjies in die stad “net weer ordentlik kan eet.”

Want vir Ant Poppie is kos meer as net spyse vir die vergangklike liggaam.  Dis troos, sielskos, sielerus, naasteliefde…  Hoe kan iemand jou vyand wees as jy hom bederf met sagte lamsboud of brosgebraaide aartappeltjies uit jou eie tuin?  Van die nuwe dorpsdoktertjie gepraat het oor haar gewig, gaan sien sy die ou dokter op die buurdorp.  Haar lyf is haar saak. En tingerige oom Stefaans was altyd dol oor sy ronde, sagtelyf vrou. Hy is siek van bekommernis oor sy sterwende vrou, beswaard oor die lang alleen-jare wat wag as Poppie sou sterf. 

Die voorhuis is donker, die gordyne diggetrek teen die warm middagson. Ma en Oom Stefaans rus, Pa werk aan ‘n hofsaak. Ek lê in die gang by die glasvoordeur en blaai deur ou Landbouweekblaaie met Oom Kaspaas en Nefie en Adoons-hulle op die agterblad.  Alles net vir my gehou in vrugtekratte op die solder.  Elke vakansie lees ek dit en lag weer van vooraf.  Vir ‘n 12-jarige is die kuiers een lang, loom lekkerte.  My maag is altyd vol, ek het leesgoed, speelplek en word as enigste “kleinkind” behoorlik bederf.  Maar Pa kriewel.  Sy jong praktyk in die stad kan nie regtig nou vir dae sonder hom klaarkom nie, maar gedagtig aan Ma se kort humeur as dit by haar geliefde Ant Poppie kom, is dit maar uithou en bekhou terwyl ons wag dat die Doodsengel sy move maak.

Ant Poppie is ‘n skadu van die vrolike mens  wat ons gewoond is.  Haar ronde lyfie sit-lê teen opgepofde kussings in die groot eikehoutbed.  Teen die spierwit kussings, lyk die groot vrou bleek en broos.  Sy wat maklik ‘n onthaal vir honderd kan organiseer in ‘n dag of drie, lyk der dagen sat.  Ons maak beurte om by haar te gaan sit vir kort rukkies. Dan praat sy in ‘n sagte stem in plaas van haar gewone bulderende bas. En tussendeur wag ons. Die sideboard kreun onder koek en tert (Betta se werk) vir al die besoekers wat kom en gaan.  In die yskas is daar gerookte varkboud en skaapboud wat in skywe gesny word vir toebroodjies as iemand honger is.  En klein frikkedelletjies, plaasbotter, agurkies, plomp rooi tamaties en krakerige kropslaai.  Want in Poppie en Stefaans Smuts se huis sal jy nie vrek van die honger nie, sê Ant Poppie altyd.

Van my plek op die gangmat sien ek vir Betta kamer toe loop toe die klokkie lui.  Ant Poppie, sy wat al ‘n riempiestoel stukkend gesit het met haar stewige lyfie, is te swak om te roep – vandaar die fyn silwer klokkie.  Ek blaai na nog ‘n avontuur van Adoons en vriende toe ek Betta kombuis toe sien terugkom.  Minute later, net voor Pa opstaan van sy stoel af om badkamer toe te gaan, verdwyn sy in Ant Poppie se kamer in met ‘n skinkbord.  Seker tee, dink ek verveeld, want sedert haar siekbed kry Ant Poppie skaars iets oor haar lippe.  Sy, wat so lief is vir kos, wys swakkies enige kos-offers van die hand.  Maar saans, terwyl ons op die stoep sit, het ek al vir Betta sien terugkom met ‘n skinkbord, maar wat daar op is, sal ek nie kan sê nie.  Teen die tyd wat ons ingaan, is die kombuis silwerskoon en Betta huis toe.

