Die Engele Om My…

September 27, 2009 in Sonder kategorie

… is die verhaal van ‘n borskanker-survivor se merkwaardige stryd teen kanker die afgelope 10 jaar. Toe LAPA Uitgewers die manuskrip ongeveer ‘n jaar gelede vir my gestuur het, was ek dadelik aangegryp. Nie net deur Frieda Bernard se besondere verhaal nie, maar ook deur haar geselserige, natuurlike vertelstyl.

Ek het heelwat vriendinne (omtrent 12, as ek reg tel) wat borskanker oorleef het, en in almal se agterkoppe is daar maar altyd die vrees dat die kanker weer kan toeslaan. In Frieda se geval het dit, en in die laaste 10 jaar was sy nog net twee jaar in remissie. Na haar aanvanklike mastektomie, en ‘n jaar of wat later ‘n profilaktiese (voorkomende) mastektomie, is die kanker sedert 2002 terug, hierdie keer in haar lewer.

Sy is tans besig met haar vyfde reeks chemoterapie, al wil medici nie graag meer as drie reekse chemoterapie in ‘n leeftyd toedien nie, en tog is sy steeds entoesiasties oor die lewe.  Wil sy lewe, meer as enige iets anders. Sy beskryf die wil om te leef as ‘n oerdrang.

Ek was bevoorreg om Frieda te help met haar manuskrip, en is bly dat sy, ten spyte van baie odds, haar boek in haar hande kan hou. Dis ‘n eerlike, emosionele kyk na ‘n siekte wat hand-oor-hand toeneem. Moenie ‘n mediese gids verwag nie – verwag eerder ‘n intieme, inspirerende vertelling.

Die Engele Om My word amptelik geloods by die Rooi Rose/KANSA-tee op 28 Oktober, maar dis reeds beskikbaar by LAPA. Kyk uit daarvoor vandeesweek by LAPA se boekstalletjie by Aardklop, CNA, of by enige boekwinkel wat LAPA se boeke versprei. Dit kan ook bestel word by www.lapa.co.za

Cheers Frieds! Ek weet jou boek gaan baie beteken vir almal wat teen kanker baklei, en ook vir hulle gesinne. And don’t give up!!

1 antwoord op Die Engele Om My…

  1. Thanks vir die inligting
    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.