Jy blaai in die argief vir 2008 Julie.

In Memoriam: Vir my ma

Julie 16, 2008 in Sonder kategorie

 

Net om almal te laat weet dat my paar dae in Namibie baie sleg afgeloop het.

Ons was Vrydag 11 Julie 60km buite Windhoek in ‘n motorongeluk. Ek en my jongste broer Gerhard Herselman en my kinders en my bejaarde ouers Johan (82) en Susan (74) Herselman.

My ma het binne vyf minute na die ongeluk gesterf, en my bejaarde pa is redelik ernstig beseer. Bid asseblief vir my pa – hy het drie jaar gelede ‘n redelike groot beroerte gehad, en danksy die Here se genade en my ma se absoluut toegewyde versorging omtrent 99% herstel. My ma se dood is vir hom ‘n baie groot emosionele knou, en al is hy Sondag reeds uit die hospitaal ontslaan, lyk hy baie sleg.

My 9-jarige Zoe is deur die Landcruiser se voorruit, maar die motor het gelukkig nie oor haar gerol nie – sy het net haar hand gebreek en haar heup is gekneus.

My 6-jarige Luc het net skrapies opgedoen, en my broer ook. Ek het ‘n nek- en skouerbesering. Ek loof en prys die Here dat daar net een sterfgeval was. Ons vier kinders sou vir die eerste keer in 13 jaar almal saam met my ouers fees gehou het (my een broer sou Saterdag getrou het), en in plaas daarvan moes ons gister ‘n roudiens vir my ma hou.

Hierdie inskrywing dra ek op aan SUSAN ELIZABETH HERSELMAN, ‘n merkwaardige vrou aan wie ek nooit genoeg erkenning gegee het nie, en vir wie ek nooit genoeg dankie gese het nie.

Mamma, dankie vir Ma se onbaatsugtige liefde en baie opofferings om vir ons almal altyd die beste te kon gee. Dankie veral ook vir die wonderlike manier waarop Ma die afgelope paar jaar vir Pappa versorg het. Ons het eers besef watter harde werk dit is noudat jy dood is – jammer dat ons nooit genoeg dankie gesê het nie.

Dankie vir Ma se voorbeeld deur die jare. By jou het ons baie dinge geleer, en ons onthou jou almal vir verskillende goed. Vir jou lekker kos, vir jou hulp aan mense wat jou nodig het, vir jou lekker lag en sin vir humor, vir jou besoeke aan die “oumense” toe jy self al verby 70 was… Ons gaan jou tuisgemaakte konfyt mis, en die weeklikse telefoonoproepe waarvolgens mens jou horlosie kon stel…

Mamma, ons gaan jou oneindig meer mis as wat enige woorde kan sê. Jou plek in ons harte en ons lewens gaan leeg wees. Jy was ons gesin se hartklop, en Pa se lewensaar. Hy kry swaar sonder jou, maar ons hoop jy rus in vrede, Ouma Suzie.

Ons hoop die Here bederf jou!

Ps. Julle sal ook verstaan as ek vir eers ‘n bietjie van die lug af verdwyn.

Hoekom mans nie Agony Aunts kan wees nie

Julie 7, 2008 in Sonder kategorie

 En voordat ek Windhoek toe vlieg vir ‘n klompie dae (Ouboet trou, en die hele familie trek saam vir ‘n rare saamkuier) laat ek julle met hierdie een, vandag per e-pos gekry.

Why men don’t write advice columns
 
Dear Walter:
I hope you can help me here. The other day I set off for work leaving my husband in the house watching the TV as usual. I hadn’t gone more than a mile down the road when my engine conked out and the car shuddered to a halt.
  I walked back home to get my husband’s help. When I got home I couldn’t believe my eyes. He was in the bedroom with a neighbor lady making mad passionate love to her.  I am 32, my husband is 34 and we have been married for twelve years.  When I confronted him, he broke down and admitted that he’d been having an affair for the past six months.
I told him to stop or I would leave him. He was let go from his job six months ago and he says he has been feeling increasingly depressed and worthless. I love him very much, but ever since I gave him the ultimatum he has become increasingly distant. I don’t feel I can get through to him anymore.
Can you please help?

