Jy blaai in die argief vir 2008 Augustus.

Brilliant quotes

Augustus 26, 2008 in Sonder kategorie

 Veni, vidi, visa – I came, I saw, I shopped.

I have a kitchen because it came with the house.

I don’t need a man to be happy, but a maid is absolutely essential!

SA se president

Augustus 20, 2008 in Sonder kategorie

My 6-jarige Luc wil gisteraand by my weet wie is SA se president. Dis nou nadat hy ‘n particularly horribale weergawe van Nkosi Sikelele gesing het (by die 9-jarige geleer, wat dit weer op die skoolgrond gehoor het).

Dit behels Mbeki, ‘n ice cream en ‘n G-string se rek, en toe ek nou my prekie gee oor hoe mens nie met die land se volkslied moet spot nie, wil hy uit die bloute weet wie is ons president dan.

En toe antwoord hy sommer self die vraag: “Dis mos Rabbie Umgabi, ne Mamma?!”

Nou ja, as selfs die 6-jariges dink Robert Mugabe regeer ons land, I rest my case.

Something to giggle about…

Augustus 14, 2008 in Sonder kategorie

New Employment Rules

This has commenced as of today.

SICKDAYS
We will no longer accept a doctor’s certificate as proof of sickness. If you are able to get to the doctor, you are able to come into work.

SURGERY
Operations are now banned. As long as you are an employee here, you need all your organs. You should not consider having anything removed. We hired you intact. To have something removed constitutes a breach of employment.

HOLIDAYS
Each employee will receive 104 holidays per year. They are called Saturday and Sunday.

BEREAVEMENT LEAVE
This is no excuse for missing work. There is nothing you can do for dead friends or relatives. Every effort should be made to have non-employees to attend to the arrangements. In rare cases where employee involvement is necessary, the funeral should be scheduled for the late afternoon. We will be glad to allow you to work through your lunch-hour and subsequently leave one hour early, provided your share of the work is done.

ABSENT FOR YOUR OWN DEATH
This will be accepted as an excuse. However, we require at least two weeks notice to allow time for you to train your own replacement.

TOILET USE
Entirely too much time is being spent in the toilets. In the future, we will follow the practice of going in alphabetical order. For instance: All employees whose names begin with ‘A’ will go from 8.00 to 8.20, employees whose names begin with ‘B’ will go from 8.20 to 8.40 and so on. If you are unable to go at your allotted time, it will be necessary to wait until the next day when your turn comes again. In extreme emergencies employees may swap their time with a co-worker. Both workers’ supervisors must approve this exchange in writing.
In addition, there is now a strict 3-minute time limit in the toilets. At the end of 3 minutes, an alarm will sound, the toilet paper will retract, and the door will open..

LUNCH BREAK
Skinny people get an hour for lunch as they need to eat more so they can look healthy, normal size people get 30 minutes for lunch to maintain their average figure. Fat people get 5 minutes for lunch because that’s all the time needed to drink a Slimfast and take a diet pill.

DRESS CODE
It is advised that you must come to work dressed according to your salary. If we see you wearing designer clothing we will assume that you are doing well financially and therefore do not need a payrise.

Thank you for your loyalty to our company. We are here to provide a positive employment experience. Therefore, all questions, comments, concerns, complaints, frustrations, irritations, aggravations, insinuations, allegations, accusations, contemplations, consternations or input should be directed elsewhere.

Please be guided accordingly.

Have a nice day
Management.

How long is a man’s life, finally? (Lovely poem!)

Augustus 13, 2008 in Sonder kategorie

 

So Many Different Lengths of Time

Cuánto vive el hombre, por fin? Vive mil días o uno solo?

Una semana o varios siglos? Por cuánto tiempo muere el hombre?

Qué quiere decir ‘Para Siempre’?

Preocupado por este asunto me dediqué a aclarar las cosas.

Pablo Neruda

How long is a man’s life, finally?

Is it a thousand days, or only one?

One week, or a few centuries?

How long does a man’s death last?

And what do we mean when we say, ‘gone forever’?

Adrift in such preoccupations, we seek clarification.

We can go to the philosophers,

but they will grow tired of our questions.

We can go to the priests and the rabbis,

but they might be too busy with administrations.

So, how long does a man live, finally?

And how much does he live while he lives?

We fret, and ask so many questions –

then when it comes to us

the answer is so simple.

A man lives for as long as we carry him inside us,

for as long as we carry the harvest of his dreams,

for as long as we ourselves live,

holding memories in common, a man lives.

His lover will carry his man’s scent, his touch;

his children will carry the weight of his love.

One friend will carry his arguments,

another will hum his favourite tunes,

another will still share his terrors.

And the days will pass with baffled faces,

then the weeks, then the months,

then there will be a day when no question is asked,

and the knots of grief will loosen in the stomach,

and the puffed faces will calm.

And on that day he will not have ceased,

but will have ceased to be separated by death.

How long does a man live, finally?

A man lives so many different lengths of time.

