Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Die 7-jarige se Bybelkennis…

Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie

… is, uhm, ietwat twyfelagtig.

Hy is ‘n ywerige Sondagskoolgangertjie, mis nooit huisgodsdiens nie, en bid ingewikkelde gebede saans.

Gister het hulle The Prince of Egypt (?) by die skool gekyk. Vanoggend deel hy ywerig sy nuutgevonde kennis met my:

“Moses (kan dalk ook Josef wees, vir al wat ek weet) was nogal ‘n stout seuntjie. Hy het ballonne gebrei – ag, ek meen, naald gewerk (sic!) en dit dan vol water gemaak en by die venster uitgegooi. Dan het hy afgeduik, en sy broer bly dan daar staan, en dan raas die mense met hom.”

En vir die wat nog altyd wou weet: die konings van Egipte noem ‘n mens Aaron…

Hoe Prof. Jonathan Jansen die UOVS wil regruk

Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie

Pas terug van ‘n perskonferensie met Prof. Jonathan Jansen oor sy toekomsplanne vir integrasie by die Universiteit van die Vrystaat.

Hel, ek’s bly ek is nie Jansen nie! Dit kan nie maklik wees om die “baddie” te wees wat moet kom se hoe ‘n universiteit sy strukture moet verander om nie meer (altans volgens die res van die land en wereld se opinie) geinstitusionaliseerd rassisties te wees nie.

Terwyl ek daar sit, tref dit my dat ek in 1989 as primaria van ‘n Matie-koshuis (Serruria) lid van die komitee was wat die “oopstel” van koshuise moes bespreek. Dit het (sover ek weet) teen 1991 rond begin gebeur. En 18 jaar later is ‘n universiteit wat allerwee as ‘n leier op verskeie vakgebiede beskou word (onder meer landbou en medies) steeds aan die stoei met hierdie dilemma.

Ek het die afgelope 4 weke 3 maal persoonlik met Prof. Jansen te doen gehad, en moet se ek was verras. Hy is nie so wintie soos wat ek vooraf gehoor het nie, en sy planne het my getref as baie logies en uitvoerbaar. Hy is ook duidelik baie in voeling met sy universiteit se mense, van studente tot by fakulteite, en het blykbaar ‘n reeks van 100 gesprekke gereel om insig in die probleme te kry. (Ja, hy is reguit, maar nie op ‘n Julius-manier nie… Trouens, hy het nie ooghare vir Sy Dofheid nie.)

Die vernaamste plan is om vanaf volgende jaar met gemengde eerstejaarskoshuise te begin. Jansen se argument is eenvoudig: mens gaan nie 27 000 studente en hul ouers se opinie oornag verander nie, en ook nie ‘n eeu se tradisie nie.

Maar as jy begin by die generasie wat tans doodnatuurlik en sonder bohaai skoolbanke, sosiale lewens en selfs koshuise deel, sal die integrasie waarna gestreef word, doodnatuurlik en geleidelik plaasvind. (As ouer met kinders op laerskool, het ek al opgelet dat hierdie generasie regtig “kleurblind” is.)

Of dit gedwonge integrasie is? Jansen raak warm onder die kraag oor hierdie term, en gebruik ‘n uitstekende voorbeeld: vliegtuigsitplekke word toegeken deur die lugredery, maar niemand beskou DIT as gedwonge integrasie nie…

Jansen meen Kovsies is oop vir verandering en nuwe leierskap ( byvoorbeeld die heel eerste swart SR-voorsitter in die geskiedenis van die universiteit is verlede week verkies) maar het tog ook groot empatie met studente wat die veranderinge moeilik vind.  

Hy meen studente is bang oor wat hulle kan verloor eerder as ras-antagonisties (racially antagonistic). “Dis my taak as leier om hulle te lei na waar hulle besef hulle gaan meer wen as verloor,” het hy gese.

Een interssante wending, myns insiens, is dat hy partypolitiek op kampus wil verbied. Indien nie, meen hy, gaan mens die volgende SR-verkiesing maar net weer “along racial lines” veg. Hy besef egter dat geen universiteit ter wereld sonder politieke idees op kampus kan funksioneer nie.