Op pad terug na sy kamer besluit Pa toe om by Ant Poppie in te loer.  Hy voel tog sleg oor ons die oumense so lanklaas gesien het, het ek hom gisteraand vir Ma hoor sê.  As sy praktyk net nie so besig was nie…

 Ek drentel agter Pa aan.  En daar, kiertsregop teen die kussings, kry Pa toe vir Ant Poppie. Op ‘n staanskinkbord wat wydsbeen oor haar rysige bene staan, is ‘n spread, soos die Engelse sal sê.  Van die skons wat Betta vir ontbyt gebak het, met goudgeel plaasbotter, plaasheuning en dik room in klein potjies.  Snye koue vleis met piekeluitjies en blatjang, dik snye plaasbrood.  En les bes, ‘n sny sjokoladekoek met ‘n blop room so groot soos ‘n gholfbal.  En agter die fees sit Ant Poppie, uitgevang en bleekgeskrik, met ‘n heuningstreep oor haar ken en skonkrummels op haar bo-lip.  Die wind skoon uit haar seile,  maar ook nie vir lank nie.

“Weet jy hoe honger word mens op jou sterfbed?  En hoe anders kon ek julle hier kry vir ‘n kuier?” seg sy, die dubbelkennetjie uitdagend uitgestoot, ‘n vurkvol sjokoladekoek halfpad mond toe. “Gee my kamerjas dat ek gaan koffie maak.”

Life’s tough for stoopid people (for Witch Twin)

November 26, 2009 in Sonder kategorie

WitchTwin tells in a post about the stupid “eejit” she has to work with. I received the following post today from a friend – a brilliant lesson for all eejits (and the rest of us…)

First-year students at Texas A&M’s vet school
 were attending their 
first anatomy class, with a real dead cow.

 They all gathered around the surgery table with the
 body covered with 
a white sheet. The professor started the class by
 telling them, “In 
Veterinary Medicine it is necessary to have two
 important qualities 
as a doctor: The first is that you not be disgusted by
 anything 
involving the animal body.”
 
For an example, the professor pulled back the sheet,
 stuck his finger 
in the butt of the dead cow, withdrew it and stuck his
 finger in his 
mouth.
 
“Go ahead and do the same thing,” he told
 his students.
 
The students freaked out, hesitated for several
 minutes, but 
eventually took turns sticking a finger in the butt of
 the dead cow 
and sucking on it.
 
When everyone finished, the professor looked at them
 and said, “The 
second most important quality is observation. I stuck
 in my middle 
finger and sucked on my index finger. Now learn to pay
 attention. 
Life’s tough, but it’s even tougher if
 you’re stupid.”
 
 

What drives Donovan Moodley? A criminologist’s explains his type.

November 26, 2009 in Sonder kategorie

Arrogance, would be my first guess. Who but an extremely arrogant son of a cow would describe himself as a “media favorite”. He wrote a letter to Beeld that says, amongst other things, the following:

“Five years on, I am still a media favorite. A country sickened by crime must choose an official face for crime and a mascot for evil. Is that me?”

 

This is now the man who CONFESSED to killing Leigh Matthews! Now he claims his life sentence was “shockingly inappropriate”, basing this on the fact that the murder “wasn’t pre-meditated”. (But it still is murder, you asshole!)

 

Judge Joop Labuschagne, the judge who found him guilty (after him pleading guilty, no less) yesterday said that Moodley planned to murder Leigh and confirmed this right through his statement. (“En regdeur sy verklaring het hy sy versigtige beplanning bevestig.)

 

You and me may wonder what the hell is wrong in Moodley’s head. While researching another article this morning, I came across the following insights into a criminal mind by the late Dr. Irma Labuschagne, one of the best criminologists this country has ever had. Although she doesn’t refer to Moodley, it is not difficult after Moodley’s recent circus to come to the conclusion that he must be  a psychopath. (Leigh Matthews’ mom calls him that as well.)

 

And this is how their brains work, according to Dr. Labuschagne: (Pity she died recently – would have loved to hear what she thought of Moodley’s stunt.)

 

Nevertheless, there are some general truths about these killers. The overwhelming majority has at least an average intelligence, mostly male (but certainly not always) and they usually fall into two categories: psychopaths and psychotics.

Psychotics – a small minority among serial killers – are insane. They fail to perceive reality correctly. They hear voices or see visions, or sometimes both, and murder is a symptom of their madness. David Bekowitz, the infamous Son of Sam murderer, who terrorized New York City in the 1970’s, was such a killer. Most serial killers are not insane.