Sincerely,

Mrs.. Sheila Usk


Dear Sheila:
A car stalling after being driven a short distance can be caused by a variety of faults with the engine. Start by checking that there is no debris in the fuel line. If it is clear, check the jubilee clips holding the vacuum pipes onto the inlet manifold. If none of these approaches solves the problem, it could be that the fuel pump itself is faulty, causing low delivery pressure to the carburetor float chamber. I hope this helps.
Walter
.

Middeljariges se dating game

Julie 7, 2008 in Sonder kategorie

 Kry hierdie link na die LITNET-Bokomo Brekfisbrief van 14 Mei vandag van iemand af.

Almal wat hulle in ons bootjie bevind (nie meer ‘n tiener nie, en single) sal lag-lag (pun intended) hiermee kan identifiseer.

Bokomo-brekfisbrief; 14/05/08: The Dating Game: ‘n middeljarige perspektief

Katryn

2008-05-13 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Nes geen mens by hul volle positiewe sou kies om homoseksueel of ‘n Dopper te wees nie, sal niemand willens en wetend-wat-op-hulle-wag in hul middeljare skei en die ‘dating scene’ betree nie.

So. Jy is geskei, met of sonder skrapnelwonde, met of sonder aanhangsels (die soort wat veeartseny- en/of skoolfondsrekeninge behels). Dis ‘n gegewe dat jou bankbalans, of jy nou die klaer of die respondent was in jou saak, tot die droesem geledig is.

Jy is derhalwe nou algeheel ‘broke’ en ook relatief brokenhearted, het die helfte van jou vriendekring en heelwat van jou selfvertroue verloor, en begin jou familie irriteer omdat jy nie kan rigting kry nie.

Jy het óf te maer óf te vet geword, en lei aan allerlei voorheen ongediagnoseerde en ondiagnoseerbare gemoedsteurnisse.

Ideaal geposisioneer, dus, om jouself op die vrye mark as vrymateriaal aan te bied.

Welcome! You are about to embark on the most hideously self-destructive adventure of your life!

You are entering the Dating Game … Soos Playstation, maar met meer wonde, en geen oordraagbare lewens nie.

Dis soos om donkerkamertjie te speel, met … OK, I’ll leave that up to your imagination.

HIV looms in the background, it always does …

(As jy jouself in ‘n vrye radikale posisie bevind vanweë afstanding aan die dood, vra ek by voorbaat om verskoning. Die lewe is wreed, ja, maar niks so wreed as die middeljarige dating game nie.)

Stap een. Jy is ooglopend eensaam en seksueel gefrustreerd maar andersins relatief stabiel.

Enter die Blind Date, overgesetsynde: Hell is other people.

Die eerste ‘blind date’ of twee, of selfs méér indien jy nie al in jou vroeë twintigs jou donnerse les geleer het nie, sal die notorious ‘friendly look – see blind date’ wees, gereël deur toekomstige eks-vriende. (Onnodige verdere parentese – daar is geen vinniger wyse om vriende te vervreem as om nie met hul keuse van jou beste volgende kans oor die weg te kom nie. Been there, done that, booted out of the book club.)

Les Een: Niemand is ooit desperaat genoeg vir ‘n glas wyn en ‘n aand se lustelose kniedruk om ooit, ooit op ‘n blind date te gaan nie. Nie as jy 19, 29, 49 of 109 is nie. Just say NO. Fabriseer ‘n breinbloeding as jy moet. Jou hond s’n, joune, jou buurvrou s’n, al bly jy op ‘n plaas. Just say NO.

Volgende op jou rollercoaster liefdesreis is die Random Party Factor.