Ook oor onderrigtaal kan Afrikaanse ouers maar rustig slaap. Jansen het groot simpatie vir leerders wat grootword in ‘n provinsie waar Engels maar skaars is, en meen dis net regverdig teenoor almal om steeds te kies of hulle in Afrikaans of Engels onderrig wil word. MAAR hy wil ‘n stelsel implementeer waarvolgens 20% van ALLE klasse gesamentlik deur alle studente geneem sal word. Die klasse sal in albei tale deur uiters taalvaardige dosente aangebied word om so natuurlik die taalgrense te begin afbreek.

Hy het ook ambisieuse planne om die Universiteit uit te bou tot DIE universiteit in SA, met onder meer top-internasionale dosente en tegnologie soos skootrekenaars vir alle eerstejaars (om hul tegnologies vaardig te maak en die wereld vir hulle “oop te maak”). Hy wil die wereld ook op ‘n ander manier vir eerstejaars oopmaak deur hulle te neem op ‘n kort oorsese reis na ander akademiese instellings. (Persoonlik weet ek nie hoe haalbaar laasgenoemde is nie, maar hy het ons verseker hy werk aan befondsing uit die privaatsektor.)

Of Jansen die man is, sal net die tyd wys, maar van my kant af: voorspoed Prof! 

* Jansen is reeds die afgelope 5 weke in sy nuwe pos as vise-kanselier van die UOVS, maar word eers op 16 Oktober amptelik ingehuldig. 

Dankie vir die mooi woorde, liewe regering. Nou soek ons aksie!!

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

Dis verblydend om te sien dat daar onder die Zuma-regering werk gemaak word van dinge soos korrupsie en wanbesteding. (2 voorbeelde: die persoon wat die Gauteng-LP se duur Merc goedgekeur het, is gefire, en daar word landswyd ondersoek ingestel na munispaliteite se wanbesteding.)

Oor vanaand se TV-nuus, en in die eerste berigte wat deurkom van koerante, word daar ook harde geluide gemaak oor die soldate se onwettige protesoptog (eintlik is PLUNDERTOG ‘n beter woord) na die Uniegebou. (Lees volledige berig hier by Beeld. http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/83dbbdcd4c4a4f1c817f735c655c0edd/26-08-2009%2006-08/Soldate_maak_skandes)

Dis verblydend om te sien Dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militere veterane (have you ever!! Net in Suid-Afrika!) gebruik woorde soos “skandalig” om die “anargie” te beskryf. Nog meer prysenswaardig is haar opdrag om soldate wat deelgeneem het dadelik te laat skors. Ons wil beslis nie ‘n tweede Zimbabwe word nie, dankie agbare Minister.

Ek wonder net: is dit nie tyd dat daar weer diensplig ingestel word nie?

Nie net sal dit werkloosheid verlig nie, maar dit sal weer manne maak van ‘n generasie jong mans wat skynbaar grotendeels met ‘n rubber-ruggraat gebore is (oor alle rasse en klasse is dit duidelik sigbaar). Dit sal die land se moraal ‘n hupstoot gee en nasietrots aanmoedig.

Dit sal die staat ook minder kos as om ‘n weermag in diens te hou teen arbeidswet-salarisse. (Mens wonder oor gerugte onder die stakendes dat Weermaglede met 15 jaar diens net meer as R4 000 uitkry. Is dit “cost to company”, en met of sonder voordele soos behuising, medies, etc. Want as dit MET voordele is, is dit steeds meer as wat baie ander mense in hierdie land verdien, en dis nie asof die weermag hul alies afwerk nie.)

Mense wat teen diensplig gekant is en my dalk wil kruisig: onthou net, ons is nie in ‘n oorlog waar daar van mense verwag word om ‘n ideologie te ondersteun en ‘n oorlog te gaan veg nie. ‘n Fikse (in alle opsigte) weermag kan ons land se statuur in Afrika net verbeter.

Op ‘n ander noot: Gwede Mantasha, sekretaris-generaal van die ANC, het vandag Metro-raadslede wat nie hul werk doen nie, gewaarsku dat die ANC hul Metro’s sal oorneem as dinge nie regkom nie. Mooi man!!