 

Psychopaths – also labelled sociopaths or antisocial personalities – do not suffer from a mental illness but from a character flaw. They are in touch with reality. They know right from wrong, and they know killing is wrong. But they simply don’t care. Psychopaths lack a vital component of the human personality that most other people take for granted – conscience. Either they have no conscience, or their conscience is too weak to inhibit the violence they commit. Psychopaths kill without guilt and without remorse.

 

No one knows for certain what creates a psychopathic killer. Some theories stress genetics – an inborn predisposition to kill. Others favor an environmental explanation – factors in an individual’s upbringing that make him a killer. Many experts believe the truth lies in a combination of genetics and environment – the age old problem of “nature vs. nurture”.

Perhaps the psychopathic serial killer’s most frightening quality is his ability to live unnoticed among his fellow humans. His seems so normal. He may even be intelligent and charming – probably has to be to enable him to lure his victims. Ted Bundy, who killed countless young women, was this sort of psychopath. But beneath the surface. Two traits are often present in psychopathic killers : a sexual abnormality (here Dr Pistorius is the expert and will certainly be better in explaining that side of some of the serial killers than I could ever do) – and an all- consuming need for power. Killing could satisfy them sexually, and it satisfies their need for control – the ultimate control over life and death. Simply put, killing gives them pleasure. They kill because they want to. They kill because the can and they like it.

Yet: when simply applying the definition accepted by human scientists, many questions arise. It becomes clear that not all serial killers can be labelled so easily as one has said in the above. Here we can think of different kinds of people – certainly with various motives – and those motives are not always that clear at all!

There have been attempts made by criminologists to classify serial murderers into a typology based on motive. Four major types were identified:

  1. Visionary: For example operating on the basis of a “directive from God”.
  2. Mission orientated: They believe there is a particular group of people that must be destroyed or eliminated.
  3. The hedonistic type: strive for pleasure and thrill-seeking and feels that people are objects to use for one’s own enjoyment. They gain considerable pleasure from the murder event itself.
  4. The power/control type: they strive to get satisfaction by having complete life-or death control over the victim. Sexual components may or may not be present, but the primary motive is the extreme power over the helpless victim.

Later, two more types were added to the list:

  1. Recognition seeker – killing primarily for the challenge of it and the recognition they receive from the media, and the
  2. Material gain-seeker, killing serially for money and material rewards- such as women killing their husbands for the insurance monies or doctors killing patients whom they know had mentioned them in their wills.

My guess is that Moodley falls into the power/control type, but even more in the recognition and material-gain seeker type. What do you think?

You can read the full article at http://www.sbsonline.info/seminars-workshops-and-other-academic-forums/the-nature-of-the-beast-by-dr-irma-labuschagne/

 

 

Kersfees-herinneringe

November 26, 2009 in Sonder kategorie

Ek dink al die afgelope twee dae hard oor Kersfees-herinneringe. ‘n Paar bloggers het hulle s’n neergeskryf, maar ek kan glad nie enige Kersfees onthou nie. Nie dat dit nie in ons gevier is nie – my pa was een van die mooiste Christene wat ek in my lewe geken het. Dis net dat daar nie fanfare of rituele soos melk-en-koekies-vir-Krismisvader was nie. Daar was beslis nooit ‘n Krismisvader nie. Daar was ‘n Kersboom wat jaar na jaar met dieselfde balletjies versier is, en wattebolletjies was die sneeu op die boom. Die boom het ek later jare versier. Ek onthou net een kindertydse Kerspersent. ‘n Dra-wiegie vir ‘n pop. Van die soort waar mens die pop inskuif en die deel oor haar bene toezip. Ek weet daar moes heerlike kos gewees het, want my ma het altyd lekker gekook. Ek weet ook dit was waarskynlik ‘n gekookte ete, want sy het ‘n hekel gehad aan braaivleis-etes. Gese dis vir haar te veel werk… Blaas my siel! My pa het gebraai, en sy moes ‘n slaai of drie maak, maar dit was te veel werk. Net Suzie sal weet hoekom sy so geredeneer het.

