Hoe verskillend hoor ons nie…

Augustus 28, 2009 in Sonder kategorie

Soos genoem, was ek gister by die mediakonferensie van Prof. Jonathan Jansen.

Vanoggend se opskrif in Beeld (Prof. Jansen wil nie k*k hoor nie) oor wat hy te se gehad het, laat my egter glimlag. Was ek by dieselfde konferensie?

Ja, Jansen het die woord gebruik – 1 maal, in ‘n aside, soos die Engelse se. Maar in die lig van al die ander positiewe dinge wat hy gese het, en die manier waarop hy sy boodskap oorgedra het (nederig, onarrogant, en met groot empatie vir sy studente se agtergrond en hoe hulle grootgemaak is) het die een enkele kragwoord vir my laat verdof tot net dit: een woord uit honderde positiewes wat hy gister gese het.

Tog jammer dat sensasie en skok so dikwels die hoofstroom-media pootjie en lesers laat met ‘n verwronge beeld van wie en wat iemand is.

1 antwoord op Hoe verskillend hoor ons nie…

  1. Ek “pride” myself nogal daarop dat ek nie vir sensasie skryf nie. Dit dra niks by tot ‘n beter mensdom nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.