En ewe verblydend is sy harde uitspraak teen taxi-eienaars wat beloof het om die beplande busvervoerstelsel teen te staan en daardeur ander wetsgehoorsame landsburgers hul reg op veilige, goedkoop vervoer wil ontneem.

Ek hou van die geluide, Mnr JZ en kie – ek en ander Suid-Afrikaners kyk nou grootoog vir julle aksie!

PS: Wat is dit van stakings wat ek nie verstaan nie?? Is daar erens ‘n uniek Suid-Afrikaanse definisie wat stakings = vandalisme? En hoe kan mense so idioties wees om asdromme om te gooi en rommel te strooi (bv. die munisipale werkers en dieretuinpersoneel verlede week) as hulle dit self more/volgende week moet skoonmaak?

Blaas my siel, is al wat ek kan se…

Waar WAS die wittes gister? My antwoord aan Malema…

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

…is baie kort.

Ek het gewerk, en jy ou Jules?

(Ps. Dalk het ek onwetend op TV gekyk na ‘n ontvangs vir ‘n ander kontingent Suid-Afrikaanse atlete, maar ek het wel daar ‘n paar witmense gesien. Se maar net.)

The lame old racist argument yet again… Yawn…

Augustus 25, 2009 in Sonder kategorie

What on earth does Caster Semenya’s race have to do with the fact that she’s being gendertested? I thought they were looking for male or female hormones because of her build, facial hair, lack of curves and deep voice. 

And don’t get me wrong, I am 100% behind Semenya. It is a fact that that this incident could have been handled better, i.e. by testing her WELL before the event.

But even the poor star herself looked embarassed by the stupid tirade of ASA’s Leonard Chuene (or is he not with ASA anymore?? He certainly carried on like his still chairperson) at today’s press conference.

Making yourself look silly by playing racist-racist might be a daily occurence in South Africa, but blaring out your completely ilogical arguments about this being a racist incident to the whole wide world is quite another.

On the upside, maybe now the rest of the world will have more sympathy for South Africans who complain about the ever-present racism in our country.

Stealing the limelight from stars like Malaudzi and Mokoena by turning today into a political rally, was also in VERY bad taste. Hats off to them, Semenya and the rest of the team for making us proud! Well done, guys! 

And will Julius Malema EVER learn some tact? He (naturally) jumped on the Semenya-bandwagon, and even called white female athletes ugly. ( Read herehttp://www.nuus24.com/Content/Sport/AnderSport/1550/a54e59fa61af47a4bc14d7341dd99dd9/23-08-2009-08-02/Malema_Wit_vroueatlete_is_lelik)  

My advice to His Stupidness: Go and learn from Mr JZ. He at least thinks before he speaks.

(And there you thought I was going to tell him to go and look in the mirror…)

Life according to a 7-year old…

Augustus 25, 2009 in Sonder kategorie

Sit vanoggend en kyk hoe trek my 7-jarige seunskind aan. Hy’s nog op daardie snaakse stadium waar selfs die kleinste skoolkortbroek soos ‘n skirt lyk… met wit spykerbeentjies wat onder uitsteek. En ja, hy glo vas dis al die regte tyd vir “kortmoubroeke” (sic!) vir skool. Trouens, hy’t my met daardie vraag wakker gemaak.

Sy veters gaan aanmekaar los, want “ek maak my skoene anders vas as julle.”

As hy met sy hond praat, verwys hy na homself as Pappa. Soos in: “Kom na Pappa toe…” (Ironies, want sy eie pa hou ‘n ver afstand – enige iets wat kan inmeng met drinktyd, is uit.)

As hy eendag groot is, gaan hy vir Martha (ons huishulp en sy tweede ma) ‘n oranje Smart-kar koop. En hy gaan haar SELF leer bestuur. En hy gaan vir my en sy sussie en homself drie huise langs mekaar koop…

Saans le hy in sy kamer en skree minstens drie keer hoe lief hy vir my en sy sussie is. Vanoggend, toe Martha vroeer as gewoonlik inkom en hy haar nog voor skool kan sien, hardloop hy na haar toe en gooi sy arms om haar lyf van blydskap. Vir hom is daar nog net twee soorte mense: die waarvan jy hou, en die waarvan jy nie hou nie.

Elke aand bid hy dat sy pappa se hartjie sal verander en “vol Christenheid” word. En ditto die harte van die boewe en skelms.

