Jy blaai in die argief vir 2008 September.

Hoe ‘n soort Afrikaner is jy??

September 26, 2008 in Sonder kategorie

Lees ONDER wat skryf ‘n leser vandag in Beeld.

Erfenisdag en ’n nuwe erfenissentrum met ’n splinternuwe erfenismuseum. Die museum stal in woorde, foto’s en klank die geskiedkundige reis uit van die Afrikaner van 1899 (die begin van die Anglo-Boereoorlog) tot en met die nuwe millennium.

Met groot opgewondenheid besoek ek en ’n paar vriende die nuwe terrein. Groot was my teleurstelling dat ons vir die duur van ons teenwoordigheid daar bykans die enigste besoekers was.

Ons het gaan piekniek hou op die nabygeleë piekniekterrein en die motors het by ons verbygestroom – nee, nie na die nuwe Afrikaanse museum nie, maar na die oudhedemark reg onder die erfenissentrum.

Ek wil glo en hoop die gebrek aan belangstelling is te wyte aan ’n gebrek aan inligting. Ons mense weet nie van die nuwe museum nie. Mens sou dink dat daar ten minste een of ander volksgeleentheid vir Erfenisdag op die terrein gereël sou gewees het. Waar het die lede van die ATKV en die Van der Stel-stigting byvoorbeeld Erfenisdag gevier?

  • Barbara Hönck, Pretoria
  • Wat my bring by die vraag: hoe ‘n soort Afrikaner is jy?

    Want EK is NIE die soort wat Erfenisdag vier met ‘n “volksgeleentheid” nie. In fact, ek wil eintlik van ‘n volksgeleentheid niks weet nie, want vir my is dit laer trek. Ek is voor in die geveg as dit kom by goed soos om nie ons geskiedenis te vergeet nie. My argument is eenvoudig: dit het gebeur, moenie maak of dit nie het nie. Daarom lees ek byvoorbeeld (soms) oor goed soos die Boereoorlog. En ek het Ons Vir Jou in die staatsteater gaan kyk. (Net soos ek Grotman en Knypie op die Kant gaan kyk het, en volgende week Samoerai wil gaan kyk by Aardklop.)

    Maar ‘n “volksgeleentheid” vier of skuldig voel omdat ek eerder die vlooimark as die museum besoek op ‘n luilekker rusdag? Newwer!  (Terloops, Me Honck sal bly wees om te hoor ek het heeldag voor my rekenaar gesit, besig om artikels te skryf vir ander Afrikaanssprekendes. Sodat hulle darem iets het om te kritiseer…)

    Ek dink die liewe me Honck moet eerder besef elkeen in SA wil maar eintlik net sy eie gang gaan: of jy nou ‘n Zoeloe of ‘n Afrikaner is.

    En terloops: ek is ‘n ATKV-lid. Het selfs so vier jaar terug vir hulle ‘n media-skakeling veldtog gedoen. En laas toe ek gekyk het, was hulle alles behalwe ‘n “volkspele en Voortrekkers”-tipe organisasie. Dis moderne Afrikaanssprekende mense wat die TAAL en die NAASBESTAAN van alle rasse in Suid-Afrika wil bevorder.

    En omdat ek nog pelle het by die ATKV, weet ek die meeste van hulle is wel besig met baie harde werk by plekke waar Afrikaanssprekendes wel ‘n tipe van ‘n volksgeleentheid gaan vier: die Cultivaria-fees in die Paarl, en Aardklop in Potchefstroom. Soveel lekkerder en loslittiger as ‘n museum, dink jy nie Me Honck??

    (Terloops, ek is dol oor museums. My kinders was tot dusver te klein, maar ek het my (gewese) stiefkinders jare gelede al na almal in Pretoria toe geneem. Het die Voortrekker Monument se honderde trappe tot bo uitgeklim – iets wat ons almal se kniekies behoorlik laat bewe het.)

    Is dit nie tyd dat ons Afrikaanssprekendes ons kritiese, konserwatiewe mantels afhaal en ‘n slag ophou om te probeer voorskryf vir mekaar nie.

