Net in Suid-Afrika

September 5, 2008 in Sonder kategorie

…kry die ou wat op ons koppe spring om ons geldgordels stywer te trek, ‘n verhoging van R820 000 ‘n jaar. Sjym, om te dink die vorige jare moes hy “tevrede” wees met ‘n 4% verhoging op sy miljoene. Hierdie jaar het hy darem dubbel die inflasie-syfer gekry.

… ry iemand ‘n Outsurance-pointsman aspris om omdat hy nie wil stop toe die ou wys hy moet nie.

…pas ‘n motorwag die motors voor die polisiestasie op! Teen betaling, nogal.

…skiet die polisie jou uitmekaar in jou eie oprit, maar ‘n week later is die skelms nog op vrye voet.

… word ‘n CD versprei (as deel van ‘n verkiesingsveldtog) waarin mense aangemoedig word om weer ‘n gewapende struggle te oorweeg net om hul party op die soustrein te hou. 

…skryf almal outobiografiee, ‘n paar van hulle nog voor hulle menopouse tref. Ek stap nou die dag deur CNA, en sien toe op een rak Sonja Herholdt se boek, met Sunette Bridges en Louis van Wyk se boeke net langsaan. Hoor toe by Struik ons kan nog ‘n paar verwag voor die einde van die jaar. Edith Venter, Ryk Neethling, Max du Preez en Steve Hofmeyr s’n is almal voor Kersfees op die rakke.

…kruisig ons die een week die rugby-afrigter, net om hom weer die volgende week te kroon. Ek weet nie veel van rugby af nie, maar hou die fans al jare lank dop. En daar is (volgens hulle) nooit ‘n groter idioot as die coach nie. Maar as die Bokke die slag wen…

1 antwoord op Net in Suid-Afrika

  1. Izakdv het gesê op September 8, 2008

    Die die land, my land …
    Hoe gaan daardie liedjie nou weer?
    Het lekker gelag vir jou blonde grappies!
    izak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.