Ek het wel besondere herinneringe om Desember-vakansies. Een deel was gewoonlik op Hartenbos. Daar onthou ek die koel, donker grasdak-rondawels. En my pa se bloubont swembroek wat net Desembers die lig gesien het. Ek was verstom – het nie eers geweet my pa kan swem nie. My ma kon nie swem nie, en het nooit in haar hele lewe ‘n swembroek gedra nie. En sy het gegril vir sand. So, ek kan my voorstel dat sy nie van ‘n seevakansie gehou het nie. Ek onthou die rondawel moes gedurig uitgevee word.

Die tweede deel van ‘n Desembervakansie was gewoonlik dan op my pa-hulle se familieplaas Uitvlug naby Joubertina. Twee broers het daar geboer. Oom Okkie en oom Paul. Ons het altyd by oom Paul-hulle gebly. Ek onthou die plaas (gemengde boerdery) se Desembers vir koring-oes, en vir sappige, soet rooiwangperskes. En vir ‘n solder vol Landbouweekblaaie met Adoons en oom Kaspaas-strokiesprente. Ek het altyd op die solder gaan le, plat op my maag en reg in die deur (vir lig) en al die Landbouweekblaaie se Adoons en oom Kaspaas-strokies gelees. Op die solder is daar ook droeperskes gedroog, as ek reg onthou. Of nee, dis op sinkplate in die tuin gedroog, maar ek dink dis op die solder geberg. Ek onthou eiers uithaal saam met my niggie Marthatjie (wat letterlik omtrent 25 jaar ouer as ek is). En rondplas in die vlak water van die Kouga-rivier. Ek onthou ‘n splinternuwe geel bikini wat my ma vir my gemaak het. Enige 7-jarige se trots. Ek het op die laagwaterbruggie oor die Kouga gaan sit om te kyk hoe die groter kinders swem (ek was ‘n laatlam) en toe ek opstaan is my hele nuwe geel bikinibroekie vol gesmelte teer. ‘n Hartverskeurende ramp!

Uitvlug was ook die plek waar ek en my pa die eerste keer in my geheue iets alleen gaan doen het. Hy het ‘n knapsak gepak met geelperskes en ‘n bottel water, en ons het die “berg” agter die huis uitgestap. (Seker hoogstens ‘n hogerige koppie…) Tot by die baken doer bo, waar ons gaan sit en rus het en uitgekyk het oor die plaashuise daar onder. Hy het vir ons geelperskes geskil, en ons het die water uit die bottel gedrink. En heuningtee gepluk. Saans het die kragopwekker bepaal hoe laat mens mag le en lees, en jy’t nie met ‘n boer teegestribbel as hy besluit die ding het nou lank genoeg geloop nie.

Ander Kersvakansies is ek en my ma met die trein van Windhoek af PE toe om vir my ouma te gaan kuier. Ek onthou eintlik net een van hierdie Desembers baie goed. Die een toe ek die klein battery-aangedrewe orreltjie gekry het. Die note was geel en pienk en pers en groen en grys, en die note in die meegaande boekie dieselfde kleure. So, mens kon ‘n heel gangbare tunetjie speel. Wat ek opsluit gedoen het, heelpad Windhoek toe in ons koepee. My arme ma! En die ander passasiers…

My antwoord aan Dan Roodt op sy rassistiese post oor Prof. Jonathan Jansen

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Dan Roodt skryf as volg op sy jongste post. (Ek kon dit nie weerstaan om hom te antwoord nie. Ek doen dit omdat ek glo dis juis uitsprake soos hierdie wat nog groter klowe in SA veroorsaak as wat mense besef.)

Jansen sien nie SA patologie raak

 

Jansen praat in ‘n Beeld-rubriek van “…vier seuns wat verskriklike dade gepleeg het”. Is enigiemand beseer? Die “slagoffers” het dit alles met glimlagte deurstaan en het vrywillig aan die ritueel deelgeneem.

Indien die Reitz-vier “verskriklike dade” gepleeg het, wonder ek wat pleeg die moordenaars, verkragters en rowers wat elke dag ‘n skrikbewind in ons land voer.