    September 24, 2008 in Sonder kategorie

     Got this from my friend Elise in Oz. I think there are some valuable lessons to be learned from this mail (by men, that is…)

    1. We got off the Titanic first.
    2. We can scare male bosses with the mysterious gynecological disorder excuses.
    3. Taxis stop for us.
    4. We don’t look like a frog in a blender when dancing.
    5. No fashion faux pas we make, could ever rival the Speedo.
    6.. We don’t have to pass gas to amuse ourselves.
    7. If we forget to shave, no one has to know.
    8. We can congratulate our teammate without ever touching her rear end.
    9. We never have to reach down every so often to make sure our privates are still there.
    10. We have the ability to dress ourselves.
    11. We can talk to the opposite sex without having to picture them naked.
    12. If we marry someone 20 years younger, we are aware that we will look like an idiot.
    13. We will never regret piercing our ears.
    14. There are times when chocolate really can solve all your problems.
    15. We can make comments about how silly men are in their presence because they aren’t listening anyway.

    ‘n Vrou is altyd reg

    September 22, 2008 in Sonder kategorie

     Vriendin Corlia is in die kol met die e-pos gedagte wat sy vandag aangestuur het. Ek deel dit graag:

    ‘n Vrou is ALTYD reg.
    Soms deurmekaar, oningelig, reguit,
    hardkoppig, beinvloedbaar en sommer plain stupid……
    Maar NOOIT OOIT verkeerd nie!!!

    My seun ontdek ‘n nuwe senuwee – in MY lyf

    September 19, 2008 in Sonder kategorie

    My kinders is maar gedurig waar ek ookal is. So doen ons al die afgelope 2 maande die fisioterapie-ding na die motorongeluk.

    My 6-jarige Luc is nog meer kere saam met my as Zoe, wat tot haar bittere spyt skoolpligtig is. Luc is ‘n lewendige rakker, maar weet hoe om homself te gedra (meestal…)

    As ek fisio kry vir my nek en skouer, speel hy onder die bed rond of maak praatjies met die terapeute. Soms kry ek akupunktuur (wat ek nogal kan aanbeveel) in besonder pynlike spierknoppe. (In ‘n neutedop: daar waar die speld ingaan, stel die liggaam sy natuurlike pyndoders vry.)

    Een van die baie seer nagevolge van die ongeluk is ‘n ontsteekte senuwee in my regterskouer (waarvan ek die pyn en swelling soms tot in my vingers kry). Die enigste keer wat ‘n akupunktuur-naald my nog seergemaak het, was in die besondere deel van my skouer.

    Vanoggend hou Luc my ystervark-voorkoms (‘n rug vol spelde) aandagtig dop. Na ‘n ruk trek Marjanne (sy met die fantastiese, helende hande) die naalde uit.

    “Is dit nie seer nie?” vra Luc.

    “Nee, glad nie. Was nog nooit,” antwoord ek. “O ja, behalwe daardie een keer toe dit my senuwee geraak het.”

    Ja, seg hy. Hy onthou. Dit was mos die keer met my “moer”-senuwee… (Waarskynlik ‘n naam wat ek die senuwee in die hitte van die pyn genoem het…)

    Van nou af bly hy by die huis as ek fisio kry.

    Bewaar ons van die …

    September 9, 2008 in Sonder kategorie

    Ek is vanaand blou van beneuktgeit – die skool gee vir die graad 4’s ‘n marionet om te maak. Die papiere kom laat by my uit (my kind was siek drie weke gelede toe dit blykbaar uitgegee is). Juffrou onthou verlede Vrydag om dit vir die kind te gee. Kind noem dit Vrydag terloops. Herinner my Maandag daaraan.

    Maar ek is op verskeie deadlines vir verskeie redakteurs wie se geduld ek nie langer wil beproef nie. Tussendeur is dit nog fisio vir Kind se hand en my nek en skouer (post-ongeluk). En ‘n toets vandag vir die Graad 4’s.

    Gaan kry vanmiddag die benodigdhede: twee skuifnaalde (iemand al daarvan gehoor?) by die hardeware winkel. Bedel vier keelstokkies by die dokter toe ek die Ander Kind dokter toe vat vir kroep. Nog steeds op verskeie deadlines. Darem een artikel ingegee vandag. (Moet eintlik more nog drie ingee, maar ek dink na my marionette-taak is daai plan nou na die maan.)

    Kom 6 uur by die huis. Vra die eks-man (wat die kids kom groet) om die gaatjies in die keelstokkies te maak. Nie oor ek nie kan nie, maar oor hy min genoeg doen vir die kinders. 

    Probeer toe die %#[email protected]! ding aanmekaarsit volgens die juffrou se papiere. Praat in vreeslike tale. Raas met die kinders. Wil die honde verwurg. Want: moes drie skuifnaalde he, en boonop van ‘n heel ander variety as wat die hardeware man vir my gegee het.