Jy en jou lolpartner vir die aand loop mekaar raak by ‘n geleentheid, en eindig na heelwat te veel van die gasheer se baie goeie drank in etlike compromising positions in lokale wat selfs die troeteldiere en karwagte skrikmaak, en die ervaring veroorsaak dat julle mekaar daarna in openbare plekke soos hysers en parkeerareas vermy/gryp en woes bloos by nagedagte aan die insident.

Les Twee: moet nooit, ooit oorvertel wat gebeur het nie, nie eens aan ‘n priester of jou sielkundige nie. Delete jou Facebook-profiel summier, en wees verseker dat foto’s van jul indiskresie êrens gaan opdoem op die Internet wanneer jy dit die minste verwag of kan verteer.

Daarna kom bes moontlik die kortstondige en ill-advised, headlong rush of blood to the head and elsewhere passievolle liefdesverhouding. Die eerste keer wat jy in jare werklik verlief is en versink in ‘n ander wese.

Get fucking real.

Give it two or three weeks, six at the most.

Hierdie soort verhoudings vat gewoonlik vonk rondom vakansietye, high days and holidays.

Hy of sy mag dalk eendag ‘n goeie vriend/in word, kanse is eintlik dat hy of sy wel voorheen ‘n baie goeie vriend/in was. Dit gaan intens wees, een of albei van julle gaan onophoudelik en ontoepaslik praat oor vorige verhoudings.

It inevitably ends badly, met heeltemal te veel teksboodskappe, verhoogde adrenalien, onvervulde verwagtinge en gewoonlik die verlies aan ‘n baie goeie gespreksgenoot wanneer jy dit die meeste benodig.

Daarna volg ‘n lang wyle in die wildernis. Dis hier waar jy begin eksperimenteer met drank, seksspeelgoed, Internet dating sites, die begeerte om alles wat jy tot dusver gedoen het om ‘n bestaan te maak na die wind te gooi, compulsive shopping, nuwe hobbies, geloof, en allerlei kak te besoek teen jou beterwete in.

Jy ervaar soms die drang om jou naam te verander en na ‘n ander land te trek. Van al jou verantwoordelikhede ontslae te raak. Jouself te vind, diep te delf of af te duik en heeltemal veranderd na die oppervlak terug te keer met ‘n boodskap vir die mensdom.

Maar daar is nooit ‘n boodskap nie, nie op jou selfoon nie, nie per e-pos nie, en nie aan jouself nie. Nie een wat tot jou gaan deurdring nie, ten minste.

Min of meer aan die einde van hierdie fase gaan jy tien teen een weer verstrengel raak met een of meer van jou voormalige lovers, wat nou reeds in ‘n verhouding is, maar na bewering nie jou allure kan weerstaan nie.

Hotelkamers, kredietkaart-abuse, leuens, hartseer en verlies gaan groot figureer hier, sowel as die gebruiklike ekstase. Weereens styg jou selfoonrekening eksponensieel.

Dit mag lank of kort duur. Dit gaan pynlik wees en lelik eindig, met jou selfrespek in ‘n emmer.

Maar daar gaan ‘n dag kom wanneer jy besef: jy is nou alleen.

Hulle ook, jou dating game maatjies.

Ekstatiese seks, eensaamheid, drank, leuens, begeerte, verlies, hotelkamers, die Internet, woede, vergifnis, speletjies, skelm vakansies, hoop en teleurgesteldheid, dit als som min of meer die middeljarige dating game in ‘n neutedop op.

En dis alles die Here se manier om vir jou te probeer vertel dat Hy tienderjarigheid vir ‘n rede geskep het, en jy hoort tot jou sinne te kom voor die Grim Reaper op jou drumpel vir jou kom lag. Want daar is BAIE om oor te lag.

Skryf ek dit alles, ja, wetend dat daar ‘n Karmelietiese Orde êrens is wat my binnekort kan verwag.