 

Terwyl Jansen hom kwel oor die “afwyking” van die Reitz-studente, gaan die groter en intenser patologie van Suid-Afrika, die sadistiese moordlus wat botvier in plaasmoorde en huisaanvalle by hom verby.

Maar nou ja, wat meer kan ons van die man verwag? Is hy nie maar net nog ‘n “kwotaspeler” in die akademie, nog ‘n RA-aanstelling met ‘n mindere intellek en ‘n groot swart kar nie?

 

Ag nee wat, Dan, tot op ‘n punt in hierdie post kon ek dalk nog met jou saamstem (die deel oor studentepret, moontlik, en die skrikbewind van misdadigers, beslis), maar om Jansen darem ‘n kwotaspeler met ‘n mindere intellek te noem is verregaande, selfs vir jou.

Het jy die man al ontmoet? Want indien jy het, sou jy besef het hy is allesbehalwe agtergeblewe as dit kom by IK. En verder het hy sy kop VER uitgesteek vir hierdie vier seuns (wat, net terloops, al jong manne is en eintlik vir hulleself kan en behoort te praat).

Jansen en jy het dalk veel meer in gemeen as wat jy sou wou besef, Dan, want, net soos jy, loop hy glad nie oor van liefde vir die ANC-regering nie. En, nes jy, is hy ‘n reguitprater. Hy skroom nie om foute uit sy eie verlede te erken nie, en probeer sy bes om ‘n insig in die groter massa van Kovsie-studente te kry deur sy oop deur-beleid. Hy het by minstens een geleentheid waar ek by was (ek was by drie in twee maande waar hy oor dieselfde tema van versoening gepraat het) gese dat dinge soos die Reitz-video voor die deur van ‘n groter probleem in SA gele moet word: ‘n gebrek aan respek. En dat ALLE mense in SA vir mekaar moet respek kry, want eers dan sal ons land kan vooruitgaan. My gesonde verstand se dat hy net so bekommerd is soos ek en jy oor misdaad en plaasmoorde en wat jy noem die “groter en intenser patologie van SA”.

Jansen sou homself veel minder probleme en kritiek op die hals gehaal het as hy eenvoudig geswyg het oor die Reitz 4. Dan, moontlik, sou jy hom kon beskuldig van kwotaspeler wees. Maar hy het nie, en hy het ‘n duidelike poging tot versoening aangewend.  Terloops, het jy vir hom in die openbaar lof toegeswaai vir die versoenende stap? Want ek kan nie onthou dat ek dit gesien het nie.

My raad sou wees dat ons as Afrikaanssprekendes (wat Jansen insluit) eerder vriende onder mekaar sal maak as om mense (soos Jansen) te vervreem met ondeurdagte rassisme. Want dit is wat jou post op neerkom, Dan. Rassisme.

Justice for Leigh Matthews: Hot off the press! Moodley denied leave to appeal

November 25, 2009 in Sonder kategorie

In this case, at least, justice prevailed! Just received from e-blockwatch.

By Gill Gifford

Donovan Moodley made what was possibly his last public appearance on Wednesday when he lost his application for leave to appeal against his life sentence.

The man who murdered Leigh Matthews is trying everything in his power to get out of jail, and now has only the Supreme Court of Appeal as his last resort.

Joburg High Court Judge Joop Labuschagne ruled that Moodley’s reasons for filing his application four years late were “extremely meagre and totally unsatisfactory”.

Explaining that he had carefully reconsidered his judgment and the life sentence handed down to Moodley, Judge Labuschagne said he believed he had not misdirected himself in any way, nor had the sentence been “grossly excessive”.

Moodley’s counsel, Advocate Charles Thompson, had also asked for a special entry to be noted. Judge Labuschagne ruled against this too, stating: “I am of the view that the application is frivolous and granting ! it would be an abuse of the process of court and would lead to an appeal where there is no prospect of success.”

Leigh’s father, Rob Matthews, was pleased with the ruling.

“He (Moodley) is contemptuous and it’s the way he deals in life,” Matthews said. “It is why he is so dangerous and why he should be made to spend the rest of his life in jail.”