    Maak toe ‘n plan (‘n vrou het mos gewoonlik een). Sit goed na lang gesukkel en vreeslike woorde op ‘n manier aanmekaar. Wens ek het ‘n man in die huis gehad vir wie ek dit kon los. Dink smartvraatlik aan al die getroude vrouens wat aand na aand met hulle mans baklei en nie daaraan dink dat hy handig te pas sal kom in (onder meer) ‘n marionette-taak nie.

    Trek weg en teken (volgens die diagram) ‘n gawe diertjie. Begin wol knip om genoemde gawe diertjie se lyf mee toe te plak. Onthou Kind moet taak doen saam met marionet. Een of ander storie. Kom op (nou eers!) deurmekaar lessenaar, onder hout, karton, draadjies ensovoorts, af op nog ‘n papier wat aankondig genoemde %$#@! marionet moet ‘n kultuurgroep voorstel, en moet boonop saam met ‘n storietjie gedoen word wat genoemde %$#@! marionet se kultuur uitbeeld.

    Ander Kind word sommer kamer toe gestuur, want hy irriteer my. (En dit, liewe vriende, het omtrent nog net 4 keer in sy 6 lewensjare gebeur, want ek en hy is ganse van die selfde dam.)

    Nou ja, vele vreemde (maar baie bevredigende woorde) en met gom op my vingers later kan ek met trots aankondig dat genoemde marionet onder my vaardige vingers geblom het tot ‘n Herero-vrou. (Gelukkig het ek in Namibie grootgeword, en gelukkig het ek eenkeer op ‘n nostalgiese trip vir die Kind een gekoop. Okay, okay, dis kitsch, maar sy was vier…)

    En jip, terwyl ek hier tik, onthou ek dat ons nog nie by die %$#@! storie van die Herero-prinses (of wat ookal) uitgekom het nie. En onthou: dit moet die kultuur uitbeeld… Het Kind intussen ook bed toe gestuur.

    Wat my so erg grief, is dat ek NIE een van die ma’s is wat hulle kinders se take doen nie. Het regtig nog nooit nie. My argument is eenvoudig: ek het klaar al daai standerds deurgekom, en niemand het my gehelp nie. Maar hoe op aarde die Onderwysdepartement dink ‘n 9-jarige moet dit al die handwerk op sy of haar eie doen, gaan my verstand te bowe. En ek het nie ‘n dom of onoorspronklike kind nie.

    Nou wonder ek hoeveel ek gaan kry…

    Het darem die afgelope twee (stresvolle) dae hardop gelag: lees gisteraand in die Huisgenoot (ja toe, moenie maak of jy dit nooit lees nie) hoe ‘n leser (ek lei af hy is nogal ‘n dominee) vertel van sy kinders se ougat-segoed.

    En toe die kind by die huis kom van die kleuterskool af en vertel dat hy die Onse Vader kan bid, het Mamma en Pappa natuurlik dadelik geseg “laat ons hoor”.

    En, skryf die pa, dit het heel goed gegaan. Tot die kind ‘n letter omgeruil het, en ewe ernstig op sy kniekies langs die dubbelbed gebid het: “en bewaar ons van die dose…”

    Is presies hoe ek voel…

    Net in Suid-Afrika

    September 5, 2008 in Sonder kategorie

    …kry die ou wat op ons koppe spring om ons geldgordels stywer te trek, ‘n verhoging van R820 000 ‘n jaar. Sjym, om te dink die vorige jare moes hy “tevrede” wees met ‘n 4% verhoging op sy miljoene. Hierdie jaar het hy darem dubbel die inflasie-syfer gekry.

    … ry iemand ‘n Outsurance-pointsman aspris om omdat hy nie wil stop toe die ou wys hy moet nie.

    …pas ‘n motorwag die motors voor die polisiestasie op! Teen betaling, nogal.

    …skiet die polisie jou uitmekaar in jou eie oprit, maar ‘n week later is die skelms nog op vrye voet.

    … word ‘n CD versprei (as deel van ‘n verkiesingsveldtog) waarin mense aangemoedig word om weer ‘n gewapende struggle te oorweeg net om hul party op die soustrein te hou. 

    …skryf almal outobiografiee, ‘n paar van hulle nog voor hulle menopouse tref. Ek stap nou die dag deur CNA, en sien toe op een rak Sonja Herholdt se boek, met Sunette Bridges en Louis van Wyk se boeke net langsaan. Hoor toe by Struik ons kan nog ‘n paar verwag voor die einde van die jaar. Edith Venter, Ryk Neethling, Max du Preez en Steve Hofmeyr s’n is almal voor Kersfees op die rakke.

