‘n Dieet wat werk (vir Neil K)

Junie 24, 2008 in Sonder kategorie

Hierdie een is nie so vrek duur nie, Neil. Ook nie onprakties nie. En (vir my belangrik) ook nie ongesond nie, want jy kry steeds koolhidrate in in die vorm van groente. Volg dit so vir ‘n week of twee BAIE streng om jou metabolisme te kickstart, en hou daarna by die algemene beginsels. (Dus, beperk verwerkte stysel en suiker. Kies eerder iets soos ‘n gebakte aartappel of mash of rys as chips of brood.) En eet meer groente en vrugte! (En stadig met die vloeibare koolhidrate, die liquid lunches en gaskoeldranke en dinge!)

Ek stem saam met Sonia: die oomblik as jy jou dag op ‘n lee maag aanpak, dink jou lyf daar’s hongersnood, en dan hoef jy nie eers verder te probeer daardie dag nie. Ontbyt is volgens alle eksperts jou heel belangrikste ete vir goeie gesondheid, en dit MOET proteien insluit.

Dis ‘n verwerking van ‘n paar beginsels (Holford en Atkins) en goeie gesonde common sense. Gekry by Dr. Conrad Smith van Antagolin – dis wat hy vir sy insulienweerstandige pasiente voorskryf om hulle metabolismes te kickstart.

By the way, Antagolin kan jou geen skade doen nie – of jy nou insulienweerstandig is of nie, hierdie is werklik wonderlike natuurlike medikasie om bloedsuikervlakke stabiel te hou – wat natuurlik keer dat jy honger word of cravings kry. Drink 1 drie keer per dag terwyl jy hierdie program volg. As jy erg oorgewig is of erge insulienweerstandigheid het, kan jy die dosis met veiligheid verdubbel. (Lees meer by www.mnilifestyle.co.za (Daar’s ook ‘n ander eetplan wat jy kan volg wat goed soos vrugte en joghurt en vrugtesap by ontbyt insluit).

ONTBYT:

Proteien (kies drie porsies):
Kaas (20g)
Eier (1) – enige manier gaargemaak
Haddock (90g)
Salm (75g)
Visvingers (70g)
Viskoekies (114g)
Maer spek (2 repe)

Daarby eet ek tamatie, sampioene of selfs blaarslaai en komkommer. As ek die dag regtig voel ek kan nie die dag face sonder ‘n stysel nie, eet ek ‘n Ryvita, Provita of ‘n Crackerbread (rog, want baie van ons is onwetend sensitief vir graan)

Vette x 2: 4 teel. laevet margarien of 2 teel. botter of olyfolie vir gaarmaak (ek hou verby die margarien, thank you very much!) of mayonaisse (tot soveel as vier teelepels as jy ‘n light weergawe koop) – lekker vir eiermayonaisse wat jy dan saam met jou rogbroodjie kan eet.

Tussen-in: Koffie of tee (ek glo nie in kunsmatige versoeter nie, en glo nie ‘n plat teelepel suiker in ‘n beker gaan my skaal laat knak nie. Ek werk nog aan die bitter…) Groentee nog die heel beste, maar ek kan dit nie warm drink nie. Drink nou  maar so ‘n koue konkoksie van groen tee en rooibostee en verbeel my dis ystee. Dieetkoeldrank is OK, maar gaskoeldrank keer dat jou kalsium lekker absorbeer, wat beteken jy gaan op jou oudag sit met bros beentjies. Drink eerder ystee of water! 

MIDDAGETE en AANDETE:
Proteien (x3 porsies in die middag, tot 4 porsies in die aand):
Fetakaas (70g)
Gewone kaas (20g)
Mozarella (20g)
Salm (60g)
Maalvleis (40g)
Hoenderborsies (60g) – 1 medium
Dytjie (45g) – 1 klein
Boudjie (45g) 1 medium
Tuna in water (halwe koppie)
Ham (2 snye)
Steak (40g)
Maer skaapvleis (40g)
Varktjop, maer x 1 (30g)
Vis, gerooster (80g)
Lensies, chickpeas of gewone ertjies – ‘n derde koppie
Veal schnitzel (40g) 1 klein, gerooster
Maaskaas, vetvry (130g)

Vir vette vir albei etes kan jy kies uit: (kies 2!)
Botter, margarien, olyfolie vir gaarmaak (2 teelepels, 4 as jy van margarien hou)
Mayonaisse (4 teelepels light)
Slaaisous (3 teelepels)
Olywe x 6
Avokado (‘n kwart van ‘n middelslag enetjie)

Groente: Kies vir middagete en aandete uit die volgende:

Slaaigroente is gratis: Kies uit tamatie, blaarslaai, uie, komkommer, seldery en blarerige kruiegoete soos rocket ensovoorts. (middag EN aandete)

1 koppie groente om gaar of rou te eet, enige manier gaargemaak – ek hou van stirfry: Uie natuurlik. Ook kool, wortels, peppers, broccoli, blomkool, sampioene, eiervrug. Kikker op met kruie na smaak.  (middag OF aandete)

Vir aandete kan jy dus groente EN slaai eet.

Nog goed wat werk, maar wat moeilik is vir julle Kapenaars: probeer vroegerig eet!

Volgens Antagolin se Dr. Conrad Smith kan jy ook ‘n ete vervang met iets soos ‘n proteien bar as jy byvoorbeeld iewers in jou motor vasgekeer sit in verkeer, maar moet verkieslik nie 1000kJ per maaltyd oorskry nie.

En dan: water, water, water om die niere skoon te spoel. En ‘n goeie multivitamien, soos MNI se Glycovite.

En: MOENIE ETES OORSLAAN NIE! Dan gaan jou metabolisme weer in hongersnood-fase in!

Sterkte!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.