Die eerste jasmyn…

Augustus 30, 2009 in Sonder kategorie

…het ongemerk hul pienk blommetjies uitgestoot. Vanaand toe ek uitstap om die honde te gaan toemaak, was die aandlug gevul met die soet reuk van jasmyn. Lente is hier!

My klonkie het vandag vir die tweede keer vir sy ma ‘n takkie bloeisels gaan pluk. En my 10-jarige kan sien haar ma is doodmoeg, en het vanaand (self aangebied en vir die eerste keer in haar lewe) hulle twee se pousebroodjies vir more gemaak.

Hoe geseend is ek nie.

1 antwoord op Die eerste jasmyn…

  1. fanjan het gesê op Augustus 30, 2009

    Ons het vanoggend oor ons jasmyne gepraat. Ons het `n jaar gelede 10 geplant wat ek ge-nurse het met water en rank stokkies. Bertus, ons great Dane-hond het die helfte amper laat dooi met sy been oplig. By elkeen het `n paar blomme al oopgemaak. Oor `n paar dae behoort hulle goed te ruik, Bertus ten spyt.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.