Pics van die nuwe babas!

Januarie 26, 2008 in Sonder kategorie

 
Ons is hier en ma is hier… Onthou julle daai rympie?

Sou jy hierdie twee gevreetjies in die troeteldierwinkels agter tralies kon los?? Wel, dan is jy seker maar ‘n beter mens as ek. Ek kon nie…

Nou is Lily, ook bekend as Lileth, en Katryn/Fifi, of in sekere kringe bekend as Madam Fief, al vier dae lank deel van ons gesin. Lily is die Siameserige-enetjie (met potblou ogies), en Fifi/Katryn (my 6-jarige Luc kan nie lekker besluit op ‘n naam nie) is die grysetjie wat lyk of sy ‘n wit borslap dra.

Die tier (naamloos) is Luc se konstante slaapmaat vir die afgelope twee jaar. En ek dink die katte het gedink dis ‘n surrogaatma…

1 antwoord op Pics van die nuwe babas!

  1. amydem2 het gesê op Januarie 26, 2008

    o my jitte tog….. geezz ek is mal oor kietertjies… ek dink hulle is die volkome troeteldiere, want hulle is liefdevol en snaaks… geniet elke oomblik!!!

    Ja, ken Dahla baie goed.. sy is aqbsoluut beautiful en stunning. Michele is my hart se punt! 🙂 Baie goeie vriendin van my!
    Bly jy het rosendal so geniet. regtig absoluut ‘n juweel!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.