Groete

Katryn

My pratende papegaai

Julie 7, 2008 in Sonder kategorie

 My papegaai kekkel van vroeg soggens, selfs al is die dik kombers oor sy hok nog nie eers afgehaal nie. Gewoonlik klink daar dan so ‘n diep, donker “hallo” op van onder die kombers. En later, as jy nie reageer nie, ‘n meer vraende “hallooooooooo???”. Asof hy wonder of daar wel iemand is wat hom hoor.

Al my diere is heeltemal gewoond aan sy geklets, maar ek het ‘n hond wat ek niks anders as bygelowig kan noem nie. Sy weier soms summier om haar voet in sekere dele van die huis te sit (die ander 4 honde sien glad nie dieselfde spoke as sy nie). In fact, ek wil dit nie hardop sy nie, maar ek dink Ally is bloot bietjie kens.

Anyway, na hulle vroegoggend-draai in die tuin Saterdag, roep ek almal weer terug in die kombuis in. Almal hol en huppel as’t ware terug in die warmte, maar sy kom oudergewoonte weer aangesluip, wantrouig aan die heen en weer kyk vir “onsigbare” vyande. (Sy het glo boerboel iewers in haar voorsate, maar is die heel bangste hond wat ek ken.)

Freud, die pratende African Grey, kies toe juis die oomblik toe sy verby sy hok stap om in ‘n mansstem van onder sy kombers “halloooooooo” te se. Ally het letterlik in die lug in gespring soos sy skrik, en dadelik koers gekies na die witgerypte gras. Enige iets, net nie in dieselfde kombuis as ‘n pratende kombers nie…

Freud is ‘n bron van groot pret. Sy repertoire bestaan uit blaf soos die verskillende honde, denkbeeldige selfoongesprekke (in so ‘n blikstem), gesprekke met die bediende in so ‘n gemompel (net hulle twee verstaan dit, ek nie) en dan opdragte (vir die honde) soos “Kom piepie! Gaan uit! Stop dit!”

Soms val die kokkerotjie in sy brein bietjie rond tussen alles wat hy weet, en dan kombineer hy goed. Soos om vir Zoe, my dogtertjie, of Martha, die huishulp, te skree om te “kom piepie!”

Die laaste paar weke vra hy die heeltyd “hoekom?” – wat laat julle dink ek het ‘n 6-jarige en ‘n 9-jarige in die huis?

Sy woord vir stout is “stok” – “jy’s sssstok”, met baie klem op die s. En dan is hy ook baie lief vir ‘n woord wat met stok rym, maar met ‘n f begin. Soms gaan daar weke verby waarin hy dit glad nie gebruik nie, en dan sal hy dit skielik soos ‘n stopwoord in al sy gesprekke inwerk. (Ek en my eks stry steeds oor wie hom geleer het om dit te se – ek pleit natuurlik onskuldig, hoewel ek nie aan ‘n lekkerder AFrikaanse vloekwoord kan dink nie…)

Al my troeteldiere – daar is ook nog drie katte behalwe die vyf honde, en ‘n pratende kokketiel en twee budgies – verskaf oneindige vreugde. Hulle laat ons lag, troos ons, vermaak ons, beskerm ons. Freud se eskapades en gesprekke is vir my ‘n relatiewe nuutjie, want ek het nie met geveerdes grootgeword nie. Maar die afgelope drie jaar vrolik hy ons huishouding nog verder op.

Ek en die eks “deel toesig” oor hom. Nie dat ons hom beskryf het in ons egskeidingskontrak nie – ons is nie heeltemal mal nie – maar hy gaan kuier soms daar vir ‘n uur of twee na werk. En word dan weer plegtig teruggebring huis toe vir slaaptyd… (Die eks se Jack Russel word soggens vroeg hier afgelaai en weer saans na werk opgelaai – soort van ‘n doggie daycare…)

As Freud daar gaan kuier, is my huis skoon stil. En as dit saamval met die kinders se tyd by hulle pa, is die huis grafstil.

