Jy blaai in die argief vir 2008 Januarie.

When does a house become a home?

Januarie 4, 2008 in Sonder kategorie

 “A House Is A House Until…”

  A house is a house is a house–until love comes through the door, that is.
And love intuitively goes around sprinkling that special brand of angel dust that
transforms a house into a very special home for very special people: your family.

  Money, of course, can build a charming house, but only love can furnish it
with a feeling of home.

  Duty can pack an adequate sack lunch, but love may decide to tuck a little
love note inside.

  Money can provide a television set, but love controls it and cares enough
to say no and take the guff that comes with it.

  Obligation sends the children to bed on time, but love tucks the covers in
around their necks and passes out kisses and hugs (even to teenagers!).

  Obligation can cook a meal, but love embellishes the table with a potted
ivy trailing around slender candles.

  Duty writes many letters, but love tucks a joke or a picture or a fresh
stick of gum inside.

  Compulsion keeps a sparkling house. But love and prayer stand a better
chance of producing a happy family.

  Duty gets offended quickly if it isn’t appreciated. But love learns to
laugh a lot and to work for the sheer joy of doing it.

  Obligation can pour a glass of milk, but quite often love will add a
little chocolate.

  –James S. Hewett, Illustrations Unlimited (Wheaton: Tyndale House
Publishers, Inc,
  1988) p. 192.

Voorspoedige 2008! ‘n Verdienstelike liefdadigheidsorganisasie, lekker boeke en my plattelandse droom..

Januarie 1, 2008 in Sonder kategorie

Julle sal dit nie glo nie, maar hierdie is die derde poging om hierdie post te skep! Dit wil voorkom asof my rekenaarvaardigheid in 2007 agtergebly het!

Belangrikste dinge eerste: mag 2008 ‘n fantastiese jaar vir jou wees. Een vol vrede, vreugde en vriendskap! Besaai met blessings, en vol geleenthede!

Na my heerlike Botswana-ekskursie het ek tyd aan my twee engelkinders spandeer. Zoë het vier dae voor Kersfees 9 jaar oud geword, en Luc het vandag die amptelike aftel na sy sesde verjaarsdag op die 16e Januarie begin. Ons drie was vir drie dae weg, en het die res van die tyd in ons eie nessie, omring van ons dieretuin, deurgebring.

Lekker boeke
Hulle het hulle geskenk-DVD’s gekyk dat die rook omtrent op dit draai (ek vermoed ons het High School Musical 2 minstens 249 keer gekyk) terwyl ek ingehaal het op ‘n paar wonderlike boeke. (Ek was uitgeskryf na ‘n jaar van digby 150 artikels en skryfsels, en het party dae glad nie eers my rekenaar aangeskakel nie. ‘n Broodnodige break!)

Een van die lekkerste boeke was Nanette van Rooyen se debuutroman Chinchilla (Human & Rousseau). Sy het daarin geslaag om ‘n gewigtige onderwerp – abusive liefdesverhoudings – oop te skryf sonder dat die leser wil selfmoord pleeg. Sy skep woordskilderye met die mooiste Afrikaans en interessante, geloofbare karakters. En haar navorsing oor chinchilla-boerdery was deeglik – mens kan amper die diertjies voel en hoor! Hierdie boek is beslis een van die lekkerste leeservarings in Afrikaans in ‘n lang tyd! Ek sien uit na nog baie uit haar pen!

Ek geniet ook altyd ‘n goeie Marian Keyes, en het die afgelope naweek Rachel’s Holiday behoorlik verslind. (Ek het op ‘n wonderlike tweedehandse boekwinkel afgekom in Melville, waar ek twee omtrent splinternuwe boeke vir R90 gekoop het! Ek kan nie die plek se naam onthou nie, maar dis op regterkant soos wat mens Melville inkom van Campus Square se kant af. En dis van vloer tot plafon  vol van boeke oor elke denkbare onderwerp.)

Rachel’s Holiday het bietjie van ‘n senuwee aangeraak – ek was getroud met ‘n alkoholis, en Keyes (wat self ook ‘n gerehabiliteerde verslaafde is) se beskrywings was besonder raak. Maar al was dit baie informatief oor die binne-wêreld van die verslaafde, was dit ook skreeusnaaks, en ‘n onneersitbare lekkerte. Ek sou reken dit is een van haar twee beste boeke nog – my ander gunsteling is Sushi for Beginners, waarskynlik omdat dit in die tydskrifwêreld afspeel. (‘n Wêreld wat dikwels as baie meer glamorous gesien word as wat dit is, maar nou, ek sal nie uitpraat nie…) En ek het ook Keyes se persoonlike vertellings en koerantskryfwerk in Under the Duvet en Further Under the Duvet baie geniet.