Brian Patten (1946– )

From: Poems and Readings for Funerals

Edited by Julia Watson

Hoe kan ek nog in God se genade glo?

Augustus 12, 2008 in Sonder kategorie

As die persoon wat jou in die wereld gebring het en langs jou in ‘n motor gesit het, met ‘n gebreekte rug en nek in jou arms sterf, wonder mens noodwendig hoekom die Here nie genade betoon het nie.

Maar ‘n maand na my ma se dood kan ek terugkyk en met oortuiging weet dat God daar was tydens die ongeluk. Hoekom?

  • Die Landcruiser is heeltemal afgeskryf. Tog het my broer en my seuntjie sonder ‘n skraap of besering daaruit geklim.
  • My dogtertjie is deur die voorruit – sonder ‘n enkele sny aan haar lyf!
  • Sy het weg van die rollende motor geval en die kar van 1000e kilogramme het nie bo-oor haar gerol nie.
  • Al het sy meters ver deur die lug getrek, is net drie klein beentjies in haar hand gebreek.
  • Al het ek gevoel hoe ek op die axis van my nek land, het ek nie my nek gebreek nie – daar is nie eers ‘n werwel geskuif nie. Ek kon vandag ‘n parapleeg of kwadrupleeg of selfs dood gewees het as God nie genadig was nie.
  • Daar was selfoonsein toe ons wou hulp ontbied – daar is net twee plekke op daardie pad van 70km in die boendoes waar ‘n sein is.
  • ‘n Spesialis van Kaapstad wat “toevallig” deeltyds daar naby boer, was “toevallig” op sy plaas en kon lank voor die ambulanse by ons uitgekom het, solank vir my pa ‘n drip opsit en ‘n mediese oog oor hom hou. 
  • Ons het onmiddelike toegang gehad tot die heel beste mediese sorg in Windhoek sonder ENIGE gekibbel met mediese fondse, oproepe vir toestemming of enige kontantdeposito’s. (Die ongeluk word gedek deur die Padongelukkefonds van Namibie.)

Mens ervaar in ‘n tyd soos hierdie ook die Here se liefde en genade deur jou medemens. Eerstens deur die deernis van die Windhoekers. Almal, van ambulanspersoneel, polisiemanne tot hospitaalpersoneel en ou kennisse. Mens hoor dit in doeanebeamptes wat jou terugnooi na hulle land nadat hulle uitgevra het oor die oorsprong van my kind se gipsarm en my nekstut. Mens voel dit in lugdienspersoneel wat letterlik jou handsak dra en jou kinders se hand vashou.

Genade kom ook in die vorm van kos in jou yskas en ‘n huis vol blomme as jy doodmoeg en lyfseer en hartseer tuiskom van die lughawe af. In die bosse en bosse blomme wat vier weke later steeds opdaag. In die SMS’e en e-pos boodskappe van bekend en onbekend. In die wete dat mense vir jou bid en aan jou dink.

Genade le ook in die feit dat jy as laatlam omring is deur jou twee ouer broers en jou ousus as jy die dag een van jou ouers verloor. 

En les bes, genade is om 39 jaar oud te kon word voordat my ma gesterf het. Hoeveel kinders is daar nie (net in ons land) wat nooit eers die genade van ‘n goeie ma geken het nie? 

 

Om te rou en te onthou

Augustus 10, 2008 in Sonder kategorie

Die rouproses is ‘n vreemde ding.

By tye voel ek my ou self, ander kere wil ek regtig net die kombers oor my kop trek. Het selfs al ‘n cliche oomblik beleef waar ek wakker geword het en net geglo het die dag gaan nie begin as ek nie my oe oopmaak nie. Op sulke dae antwoord ek nie die foon nie, en wil ek glad niks met mense te doen he nie.

Vrydae sal nooit weer vir my dieselfde wees nie. Ons ongeluk het op ‘n Vrydagmiddag omtrent 14h40 Suid-Afrikaanse tyd gebeur. (13h40 in Namibie.)

Die verloop van daardie life-changing paar minute speel homself oor en oor in my kop af. Die gevoel toe die Landcruiser se wiele die los grond vang, die wete dat ons die pad gaan verlaat, en dan die swart stilte. Die gewig van iemand op my bors, die wete dat ek wil skreeu maar nie genoeg asem kry nie… toe die oomblik waar ons tot stilstand kom en ek sien my dogtertjie Zoe le in die pad. Soos ‘n lappop. ‘n Klein poppie, gesig ondertoe. “Die kar het oor haar gerol!”, flits dit deur my kop.

My sesjarige Luc skreeu onophoudelik. Daar is stof in die kar, en ek hoor myself skreeu “My kind!”. Ek kry die deur oop, sit Luc op die grond buite die Cruiser neer en hardloop na Zoe toe. Saam met my broer, wat bestuur het. Ek sien die bloed aan haar mond, en verligting spoel oor my toe sy begin huil. Ten minste leef sy!