    …kruisig ons die een week die rugby-afrigter, net om hom weer die volgende week te kroon. Ek weet nie veel van rugby af nie, maar hou die fans al jare lank dop. En daar is (volgens hulle) nooit ‘n groter idioot as die coach nie. Maar as die Bokke die slag wen…

    ‘n Paar nuwes oor blondines

    September 4, 2008 in Sonder kategorie

     Van my pel Rykie gekry.

    (En vir die wat dink ek is blondinisties – of wat mens ookal diskriminasie teen ‘n blonde noem – onthou maar ek is self blond!)

    Hoe herken jy ‘n blond by ‘n begrafnis?
    Dis die een wat die ruiker probeer vang.
     

    Hoekom hou die blond lee bottels in die yskas?
    Dis vir haar vriende wat nie drink nie.
       

    Hoekom staar die blondine vasgenael na die resepteboek?
    Die resep se: “Moenie roer nie”
     

    Hoekom maak die blondine net een skoenveter vas?
    Want op die skoen staan ” Taiwan ”
     

    Hoekom gooi die blondine krummels in die toilet?
    Sy voer die Toilet Duck
     

    Hoekom staan 17 blondines buite die kroeg?
    Want hulle moet 18 wees om in te kan gaan
     

    Jammer, ek kan nie gaan draf nie,” sê die blondine..
    “My walkman is stukkend.”
     

    Die blondine was nie bang toe die man met die mes haar vra om haar klere uit te trek nie,
    want sy’t geweet dat dit hom nie sal pas nie.
     

    Hoekom neem dit ‘n blondine so lank om ‘n soutpotjie vol te maak?
    Sy sukkel om die sout deur die gaatjies te kry.
     

    Die blondine koop twee pakkies motbolletjies by die apteek.
    Die volgende dag is sy terug om nog te koop.
    “Sjoe, maar daar moet baie motte in jou woonstel wees,” sê die apteker.
    “Nie regtig nie,” sê die blondine. “Ek sukkel net om hulle raak te gooi.”
     

    Die man kom by die huis en kry sy blonde vrou bewusteloos voor die televisie.
    Na ‘n groot gesukkel kry hy haar uiteindelik by. “Wat het gebeur?” vra hy.
    “Ek was besig om aërobiese oefeninge voor die TV te doen. Die instrukteur het gesê: ‘asem in, asem uit …’,
    en toe gaan die krag af.” 
     

    Hoekom gee ‘n mens nie vir blondines by die werk teetyd nie?
    Dit vat te lank om hulle weer op te lei.
     

    Hoe hou jy ‘n blondine ure lank besig?
    Gee vir haar ‘n papier met die woorde Blaai Om Assebief op albei kante geskryf. 

    Die belangrikheid van pret

    September 4, 2008 in Sonder kategorie

    Kry hierdie van my broer Gerhard. Weet nie waar hy dit gekry het nie, maar dis nogal snaaks.

    Ek gaan toe mos die ander dag inkopies doen in Pretoria.

    Toe ek uit die winkels kom is die spietkop besig om ‘n kaartjie te skryf.

    Ek stap toe maar na hom en sê, “Ag kom nou meneer… kan jy nie ‘n man ‘n kans gee nie? Ek kom nie veel stad toe nie en nou wraggies dit…”

    Maar hy is ‘n steengesig en bly net skryf.

    Toe noem ek hom ‘n pampoenkop met die genade van ‘n aasvoël.

    Hy ignoreer my soos ek ‘n stopstraat ignoreer en begin ‘n tweede kaartjie skryf vir die bande waarvan die ryvlak nie meer so lekker is nie.

    Toe noem ek hom ‘n idioot wat op die strate rondlê met niks beter om te doen nie – en boonop daarvoor betaal word.

    Hy staar koud na my en begin ‘n derde kaartjie skryf.

    Vir die krakie in die voorruit.

    Dit het vir minstens twintig minute aangegaan.

    Hoe meer ek skel, hoe meer kaartjies skryf hy

    “Vetgat! Boepens!” en vele meer het sy nek en gesig na ‘n diep skakering van pers laat verander terwyl sy bloeddruk die hoogte ingeskiet het en hy net meer kaartjies geskryf het.

    Eindelik het my bus opgedaag en toe klim ek op.

    Ek probeer om elke dag ‘n bietjie pret te hê. Dit is belangrik!