Tussendeur lees ek ook Die Son kom aan die Seekant Op, deur Jeanette Ferreira. Dis ook van Human & Rousseau, en vertel die verhaal van Louis en Martha Tregardt (Ferreira se spelling) se epiese tog van die Kolonie tot by Delagoabaai. Ek was dol oor geskiedenis op skool, en geniet die boek daaroor en ook vir Jeanette se skryfwerk. Maar ek dink selfs mense wat nie juis geskiedenisfreaks is nie, sal die boek geniet. Dit vertel ‘n verhaal van tye en gebeure wat amper ongelooflik klink, en herinner my opnuut aan hoe swaar ons voorouers gekry het vir ‘n plek in die Suid-Afrikaanse son.

Van Suid-Afrika gepraat: ek hoop Jacob Zuma se verkiesingspraatjies word waar. As hy werklik ernstig is oor ‘n beter Suid-Afrika, hoop ek hy takel heel eerste armoedeverligting en werkskepping. Dit breek my hart as ek die honger, moedelose mense by die verkeersligte sien – iets waaraan ons Johannesburgers so gewoond geraak het dat ons dit amper nie meer raaksien nie. As mens dag na dag teen 10uur in die oggend verby rye mense ry wat nog steeds hoopvol sit en wag om deur iemand opgelaai te word as ‘n stukwerker vir die dag, wil jy in trane uitbars.

‘n Baie verdienstelike liefdadigheidsorganisasie wat jy maar mag ondersteun
Dalk was ek hierdie Kersfees besonder sensitief vir hartseer omdat dit my eerste as amptelik geskeide enkelma was. Hoe dit ookal sy, ek het hierdie feestyd diep onder die indruk gekom van hoeveel eensaamheid, hartseer en armoede daar in ons wereld is. Oukersdag het een van my gunsteling charities, die Ebenaezer-tehuis vir weggooimense van allerhande ouderdomme, laat weet daar is weer ‘n pasgebore babatjie by hul voorhek neergesit. Ek haal my hoed af vir Shirley Merime en haar man, pastoor Thomas, wat eenvoudig altyd plek maak vir nog iemand wat deur sy of haar familie weggegooi is.

Van die mense in hulle sorg is bejaardes wat letterlik langs die snelweg afgelaai is deur familie wat hulle nie wil he nie. Van die babas is in asblikke gevind, ander is voor hulle hek gelos. Van die bejaardes is by hospitale afgelaai en nooit gehaal nie, of deur die polisie in ‘n stuk veld of op Johannesburg-stasie aangetref en na Ebenaezer geneem. Daar is gestremdes, bejaardes, tieners, kinders en babas – omtrent altyd minstens 120 mense. En Shirley en Thomas sorg al byna 15 jaar op eie inisiatief en sonder staatshulp vir hierdie mense, en boonop vir baie mense uit die omliggende Kliptown-plakkerskamp. Hulle het onder meer ‘n bakkery begin wat goedkoop brood verskaf, en groentetuine begin vir eie gebruik en vir ‘n sopkombuis vir armes uit die plakkergemeenskap. 

Wat hierdie instansie besonders maak, is dat hulle nie heeltyd bakhand staan nie, maar self werk en voortdurend uitreik na nog meer mense. As jy self wil gaan kyk, hulle is net anderkant die Grassmere Tolplaza buite Johannesburg.  Hulle verwelkom enige donasies en hulp: kos, klere, huisraad, boumateriaal, geld. Want die behoefte raak net altyd groter. Ek het al die afgelope 5 jaar verskeie kere oor hulle geskryf (onder meer in Joy! en Leef, en ook gereel dat Beeld ‘n groot artikel oor die nood daar doen. Toe ek betrokke was by Spits op KykNet het ek die vervaardiger oorreed om ‘n insetsel oor hulle te doen,) en ELKE keer verstom Shirley-hulle se compassion en naasteliefde my opnuut.

Enige iemand wat kan help, kan vir Shirley bel by 082 956 7459.

My plattelandse droom
Ek het  die vakansie ook ingehaal op ‘n paar flieks wat ek deur die jare misgeloop het. Een DVD het my weer herinner aan my droom van ‘n huisie in die platteland. Soos die heldin in Under A Tuscan Sun wil ek nog eendag ‘n huis iewers in die platteland hê waarin ek weer eenvoudiger kan lewe. Sonder die daaglikse gejaag na dinge, sonder spitsverkeer en sperdatums en ‘n lewe agter duiwelsvurkheinings. Ek weet daar is so ‘n lewe, en ek begeer dit met my hele stadsvoos siel!

My pêl Schalk Schoombie het so huisie op Rosendal waar hy en sy gesin juis nou weer uitspan. Toe ek daar was met my kleintjies, kon hulle na hartelus in die stofstrate speel en saans tot laat buite kerjakker. Ons het onder die groot ou boom in die agterplaas piekniek gehou, teen sononder deur die stil strape gaan stap, die brak het die rondloperhoenders gejaag en my batterye was behoorlik gelaai toe ek weer Johannesburg moes aandurf.