This breaking news flash was supplied exclusively to iol.co.za by the news desk at our sister title The Star. For more about this story, carry on watching iol.co.za or click here to subscribe to the digital or print edition of the newspaper.

It’s NOT only men being guilty of violence against women and children.

November 25, 2009 in Sonder kategorie

The reaction to my previous post, and Simon’s blog on 16 days of activism led to this post.

It’s DEFINITELY not only men that needs to stop committing violence against women and children. Women needs to stop doing it too.

Before I get jumped on for saying this, let me quickly explain.

1) My earlier post tells the story of a mother treating her child worse than most people would ever treat an animal.

2) A few years ago I was the research journo for a programme on kykNet called Spits. It was an investigative programme, which means people send us leads for stories, mostly on corruption and crime, to be exposed. One of the stories led us to the smallholding of a woman who owns a brothel (or two) in Pretoria. Not only does she become rich from “renting out” other women’s bodies, but she also holds their children “hostage”. Albeit a sophisticated hostage-holding under the guise of helping these kids. It works like this:

The mother is worried about her child/children being left without care while she is out “working”. The kindly madam brothel-owner steps in and offers to take said children under her wing. She then takes them to her plot, where they are looked after and send to school. But, here’s the catch, the mother (prostitute) now has to “work back” her children. In other words, before she can see them again, she has to earn X amount of money for the madam.

And here is the other catch: the Madam imposes all kinds of fines on the prostitutes. Anything from “being rude” to a client, arriving late to clashing with another prostitute gets “fined”. The Madam fines at whim, and according to the prostitutes interviewed, even thinks up things.

The result? The mother can’t ever get her child back without the help of police or social workers, in which case she will more than likely lose the children in any case.

3) This story led to other prostitutes contacting us with similiar stories. (Bear in mind this was about six years ago.) I went to interview some of them for a magazine article, and was told the story of a certain blonde bombshell visiting brothels to pick out ladies for her and her boyfriend’s games. The lady in question? Advocate Barbie, of course!! It was also a known fact among brothel owners that she was looking for young girls as well. I heard that there was a couple operating from the Maders Hotel in Pretoria back then who was renting out their young daughters…

So, feminists and activists and all kind of other -ists, it’s NOT men who needs to stop violence against us and our children. It’s  SOCIETY IN GENERAL, including mothers and aunts and cousins and nieces who often see wrongs being committed, or even worse, commit it themselves.We all need to stand together against this, and, very important, teach our children in such a way that we can break the cycle of violence. I have a little boy, and it is my job to teach him respect for women and children. (For other people in general.) And I have a 11-year old girl, and I must teach her the same things, plus self-respect and self-esteem so that she will hopefully not fall pray to any kind of mistreatment or violence.

Also: are we as society doing enough for women in need? Are there enough shelters? Do we want to get involved in a case where we know for sure that a woman is being abused? The answer, unfortunately, is NO! So, society as a whole needs to stand up and be counted in campaigns like the 16 Days of Activism.

Vanoggend se Beeld: “Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak”

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie laat my bloed so KOOK dat ek sommer in Engels en Afrikaans hieroor post. Dit was op vanoggend se Beeld-voorblad, en ek wil opgooi as ek dink aan die haglikheid van hierdie klein mense se lewe. En die feit dat sy geen toekoms het nie.  So ‘n ma behoort regtig die doodsvonnis te kry. Wens ek kon gaan betoog by die hof waar sy verhoor word.

Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak gevind

Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het mnr. Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

– Beeld

I hope this bitch of a “mother” rots in hell!

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Sometimes reading the newspaper on an empty stomach isn’t a good thing. Especially not today’s Beeld. Read this, and weep. How can anybody do this to ANY child, let alone her own child? She is a heartless, cruel bitch, and I wish we still had the death sentence in this country when I read something like this. And it happens much more often than we think – it’s only the very extreme cases that make newspapers.

I wish I knew when and where this “mother” will appear in court. Would like to organise a whole lot of people to toyi-toyi and demonstrate and throw rotten eggs at this cow.

Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak gevind

 

Magdel Fourie

Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het mnr. Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

– Beeld