Ai, om die geloof van ‘n kind te he.

Varkgriep: pandemie of sameswering?? Gisteraand se Carte Blanche. En verswakte bejaardes.

Augustus 24, 2009 in Sonder kategorie

‘n Vriendin se 2 kleuters is vanaand getoets vir varkgriep. En heimlik worry ek so versie oor my Luc-kind. Hoofpyne en koors kom en gaan nou al byna 3 weke lank. Al deur twee antibiotikas/penicilin. Vandag weer in trane oor hoofpyn – glads vanmiddag geslaap, en dis glad nie hoe hy is nie.

Wens iemand wil vir ons ‘n slag presies vertel wat is die stand van sake – gisteraand se insetsel op Carte Blanche kan mens so half laat dink dis ‘n conspiracy-teorie om die vervaardigers van Tamiflu en entstowwe ryk te maak, maar dit raak scary as dit nader kom aan jou persoonlike sirkel.

Terloops, gaan kyk gerus na die Carte Blanche webwerf. Alles wat gisteraand uitgesaai is, was baie goed. Die een oor die verkeerde mediese behandeling van bejaardes in ‘n frailcare sentrum het my maar net weer laat besluit om my pa slegs as HEEL laaste uitweg in so plek te sit. Veral toe hulle weer die footage uit die ou CB-program van die fisieke mishandeling van bejaardes wys.

As ek kyk na hoe weerloos my pa is, kan ek net dink hoe hy sal deurloop onder ‘n ongevoelige of ongeduldige versorger. En as ‘n plek understaffed is, is die kanse skraal dat die mense wat met die bejaardes moet werk in topvorm gaan wees as dit by geduld kom.

Hats off vir die drie versorgers en Martha Moroke, my huishulp van 8 jaar, wat beurtelings help met my pa. (Daar is 24 uur ‘n dag iemand by hom.) En weer wens ek ons vier kinders het geweet hoe swaar my ma moes gekry het met my pa se versorging. Sy het dit so fantasties gedoen, sonder om ooit regtig te kla… Ek is bly dis haar gespaar om te sien hoe vinnig hy nou agteruit gaan.

Waar, o waar, om te blog…

Augustus 24, 2009 in Sonder kategorie

So bietjie rondgeval tussen domeine. Wil nie op LitNetBlogs wees nie – al die kwasi-intellektuele gewroeg gee my ‘n pyn. Mense, daar is regtig serious stuff in die lewe – maar blogging is nie nodig om nog een van dit te wees nie. En daar is dinge om oor te ween: geliefdes wat doodgaan, mense wat arm en honger is, diere wat mishandel word. Maar ek wil nie ween oor al die nonsens waaroor bevoorregte smartvrate sit en blog nie. Want, let’s face it, as jy ‘n eie rekenaar en internet het, is jy bevoorreg. Maak nie saak wat jou bankbalans se nie. Of hoeveel keer ‘n maand die bank bel oor jou kredietkaartpaaiement nie…

Lekkertes van die naweek:

  • Die herlees van Barbara Kingsolver se “The Bean Trees”. ‘n LIEFLIKE boek. Mens sukkel om dit in boekwinkels te kry, maar ek het een bestel by Kalahari. Ek het dit byna 20 jaar terug gelees, en beskou dit as my “onvergeetlikste” boek.
  • Die vars vrugte by die Echo Berry-padstal naby Hartebeespoort. Net R24 vir 3 kg aarbeie!! (Woolies-kwaliteit). Papinos vir R20 ‘n boksie, pynappels vir R24 ‘n boks! Mens kan die somer se naderkom amper proe. En ek kan dit ruik in die jasmyn wat begin blom. Ons het heel naweek Smoothies gemaak in ‘n poging om die immuunstelsels te boost!)
  • Nog ‘n lekkerte is om te sien dat my tappit-buurman (hy dra nog ‘n laaaaaaaaaaaaaaang mullet!!) besig is om te trek nadat hy die ou tante langsaan se huis deur sy agterent getrek het die afgelope 2 jaar. En sy Alsation een van my honde doodgebyt het, en die muur tussen ons stukkend gespring het.
  • Stasioner, die opvoering van Mosaiek-kerk, was uitstekend. BAIE professioneel. Welgedaan, Johan Heystek en span. My gunsteling-karakter was Alice, ‘n komiese byspeler in die rol van ‘n (baie dom, waarskynlik effens getikte) skoonmaker. Terwyl die werklike drama voor op die verhoog afspeel, was Alice 10x meer entertaining doenig in die agterste gestoeltes.
  • Om te probeer inhaal op my slaaptekort (die afgelope 10 jaar verloor weens moederskap en ander realiteite van die regte wereld). Slegte nuus: al die slimmes wat se mens kan dit nie inhaal nie, is reg. Maar dit was nogtans lekker om te probeer…