My broer dra haar terug na die Cruiser, en sit haar by die agterwiel neer. Haar hand staan ‘n rooi knop geswel, en sy en Luc is histeries. “Is ons dood? Is hierdie die hemel?” wil hulle weet. “Ek wil nie nou al doodgaan nie!” gil Luc. “Ek wil huis toe gaan! Ek wil nie hier wees nie.”

Ek val instinktief op my kniee, bid hardop. Probeer die kinders kalmeer sodat ek by my ma en pa kan uitkom.

My ma vra verward “Wat het nou gebeur?” Sy le skuins oor die sitplek. Daar is ‘n diep sny bokant haar wenkbrou. “Ons het gerol, Moeder” antwoord my broer. Net hy het haar soms Moeder genoem. Sy vra weer, verdwaas. Ek antwoord outomaties, se dat sy moet rustig wees – daar is net ‘n diep sny oor haar oogbank, maar dit bloei nie te erg nie…

My pa sit steeds in die voorste sitplek, sy kop en nek teen ‘n vreemde hoek. Hy beweeg nie. “My pa is dood!” flits dit deur my kop.

Ek en my broer hardloop om die motor. Hy het intussen my ander broer, na wie se plaas ons op pad was, gebel. Wonderbaarlik was daar selfoonsein. (Ons sou later hoor daar is net op twee plekke op daardie grondpad van omtrent 70 km sein.)

Ons sukkel om die deur by Pa oop te kry. Ek hou gelukkig kop en maak die agterste deur, langs Ma, oop. Dit was op so manier gebuig dat die voorste deur nie kon oop nie.

Met die deur oop kan ons my pa uittel en op ‘n kombers neerle wat my ma vir hom saamgebring – altyd sorgsaam oor haar 82-jarige man.

 

Ek voel my seer nek en skouer en arm, maar funksioneer op autopilot. My broek se linkerknie is stukkend en vol bloed – daar is ‘n 1cm lange snytjie op my knieskyf.

Pa is onbeweeglik, sy klein oumenslyf loodswaar, sonder samewerking. Maar hy leef!! Ons sukkel hom tot agter die Cruiser, le hom in die skaduwee op sy rug neer. Daar is ‘n diep sny oor sy linkeroog. Daar is baie bloed.

Ma bloei nie juis nie. Veel, veel later onthou ek dat die bloed in haar oogbank se wond begin stol het. Ek hurk by die agterwiel om my kinders te probeer kalmeer dat hulle nie vir Ouma en Oupa ontstel nie. Ek is ‘n armlengte van my ma af waar sy op die agtersitplek le.

 

“Ek kan nie my arms voel nie,” se my ma in ‘n klein stemmetjie. Verdwaas.  

 

Oomblikke later – tyd het gaan stilstaan – hoor ek my ma verstik. Ek skreeu vir Gerhard dat ons haar moet omdraai, want sy verstik. Eers later sou ons besef dit was inderdaad haar doodsroggel. Die rede dat haar kopwond nie so baie soos my pa s’n gebloei het nie, al was dit op omtrent dieselfde plek, was omdat daar waarskynlik net ‘n flou hartklop was. Die bloed het nie daar uitgekom nie. Of omdat sy inwendig gebloei het – ‘n rib het deur haar long gesteek, sou die outopsie-verslag later toon.

 

Ons probeer haar draai, maar sukkel. Haar oe is toe, maar daaronder is haar oe, starend, die pupille groot. Ek wil haar nek stut, en toe ek my hand onder haar nek insit, voel ek die stukke verbrokkelde been… My ma het haar nek gebreek, flits dit deur my kop.

 

My broer blaas in haar oe – geen reaksie. Ons voel vir ‘n pols. Niks.

 

Toe gee sy ‘n enorme sug, en ek sien die baie bloed tussen haar tande. Die laaste lug het haar longe verlaat.

 

In daardie oomblik het my hele lewe verander… vir altyd.

 

My ma was dood. Sy was waarskynlik al dood die oomblik toe ek gedog het sy verstik.

 

Daar was niks meer om te doen nie.

 

Ons kon net wag.

 

My ma was dood, en my verwarde pa het oor en oor gevra wat gebeur het. “Ons het gerol, Pa,” – ‘n minuut later vra hy weer. En antwoord ek weer. Ek het langs hom op die kombers gaan sit, ‘n kind onder elke arm. Hulle het nog steeds gehuil.

 

Ek kon nie, want dan sou my pa weet.

 

Zoe het begin kla dat sy nie haar been kan beweeg nie. Haar hand het soos ‘n tennisbal geswel. Luc wou huis toe gaan.

 

My pa wou weet wat het gebeur.

 

My broer het dwalend op en af gestap.

 

In die motor het my ma gele – dood.

 

Die oomblik wat ek my lewe lank gevrees het, het aangebreek: my ma was dood.

 

En ons kon niks anders doen as om te sit en wag vir hulp nie…

Gister het ek outomaties, soos op honderde Saterdae van my lewe, huis toe gebel. Ma-hulle toe. Toe ek by die tweede syfer kom, het ek onthou daar woon niemand meer nie.