One Man Can… en is hy nie goed nie

Augustus 28, 2009 in Sonder kategorie

Luidkeelse Jules verskyn Maandag waarskynlik voor die gelykheidshof oor sy uitsprake dat baie vroue wat beweer hulle is verkrag dit se na ‘n “lekker tyd” en nadat hulle vir “ontbyt en taxi-geld” gevra het.

Ironies genoeg neem die Sonke Gender Justice Network Malema hof toe. Volgens hul webblad (www.genderjustice.co.za) werk hulle “across Africa” om “men and boys”  te mobiliseer om geslagsgelykheid te bevorder, gesinsgeweld te bekamp en die verspreiding van HIV/Vigs te keer.

Sonke se vlagskip-projek is One Man Can.

En dit het  Sy Dofheid nou al bewys. One man can certainly mess things up when it comes to building a new, united SA!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.