Grootste pyn-in-die-jis sedert Vrydag:

  • My eks-man wie se verslawingsprobleem my kinders se harte breek. Hulle bid elke aand dat sy “hartjie moet verander”.
  • Dr. Pieter Duvenhage, “filosoof” van Monach Universiteit (word glo binnekort ‘n professor daar, aldus sy CV) se uitspraak by die ATKV-kongres Vrydag wat reken die ATKV behoort “die taal” (Afrikaans) “meer aktivisties” en “met ‘n politieke strategie” te verdedig. Ag p-uh-leaaaaaaazzzzzzzzze!!! Wanneer hou ons op wroeg oor Afrikaans se voortbestaan? Praat dit net, skryf dit net! Los die politiek vir Praag, VF+ en al die ander. Politiek is tydelik, kultuur vir ewig. (En ek mag dit se, want ek het ‘n graad in Politieke Wetenskap! Maar as joernalis kry ek veel meer reg as wat ek waarskynlik as politikus sou kon doen. Die pen is inderdaad magtiger as die swaard!)
  • Pa se verpleeghulp se man wat saans sit en drink as hy na sy kinders moet kyk terwyl Nancy by Pa is. ‘n Maand of twee gelede was hy nie daar nie, toe molesteer die buurseun die 6-jarige dogtertjie. Vrydagaand is hy weer iewers in ‘n sjebien toe die 9-jarige die ketel vol kookwater op hom omtrek.

Hoekom het ek my regte naam afgehaal van my blog? Het vroeer vanjaar 40 geword, en uitgevind dis regtig so dat iets in mens se kop verander. Ewe skielik het my nonsens-verduur-toleransie gehalveer… Dalk nie ‘n goeie idee om altyd onder my eie naam mond uit te spoel nie, maar ou bloggers weet presies wie ek is…

Ma, wat is angstigheid, Ma?

Augustus 20, 2009 in Sonder kategorie

My bekkige 7-jarige het ‘n ligte asma ontwikkel as newe-effek van die woeste griep wat ons land in ‘n kopklem het.

Gister vertel hy grootoog vir my pelle hy weet nou wat sy asma veroorsaak: angstigheid.

En in dieselfde asem draai hy na my en vra: “Ma, wat is angstigheid, Ma?”

Ons vreemde wereld

Augustus 20, 2009 in Sonder kategorie

Skrik myself wawyd wakker toe ek hoor dat ons blitsige 800m-wereldrekordhouer, die 18-jarige Tukkie Caster Semenya, gister voor haar puik vertoning eers vir ‘n GESLAGS-toets moes gaan! ‘n Ander berig op die internet se “die uitslag sal eers oor ‘n paar weke beskikbaar wees”.

En hulle se die potloodtoets van destyds was belaglik! Ek kan maar net se: You go, GIRL!

Lees hier meer oor haar ongelooflike vertoning by http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2549088,00.html.

Die lagwekkende nuusberig het my toe goed wakker. Neem die engele skool toe, en beland agter een van hierdie groot bakkies (amper soos die Ford F100’s van destyds), maar met GROOT wiele. Wonder nog so by myself oor mans en die grootte van hul rygoed, toe ek die trok se naam in groot geel letters agter op die venster lees: GOLIAD…

Goliad was sekir opad na die petrilstaasie ‘n end vedder an in die dieselvde woonbiert. En daar sou die arme petriljogies sekir fol bewondereng moes kuik hoe hy yt die grood trok spreng en homself eers regskit foordat hy hile bewondirinde kuike needereg verdier…