Dus, as ek nou MOET nuwejaarsvoornemens neerpen, sal dit wees om hard te werk aan my droom van ‘n rustiger lewe iewers, eendag. En om te begin deur hierdie jaar rustiger te probeer lewe, selfs al is ek nog steeds in die betonoerwoud.

Die voet en die lyf
Die geskeurde ligamente het goed herstel, maar ek het nog steeds elke dag ‘n mate van pyn iewers in my voet. Was weer terug vir ‘n tweede sonar, en die slim artse het konsensus bereik dat ek nou maar net moet rustig wees en Moeder Natuur moet kans gee om self die herstelwerk te doen. Daar is niks meer wat hulle vir my kan doen nie – ek moet steeds die lugstut dra, en rondhop in ‘n gym is uit tot minstens einde Januarie.

Wat natuurlik ‘n effense terugslag is vir my Rooi Rose make-over planne. Ek moet ook bieg dat ek nie 200% getrou by my eetplan gebly het deur die feestyd nie, maar deur die genade (en beslis ook danksy Antagolin) het ek nie gewig opgetel nie. Die feit dat ek ook by Mike’s Kitchen in Alberton kon inval vir ‘n bord gesonde kos eerder as om net te peusel aan ongesonde goed – ek word mos altyd in Desember oorval deur ‘n luiheid vir die kombuis – het beslis ook baie gehelp.

Die Rooi Rose waarin ons sneppies verskyn, is oor twee weke op die rakke, en in Februarie word die volgende stel foto’s geneem.  Dus MOET ek teen dan nog ‘n paar kilogramme ligter wees, en my insulienvlakke met ‘n paar syfers laat daal het.

Tot dusver het ek ‘n paar dinge geleer:
1) Restaurantporsies is BAIE groter as wat goed of nodig is vir jou lyf. Obviously is dit om vir jou goeie waarde vir geld te gee, want as jy ingedoen voel, gaan jy nooit weer daar gaan eet nie. Maar moet steeds nie verplig voel om alles op jou bord op te eet nie. Vra ‘n braksak, en eet die res vir ‘n ander ete by die huis!

2) Vervang stysel met groente of slaai sover jy kan. Nie net wanneer jy uiteet nie, maar ook as jy by die huis kosmaak. Dus, minder pasta, brood en pizza, drie goed wat ongemerk omtrent stapelvoedsel geword het in baie huishoudings in die tye waarin ons leef. Rys of ‘n gebakte aartappel is beslis gesonder keuses as chips.

3) Eet meer proteïen, want dan het jy minder cravings na soetgoed of stysel, en bly jy langer versadig. Ons is vir lank gebombardeer met verskillende kosgiere waarin proteïen op die agtergrond geskuif is, en dit is ‘n totaal verkeerde kosbenadering. Die geheim is BALANS! En proteïen vorm ‘n onweglaatbare deel van ‘n gebalanseerde dieet.

4) Hou die smake eenvoudiger! Hoe meer smake jy kombineer in ‘n gereg, hoe meer wil jy eet. (Ek het daaroor geskryf in ‘n vorige post, en die vakansie bietjie meer daaroor gelees.) Kruie, sout, peper en knoffel is verkiesliker bo souse en kunsmatige geurmiddels, ook omdat ons gans te veel preservatives en kunsmatige geur- en kleurmiddels gebruik. (Meer oor eenvoudiger smake se invloed op jou brein in ‘n volgende post.)

5) Drink BAIE water. Ek was my lewe deur nog baie lief vir water, en slaap vandat ek omtrent 5 jaar oud is al met ‘n glas water langs my bed wat gewoonlik die volgende oggend leeg is. Maar ek het opnuut besef dat ons gans te dikwels dors met honger verwar. Boonop is genoeg water goed vir die vel en hare en algemene gesondheid, en selfs vir jou brein. As jy lam en tam raak deur ‘n dol dag, is die kans goed dat jy besig is om te ontwater. Gryp dan eerder na ‘n glas water as na ‘n koppie koffie!

6) Te veel koffie en tee is regtig nie goed vir jou nie. Speen jouself geleidelik – ek het nooit besonder baie koffie gedrink nie (behalwe toe ek jare terug in ‘n San Francisco Coffee Roastery gewerk het) maar voel dadelik aan my lyf as ek te veel koffie of tee deur ‘n dag gedrink het. En loop ook maar lig vir gaskoeldrank. So twee koppies tee en een koppie koffie per dag en maksimum een glas gaskoeldrank en ‘n glas vrugtesap is voldoende vir ‘n dag. Les jou dors verder met water – ek belowe jou jy sal die verskil voel. En dit maak ‘n merkbare verskil aan jou kilojoule inname! 

Nou ja, nou MOET ek werk, op hierdie eerste dag van Januarie. My getroue huishoudelike bestuurder en crisis controller, Martha Moroke, is nog op haar welverdiende Kersvakansie, wat beteken dat ek moet wasgoed was en huis skoonmaak… EN my eerste sperdatums van volgende Maandag betyds moet haal. So much vir ‘n rustiger lewe!