Op ‘n ligter noot

Junie 23, 2008 in Sonder kategorie

 Kry hierdie vanoggend van my skoonsus Elna af. Hoop jou Maandag is nie te blou nie!

1. HUWELIKSERTIFIKAAT: ‘n Soort Jaglisensie wat jou tot een bok beperk;

2. KREDIETKAART: Iets waarvan die limiet ook die mikpunt is;

3. VLEISBRAAI: ‘n Partytjie waar die kos so ‘n bietjie rou en die gaste so ‘n bietjie gaar is;

4. BABA: ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;

5. BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele;

6. BEGROTING: Iets wat jou laat wakker le nog voor jy jou geld bestee;

7. DIEET: ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.;

8. ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer ‘n kind nie wil eet nie;

9. GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom;

10. GEWETE: Iets wat pla as alles baie lekker gaan;

11. KORTPAD: ‘n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te se waar jy is nie;

12. UNIVERSITEITSGRAAD: Kwitansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat pa betaal het;

13 MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil;

14. PREDIKANT: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar

‘n Vrou is eers soos n appel, ferm & rond. Dan soos n peer, sagter en ietwat misvorm. Dan soos n ui, as jy daarna kyk wil jy huil!

Mans is eers soos eikehout, hard en onbuigbaar. Dan soos n wilgerlat, slapper en meer hangend. Dan soos n krismisboom, van wortel af boontoe dood en balle net vir versiering.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.