Drie goed wat Freud gese het wat ek nooit sal vergeet nie:

Een Sondagoggend baie vroeg laat ek die honde uit terwyl ek tee maak. Hy sit heerlik op sy hok en blaf vir die eerste tot die sesde span. Ek is nog deur die slaap en min lus vir so baie lawaai. “Ag Freud, hou op blaf!” raas ek. Waarop hy my skewekop aankyk en se: “Miaau!”

‘n Ander keer speel twee van die katte op die grond voor sy hok. Soos dit maar met katte gaan, word die spelery gou ‘n spelerige geveg met ‘n gegrom en ‘n geskop. Freud betrag die spektakel van sy hok se dak af, en raak duidelik bekommerd. En begin toe maar vir hulle blaf…

Verlede week sit en betig hy homself: “Jy’s sssstok (stout).” Waarop ek toe antwoord: “Nee, jy’s nie stout nie.” Hy kyk my skewekop aan, ril so ‘n bietjie en se: “Oeeeeeeeee, dis koud!” Dan wil mens hom natuurlik opvreet!

Nou ja, dis inderdaad baie koud in Johannesburg vandag, en ek moet werk. Lekker dag!

Siek en sat

Julie 2, 2008 in Sonder kategorie

Ons land maak my soms regtig siek.

Lees bietjie vandag se Beeld, veral hier http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2350363,00.html.

Hoekom twee bejaardes van 66 en 64 jaar vermoor? En veral SONDER om hulle motor, paar juwele of geld te vat?

Was dit ‘n bende-inisiasie, of was dit sommer net ‘n aand van “pret” na ‘n paar daggazolle of ‘n bietjie Mandrax of ‘n bottel drank?

Hoe siek moet mens net nie wees om ‘n ooglopend siek kankerlyer te skiet nie?

Moenie vir my se dis apartheid of armoede se skuld dat hierdie twee mense gesterf het nie. Dis bloot omdat hulle moordenaars GEEN RESPEK het vir iemand anders of hul lewe nie.

Ek stem saam met die slagoffers se dogter Marthie wat se dis omdat ons land se mense nie meer glo nie.

Ek gaan seker weer pak kry hieroor, maar ek se dit weer: SLEGS as AL Suid-Afrika se mense terugdraai na die Here toe, sal sulke sinnelose geweld einde kry. Want dan sal mense weer RESPEK kry. Vir hulself, hul ouers, hul medemens, die owerheid. Vir ‘n mens se lewe. Gaan lees Maleagi, Klaagliedere, Jeremia, Jesaja… dieselfde dinge het gebeur in die tye wat Israel gedog het hulle weet van beter as om God se voorskrifte na te kom.

Ons het meer as een verlore generasie in SA. Nie net die wat in 1976 jonk was en ophou skoolgaan het nie (ongelukkig is meeste van hulle in elk geval dood weens Vigs, maar o ja, dit bestaan mos nie…). Ons sit met erger verlorenheid – mense wat maak wat hulle wil. En ons is besig om nog so ‘n generasie groot te maak. Gaan kyk bietjie wat gaan aan in jou kind se skool. Kyk om jou op straat.

Almal mag maak en se wat hulle wil. Geloof is vir die ape. Goeie maniere is sooooooo last year! Onthou: die lewe skuld my…

My pel Elsabeth vlieg vandag Londen toe vir ‘n tweejaar werksvakansie. Sy is 29, en ek het aanmekaar gepor sy moet gaan. Haar pa was nie happy nie, maar ek dink sy sal in die eerste plek veiliger wees in die UK as wat sy hier was. En quite frankly, as mens ‘n koerant lees vol moord, roof, sinnelose doodslag, piesangrepubliek-verkiesings van ‘n demoniese diktator… dan wens ek self ek was jonger en met minder dinge wat my aan die hierdie land bind.

Want op ‘n dag soos vandag het ek regtig min hoop vir hierdie land van my.